kategorieë: KalenderOntspanning

Bonus-produksies en tuiste vir Aardklop

Verkope vir vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom van 3-8 Oktober 2017 vorder fluks. Feesorganiseerders het pas aangekondig dat ’n ekstra tuiste geskep is wat vyf ekstra top-produksies na die fees toe gaan bring wat feesgangers nog ’n groter verskeidenheid van produksies sal bied. Daar is besluit om die ou Potchefstroomse Stadsaal op die hoek van Walter Sisulu- en Govan Mbekistrate as bykomende ligging te gebruik. Feesgangers wat al jare lank Aardklop bywoon, sal baie goeie herinneringe van dié stadsaal hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bykomende produksies waarna feesgangers kan uitsien, is:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Fiela se Kind
  • My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou
  • As Drome Vlerke Kry
  • Ontbloot
  • My Pa

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, sê dis vir Lefra werklik ’n voorreg om hierdie top-produksies Aardklop toe te bring. “Ons produksies speel reeds die afelope 18 jaar voor vol teaters by Aardklop. Juis daarom is dit vanjaar so lekker om terug te wees by Aardklop met ’n eie plek. Aangesien Lefra reeds oor die jare sy eie toerusting bymekaar gemaak het, is dit vir ons net ’n voorreg om van die ou stadsaal ’n teater te maak. Ons glo ook dat produksies soos Fiela se Kind, My Man Se Skelmpie se Skelmpie se Vrou en ons ander produksies baie waarde sal toevoeg tot Aardklop. Fiela se Kind en Skelmpie verkoop regoor die land uit en dit is werklik trefferproduksies. Juis daarom is ons baie opgewonde en dankbaar dat ons hierdie produksies Aardklop toe kan bring.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die program vir die Lefra Stadsaal @ Aardklop is as volg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Fiela se Kind

  • Dinsdag, 3 Oktober 2017 (19:00-21:30)
  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (20:00-22:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (10:00-12:30)
  • Vrydag, 6 Oktober 2017 (13:00-15:30)

My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou

  • Vrydag, 6 Oktober 2017 (20:30-23:00)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (09:00-11:30)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (13:00-15:30)
  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (17:00-19:30)

As Drome Vlerke Kry

  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (14:00-15:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (20:00-21:30)

Ontbloot

  • Saterdag, 7 Oktober 2017 (21:00-22:30)

My Pa

  • Woensdag, 4 Oktober 2017 (09:00-10:30)
  • Donderdag, 5 Oktober 2017 (15:00-16:30)

Hierdie produksies kan nie op die gedrukte program gelys word nie, maar kaartjies sal wel op die Computicket-platform te koop wees. Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by diewebwerf. Meer inligting is beskikbaar by Lefra Produksies by (011) 815 3000, e-pos aan admin@lefra.com of besoek lefra.com. Groepe van meer as 10 kry lekker afslag. Skakel Monica by (011) 815 3000.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.