kategorieë: Lees

Kitaarspelers en kantgoedjies

Kitaarspelers en kantgoedjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die geboorteplek van rock ’n roll het ek een aand ’n universele waarheid geleer. Dit was in Memphis, Tennessee, byna sewe jaar gelede. Ek en my Amerikaanse chaperone en haar vriendinne het in ’n blues-klub na ’n vuurwarm orkes geluister. Veral die kitaarspeler was baie goed, maar hy was nie juis ’n oil painting nie. Tog kon die vroue aan my tafel nie help om skaamteloos oor hom te kwyl nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ja, sê my chaperone toe ek haar oor dié ding met vroue en kitaarspelers uitvra, sy en haar vriendinne het besluit dat ’n man wat op ’n verhoog staan en kitaar speel, dieselfde effek op ’n vrou het as wat ’n vrou in onderklere op ’n man het. Jy kan nie jou oë van hom/haar afhou nie, seg sy, en jy kan nie ophou dink aan dinge om met hom/haar te doen nie. O, sê ek, en bloos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ja, die ou fyngoedjies darem. Van die bloomer tot die deurtrekker, die sirkustent tot die boekmerk, fassineer en bekoor vroue se onderklere mans al eeue lank. (Terloops, “deurtrekker” en “stertriem” is vir my aaklige woorde, en waar kom die benaming “G-string” vandaan?) Reeds op die vroegste prikkelfoto’s pryk pruilende modelle in pofferige kantskeppings, destyds erg gewaagd, hoewel hulle veel meer bedek het as wat Maria Sharapova in ’n hedendaagse tenniswedstryd uitstal.

Trouens, deesdae is dit mos mode om die mikrobroekie bo die jeans te laat uitsteek, en die bra mag maar onder die toppie deurskyn. Maar betowerend en opwindend soos wat die broekie en die bra is, is daar ’n gebied wat my (en die meeste ander mans, vermoed ek) erg ongemaklik laat voel: die afdeling vir vroueonderklere in ’n klerewinkel. Die gladste Casanova onder ons verander in ’n blosende, stamelende stommerik tussen die rye en rye kant- en katoennommertjies. Jou nonchalante fasade ten spyt, kan jy nie help om soos ’n afloerder te voel nie. Dis asof elke winkelassistent se oë in jou nek brand terwyl jy al hoe harder na ’n uitkomplek soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste en enigste keer wat ek gaan probeer het om lacy Valentynsgeskenkies aan te skaf, was so traumaties dat ek dit nooit weer sal doen nie. My ongemak was byna tasbaar toe ek daar staan en maak asof die verwarrende style en ontwerpe vir my alledaagse ware is. Dit was redelik maklik om maar by die Bridget Jones-makrobroeke en die stoutgoed met die suggestiewe boodskappies voorop verby te hou. Ek het byna lighoofdig begin voel tussen die G-strings, maar ek het deurgedruk en ’n swarte en ’n rooie en ’n witte in my swetende handpalm opgefrommel.

By die borsdrag word ek toe met volslae verwarring geslaan. Ek wou weghardloop toe ’n aanvallige verkoopsdame agter my vra of sy kan help. Glo my, as jy nie ’n bra-grootte ken nie, help dit nie om met jou hande te beduie nie. En jy kan ook nie sê “omtrent soos joune” nie; ’n oorveeg mag jou voorland wees. Jy kan ook nie met iets wat te klein is by die huis aankom nie, en met die teenoorgestelde nog minder. Dit moet net reg wees, anders is dit ’n belediging wat tot in lengte van dae gemelk (‘skuus) sal word as nog een van jou vele foute. Die verkoopsdame was gelukkig skynbaar vertroud met hierdie situasie, en nadat ek en sy vergelykende kennersterme soos “Pamela Anderson” en “sjampanjeglase” oor en weer uitgeruil het, is ek met drie bypassende bostukke na die toonbank, teen hierdie tyd bloed-bloedrooi in die gesig.

Toe ek uiteindelik tuiskom met die buit, word ek (gemoedelik) daarvan beskuldig dat ek die ou goedjies tog maar eintlik meer vir myself as vir haar gekoop het. Wat waar was – sy het stormagtig sexy gelyk in (en uit) al die moontlike kombinasies, en die bra’s het perfek gepas.

Ek wonder of dit vir haar ewe traumaties sou wees om vir my ’n kitaar te gaan koop?

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.