Kits-frikkadelle in in geroosterde rissie en tamatiesous
Serves: Genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 1 hoeveelheid basiese tamatiesous (klik hier vir die resep)
- • 4 groot rooi soetrissies, geskroei en skille afgetrek
- • 2 rooi brandrissies, pitte en wit vliesies uitgekrap
- Kitsfrikkadelle
- • 10 ml (2 t) olyfolie
- • 500 g (1 pak) geurige boerewors
- • 250 g buffelmelk-mozzarella, in stukke geskeur
- • ’n hand vol basiliekruidblaartjies
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C
2 Rooster die soetrissies tot sag en gaar. Haal uit en laat afkoel.
3 Trek die harde skilletjies van die soetrissies af en verpulp met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker.
4 Maak die tamatiesous soos langsaan beskryf en voeg die soetrissies by.
5 Laat vir 10 min. oor lae hitte prut. Hou eenkant. Skep in ’n oondvaste pan.
6 Knyp klein bolletjies uit die wors. Braai in die verhitte olie tot goudbruin.
7 Skep die kitssfrikkadelle by die tamatiesous en pak die kaas tussen die frikkadelle.
8 Bak vir 10 min. tot die kaas begin smelt.
9 Haal uit, strooi die basiliekruid oor en sit warm saam met pasta voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Sjoko-Franse roosterbrood
11/09/2024
Die beste burger-souse
10/09/2024