kategorieë: KosLaekoolhidraat

Klam pampoenbrood

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 500 g pampoenblokke
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 5 groot eiers
  • 15 ml xylitol
  • 150 g botter, gesmelt en afgekoel
  • 250 ml (1 k) dubbeldikjogurt
  • 125 ml (½ k) amandelmeel
  • 125 ml (½ k) klappermeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Metode:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Voer ’n 18 cm x 8,5 cm-pannetjie met bakpapier uit.
  2. Sit die pampoenblokke op ’n bakplaat en geur met sout en peper.
  3. Rooster vir 30-35 min. tot sag en droog.
  4. Verpulp met ’n stokmenger. Hou eenkant.
  5. Klits die eier en xylitol tot lig en donsig.
  6. Voeg die botter, jogurt en pampoenpuree by en meng goed.
  7. Meng die amandel- en klappermeel en bakpoeier. Gooi die eiermengsel by en meng goed.
  8. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 40-45 min.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Variasies

Geroosterde tamaties met basiliekruidpesto

• Laat die pampoen weg.
• Rooster 1 k kersietamaties tot sag en gaar en roer saam met 30 ml pesto by die basiese beslag in.

Murgpampoentjie-en-fetakaas

1 Laat die pampoen weg. Gooi 1 k grof gerasperde murg-pampoentjies en ’n ¼ k gekrummelde fetakaas by die basiese beslag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.