Koning Charles III is met kanker gediagnoseer

’n Verklaring wat Maandag deur Buckingham-paleis vrygestel is, bevestig dat Koning Charles III met kanker gediagnoseer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Koning, wat onlangs die hospitaal besoek het om ‘n prosedure vir ‘n goedaardige prostaatvergroting te ondergaan, is met ‘n vorm van kanker gediagnoseer nadat ‘n “afsonderlike kwessie van kommer” opgemerk is tydens sy verblyf in die hospitaal. Hy het reeds met behandeling begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die verklaring wat deur Buckingham-paleis vrygestel is, lui soos volg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Tydens die Koning se onlangse hospitaalprosedure vir goedaardige prostaatvergroting, is ‘n aparte kwessie van kommer opgemerk. Daaropvolgende diagnostiese toetse het ’n vorm van kanker geïdentifiseer.”

Dit gaan voort:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Sy Majesteit het vandag ‘n skedule van gereelde behandelings begin, waartydens hy deur dokters aangeraai is om openbare pligte uit te stel. Sy Majesteit sal gedurende hierdie tydperk voortgaan om staatsake en amptelike papierwerk soos gewoonlik te onderneem.”

Volgens ‘n artikel wat deur die BBC gepubliseer is oor sy onlangse diagnose, dui Britse syfers daarop dat die kans om kanker te kry met ouderdom toeneem, met meer as 36% van nuwe kankergevalle wat by individue van 75 en ouer gediagnoseer word.

Lees ook: Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.