kategorieë: VelsorgSkoonheid

Kontoer kunsies

Wat is kontoering?

Met kontoering skep jy die illusie van ’n ovaal gesig, wat as die ideale gesigvorm beskou word. Met ligte kleure beklemtoon jy die dele wat met die ideaal ooreenstem en met donker kleure maak jy die res minder opsigtelik sodat dit lyk of jou gesig die perfekte ovaalvorm het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die regte gebruik van donker en ligte skakerings kan ’n ronde gesig minder rond laat lyk, ’n lang gesig korter en ’n hoekige gesig ronder. Jy kan selfs jou neus korter of effens smaller laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 10 beste wenke

1 Voor jy begin: Maak seker jou vel lyk mooi eweredig deur eers ’n BB-room of onderlaag aan te wend,” sê Will Malherbe, Smashbox Pro-grimeerkunstenaar en opleidingsbestuurder.

2 Wanneer jy jou wangbene kontoer, begin eerder by jou haarlyn waar jy dit baie goed kan inskakeer en wend dit dan inwaarts aan na jou wangbene toe. As jy dit van jou wangbene na jou haarlyn aanwend, kan dit streperig lyk, sê Will.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Steek ’n dubbelken só weg: “Wend verbronsingspoeier onder jou kakebeen aan en skakeer tot by jou nek in,” is die raad van Andrew James, Lancôme Suid-Afrika se nasionale grimeerkunstenaar en opleier.

4 As jy nie tyd het nie, wend verbronsingspoeier op jou kaak aan – dit maak al klaar ’n reuse verskil en laat jou dadelik maerder lyk!

5 Hou die full monty vir spesiale geleenthede of saans, want in helder daglig kan dit aangeplak lyk. Besluit wat jou grootste probleem is en fokus vir elke dag se grimering daarop – soos ’n gesig wat te vol is, of ’n knopneus.

6 Om jou neus smaller te laat lyk: Wend ’n smal, donker strepie weerskante van jou neus aan tot by die begin van jou wenkbroue, sê Andrew James.

7 As jy ’n lang neus het: Wend ’n donkerder kleur aan die onderkant van jou neus aan (die deel tussen en by jou neusgate).

8 “As jou baie diep is of die vel effens oor jou oë begin hang, wend jou donkerder oogskadu net bo jou wenkbroubeen aan, pleks van in die vou van die oog,” sê Sylvie Hufford, grimeerkunstenaar by L’Oréal Suid-Afrika.

9 “Onthou, donker laat verdwyn en lig trek aandag. As jy jou wangbene wil laat uitstaan, kontoer met ’n donker poeier onder jou wangbene en beklemtoon die appel van jou wang met ’n ligter, weerkaatsende blos of poeier,” sê Sylvie.

10 “As jy met onderlaag skakeer, begin eers met die ligste kleur, dan die donkerste kleur en gebruik laastens jou regte kleur om alles te laat saamsmelt. Wend poeier bo-oor aan om dit te laat hou,” beveel Linda O’Connel aan.

1 ROND

Doen dit so

Kontoering werk onder jou kakebeen, teen jou haarlyn in ’n reguit lyn van die bokant van jou oor, onder jou wangbene langs tot by jou ken. Beklemtoon veral die middelste deel van jou gesig sodat dit meer ovaalvormig lyk, asook jou voorkop, die middel van jou neus en ken en die c-vorm om jou oë.

Resultaat


2 HOEKIG

Doen dit so

Kontoering op die hoekigste/breedste dele van jou gesig, veral langs jou voorkop, kakebeen en wangbene, laat jou gesig ronder lyk. Grimeerkunstenaar Cheryl Parker het ook twee donker strepe op die model se neus getrek om die neus smaller te laat lyk. Beklemtoon bokant jou wenkbroue en op jou wangbene, neus en ken.

Resultaat

3 LANK

Doen dit so

Kontoering fokus op jou voorkop en ken. As die dele “verdwyn”, lyk jou gesig dadelik korter. Grimeerkunstenaar Cheryl Parker het met kontoering langs en op die onderpunt van ons model se neus haar neus korter laat lyk. Beklemtoon die c-vorm rondom jou oë en die middel van jou neus.

Resultaat

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.