kategorieë: LeesOntspanning

Koop die lekkerste boeke met jou geskenkbewys

’n Geskenkbewys skep die absoluut heerlike probleem van wat om daarmee te koop. Ek het al hierdie boeke geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bright Line Eating, vir my sus wat haar figuur dophou

Ja, dit is ’n dieetboek. Maar dit is nie net nóg een van dosyne boeke nie. Eerstens is die skrywer, Susan Peirce Thompson, self ’n navorser in gedragsielkunde, met ’n PhD daarin. Boonop is sy ’n suiker- en meelverslaafde. Sy weet waarvan sy praat op persoonlike en professionele vlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy verras mens regdeur die boek met feite wat jy nog nie oor en oor gehoor het nie. Soos dat wilskrag ’n mite is. Elke diëter weet dit, terwyl elkeen wat diëte smous jou verseker die probleem is jou gebrek aan wilskrag. Sy sê egter dat, net so min as wat jy kan ophou asemhaal, kan jy ophou eet en ophou lus raak vir soetgoed. Jou brein is jou baas. Daarom eet jy soos jou brein besluit. Volgens die  boek is daar nie ’n aks van ’n fraksie wilskrag betrokke by ’n suksesvolle dieet nie.

So, as jy nie wilskrag het nie, hoe sê jy nee vir sjokolade, kaaskoek en tuisgebakte brood? Die antwoord lê daarin om jou brein te verstaan. As jy weet hoe insulien en dopamien met jou eetpatrone verband hou, kan jy jou brein so voer dat hy homself op ’n dieet plaas. Insiggewend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sky Guide Africa South 2018, vir my verliefde broerskind

Hoekom kyk mense na die sterre wanneer hulle verlief is? Ek het nog nooit ’n verklaring daarvoor gehoor wat met die sterre te doen het nie …

Dit maak hierdie boekie egter ’n baie oulike geskenk vir die jong manne. In plaas van floutjies sy nuwe meisie nooi om na die sterre te gaan kyk, kan hy nou indrukwekkende kennis openbaar en haar nooi om die opkoms van Januarie se Blou Maan van Leeukop te gaan kyk. Of wat van ’n aandjie buite in die veld om te kyk na die beste sterrereëns van vanjaar in April, Junie, November en Desember? Nog ’n hoogtepunt is die drie keer wat die maan vanjaar supergroot gaan wees, naamlik op 2 Januarie, 2 Maart en 22 Desember.

Met Sky Guide Africa South 2018 gee jy vir iemand baie meer as net ’n boek. Jy gee hom geleenthede.

Speeches that Shaped South Africa From Malan to Malema, vir my man

My man is gek na geskiedenis en veral moderne geskiedenis. Hy het klaar Jacques Pauw se The President’s Keepers gelees. Wat nou? Ek kan Speeches that Shaped South Africa aanbeveel as geskenk vir almal wat Suid-Afrika probeer verstaan. Ek het self die boek gelees en verslind.

Die toesprake vou die hele drama van Suid-Afrika op ’n onverwagse, vars manier  oop. Jy verstaan wat Malan probeer sê het, maar ook hoe dit die ANC laat voel het. Jy hoor die een kant en sien die dilemmas wat dit by die ander kant wek. En jy skep moed, want ten spyte van alles bly daar regdeur die boek ’n goue, hoopvolle draad loop van reg en geregtigheid, en van eerbaarheid en gemeenskaplike trots. Dit eindig met Barbara Hogan se toespraak op Ahmed Kathrada se begrafnisdiens, wat mens toe al laat glo het dat ’n nuwe era moontlik is.

Martha Evans se keuses uit die sekerlik honderde beskikbare toesprake is weldeurdag. Speeches that Shaped South Africa gee mens op ’n besonderse manier insig in ons moderne geskiedenis.

Tribe of Mentors, vir die jong entrepreneur in die familie

Die boek was toe die voltreffer wat ek gehoop het dit sal wees. Die jong man wat reeds ’n stewige besigheid op sy naam het, het dadelik begin blaai en voorlees, en verklaar dat hy nog baie uit hierdie boek gaan kry.

Tribe of Mentors sluit rolmodelle in waarmee jonk en oud kan identifiseer, soos Ariana Huffington, Ray Dalio en Dustin Moskovitz asook sportsterre en akteurs soos Maria Sharapova en Ben Stiller.

Die bydraers gee hul beste advies as antwoorde op oënskynlik eenvoudige vrae soos:

  • Watter boeke gee jy graag as geskenke, en hoekom? OF watter boek het jou die meeste beïnvloed?
  • Watter kopie vir minder as $100 die afgelope ses maande het die meeste waarde tot jou lewe gevoeg?
  • Hoe het ’n mislukking jou onverwags op die pad na sukses geplaas?
  • As jy ’n reusagtige advertensiebord op enige plek kan oprig, waar sal jy dit plaas en wat sal jou boodskap wees?
  • Wat is jou beste belegging tot nou toe? (dit kan in terme van geld, kennis, tyd, mense of enige iets anders wees)
  • Van watter lawwigheid of vreemde gewoonte hou jy?
  • Watter nuwe gewoonte, oortuiging of manier van optrede wat jy die afgelope vyf jaar aangeleer het, het jou die meeste gebaat?
  • Watter stukkie advies sal jy gee vir iemand wat vandag begin werk?
  • Watter swak raad hoor jy kenners in jou veld aan mense gee?
  • Waarvoor sê jy nee?
  • As jy begin dobber, rigting verloor of ongemotiveerd is, hoe kry jy jouself aan die gang en terug op koers?

Soos jy kan sien, sorg die vrae vir interessante gesprekke. Die skrywer, Tomothy Ferriss, verduidelik dat die vrae baie versigtig gekies is, en glo dit verklaar hoekom die boek sinvolle advies gee sonder om te preek of te verveel.

Tribe of Mentors se antwoorde is insiggewend en deurleef. Jou kind maar mag maar hierdie mentors hoor praat.

Frogs of Southern Africa, vir my  boer-swaer

Mens sou kon dink dat paddas so te sê uitgeserf het, maar hierdie boek van 514 bladsye lys rondom 200 verskillende paddas – almal plaaslike paddas. My swaer gaan stap graag in die berge en het ’n rivier wat oor sy plaas loop. In die landboubedryf is die teenwoordigheid van paddas ’n teken dat die omgewing gesond is. Hy is dus ’n logiese bewaarder van paddas.

Die boek is ’n ongelooflik mooi verwsyingsbron, met volkleurfoto’s van bruin spitsneuspaddas met geel spikkels tot die doodgewone platanna. Van elke padda is daar ten minste twee en tot soveel as ses fotos, saam met illustrasies wat jou help om die paddas te identifiseer. Vergeet maar van die kamtige verskille tussen ‘frogs’ en ‘toads’. Frogs of Southern Africa speel klaar met hierdie mite en wys jou hoe om te onderskei tussen die dertien werklike paddaspesies.

Ons kan almal die paddabevolking help beskerm. Frogs of Southern Africa gee wenke oor hoe om ’n padda-vriendelike habitat in jou tuin te skep. Dit is ’n heerlike geskenk vir enige iemand wat in die paddaryke areas van ons land woon, soos ons Suid- en Ooskus en Natal.

Struik Nature het in 2017 ’n hele reeks uitmuntende Suid-Afrikaanse boeke oor die natuur vrygestel. Koop dit terwyl hierdie pragtige boeke nog in druk is. Elkeen is geskryf deur topkenners wat hul kennis toeganklik aanbied. Die boeke wys jou hoe om spesies te onderskei, en verskaf allerlei interessante feitebrokkies oor habitat, spore, vyande en gewoontes. Van elke voël, dier, padda en ander is daar drie, vier, vyf foto’s, plus illustrasies om hul voetspore, vlugpatrone en wat nog te illustreer. Die boeke is ’n kosbare bron vir natuurliefhebbers.

Die boeke sluit in:

  • Frogs of Southern Africa
  • The Tracker Manual
  • Seabirds of Southern Africa
  • Insektopedie

Kyk gerus hier vir ander natuurboeke van Struik Nature, uitgegee deur Penguin Random House.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.