kategorieë: WenkeSkoonheid

Koop reg en gee terug

Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

MAC Cosmetics

MAC Ladies Viva Glam (R240)

100% van MAC Viva Glam Lipsticks en Lip-gloss gaan aan die MAC Aids Fund. Hierdie fonds ondersteun organisasies wat met die gevolge van MIV/vigs werk. In Gautengs gaan fondse vir Mount Olive Orange Babies en in Kaapstad vir Yabonga. Beide hierdie nie-regeringsorganisasies ondersteun ma’s en babas wat met met HIV/vigs gediagnoseer is van mediese sorg, skuilings en die bou van weeshuise.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dermalogica

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir elke Dermalogica Daily Microfoliant (R1 020) of Dermalogica Precleanser (R630) wat verkoop word, word R10 aan FITE (Financial Independence Through Entrepreneurship) geskenk. FITE help vroulike entrepeneurs met toegang tot lenings, bied verdere opvoeding vir jong meisies (ses meisies het reeds in Suid-Africa grade behaal danksy FITE) en help vroue om ’n impak op hul gemeenskappe te maak deur vroulike entrepeneurs op beginvlak te ondersteun. In die VSA het meer as 40 000 vroue reeds lening gekry om hul besighede op die been te bring asook meer as 65 vroue in ander lande.

pHFormula

PH Formula Point Age Reverse (R1 394)

Een euro van elke pHformula Point (R1 180) gaan wêreldwyd aan elke land se MNS-assossiasie.

PhFormula se stigter en uitvoerende direkteur, Petru van Zyl, se pa is in November 2015 oorlede ná ’n stryd met motorneuronsiekte. Petru het gehelp om haar pa te versorg en dit het haar lewe verander. Sy het daarom die POINT-produkte aan haar pa gewei om bewusmaking en ondersteuning van die siekte te bied.

Kalahari SPA

’n Persentasie van elke Kalahari-produk gaan aan liefdadigheid. Stigter Carina Franck is passievol daaroor om terug te gee aan die mense van Afrika deur werkskepping en sosiale opheffing. Van werkskepping met Kalahari se Bead Project, tot opvoeding, ’n voedingskema en mediese uitreiking – die mense van die Kalahari lê haar na aan die hart, juis omdat sy daar grootgeword het. Kalahari-leerbandjie (R114) ondersteun Kalahari Spa se kos en opvoedingsprojekte.

Labello

Smile Lipbalm (R34,99)

In Junie 2017 het Labello ’n dubbel pak getiteld “Share you Beautiful Smile” ontwikkel. Verbruikers is aangemoedig om die pak van twee te koop en een daarvan vir ’n vriend te gee. R2 van elke pak wat verkoop is en ’n verdere R1 vir ’n foto wat op sosiale media gedeel is, is aan die Smile Foundation geskenk. Die NRO Smile Foundation werk saam met akademiese hospitale om operasies asook sielkundige en mediese ondersteuning aan kinders uit agtergeblewe gemeenskappe met gesig-abnormailiteite te bied. Danksy Labello se skenking van R250 000 het 13 kinders tot dusver operasies en sorg ontvang.

Lush

Lush se Charity Pot (R245) is reeds 10 jaar aan die gang en het al meer as 20 miljoen pond aan liefdadigheids- of “grass roots”-organisasies geskenk. Die volle bedrag van die produk word aan die verskeie organisasies geskenk, van organisasies wat diereregte beskerm tot menseregte en omgewingsbeskerming. Lush ondersteun dikwels kleiner organisasies met kwessies wat ooreenstem met hul waardes en het altesaam reeds tot R200 000 per jaar aan Suid-Afrikaanse organisasies geskenk. Kyk by Lush se webblad vir ’n lys van organisasies wat hulle ondersteun.

Oh-Lief

’n Persentasie van alle Oh-Lief-produkte word daaraan gewei om bome in Platbos te plant. Hul missie is om ’n woud ter nagedagtenis agter te laat en het reeds byna 500 bome geplant. As jy die Baby Box (R230) koop, kry jy ’n boom-sertifikaat wat die GPS-koördinate aandui van die bome wat geplant word.

B.O.N Natural Oils

B.O.N het ’n #hopeforevery1-veldtog waar R1 van elke 200 ml Liquid Gold Tissue Oil (R139,95) aan The Sunflower Fund geskenk word. The Sunflower Fund help met die befondsing en bewusmaking van stamselskenking wat nodig is vir oorplantings om mense met bloedsiektes soos leukemia se lewens te red.

B.O.N is verder organies, veganisties en word deur PETA en Beauty without Cruelty ondersteun.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.