iStock/wundervisuals
Kougom: krisis of kougeld? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/wundervisuals
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kougom met xylitol is goed vir jou tande, en daarom klop ons onsself op die skouer terwyl ons kou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Maar nou begin omgewingskenners sê ons stukkies ou kougom doen ontsettend skade. Ons praat en maak werk van koeldrankstrooitjies terwyl kougom nog erger is. Dit verdien net soveel aandag.
Lees ook: Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die probleem is dat daar niks in die natuur is wat die kougom kan afbreek nie. Jou liggaam verteer ook nie kougom nie – jy kou maar net tot die smaak daaruit is.
Die polimeer waarvan dit gemaak is, bly letterlik vir ewig in ons vullishope en omgewing. In die VSA word gereken dat daar reeds meer as een miljoen kubieke ton kougom per jaar gekou en weggegooi word. In Singapoer, die wêreld se skoonste stad, is kougom al jare lank verbode. Op plekke waar mense saamdrom en kuier, is dit die tweede grootste rommelkopseer naas sigaretstompies.
Lees ook: As tandsteen ’n probleem word …
iStock/LuFeeTheBear
Ons het ’n herwinningsplan nodig, glo die Brit, Anna Bullus. Sy het vasgestel dat kougom van dieselfde soort rubber as fietsbinnebande gemaak word. Dit is dus herwinbaar – mits jy dit kan inwin.
Haar blink oplossing is die plasing van skokpienk kougomblikkies oral waar daar ’n probleem is en op dié manier die kougom te herwin. Heathrow-lughawe het haar blikke drie maande lank op die proef gestel. Sy kon haar oes insamel én Heathrow het meer as R200 000 aan skoonmaakkoste gespaar.
Die Universiteit van Winchester en die Great Western Railway het met dieselfde herwinningsplan begin en die resultate was ewe suksesvol. Anna het reeds begin met projekte om van skoensole tot koffiebekers van die herwinde materiaal te maak.
Klink mos na ’n plan wat ’n skerp plaaslike entrepreneur sommer nog in die nuwe maand op groot skaal sal kan aanpak …
iStock/Alexthq
Lees ook:
Ons wys jou hoe om tuis te herwin
Dink voor jy weggooi: Hier is slim herwinningswenke
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.