kategorieë: Ons menseBekendes

Mzansi-jeugkoor maak geskiedenis op America’s Got Talent

Die Mzansi-jeugkoor van Soweto in Gauteng, het omtrent opslae gemaak gedurende April tydens die 18de seisoen van America’s Got Talent in Los Angeles, Pasadena, Kalifornië.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle het hul eie verwerking van It’s OK van Jane Marczewski, oftewel Nightbirde, gesing. Sy het vir hierdie komposisie van haar ’n Golden Buzzer gedurende die 16de seisoen gekry, maar kon ongelukkig nie aan die volgende rondte deelneem nie as gevolg van haar verswakte gesondheid na intensiewe kankerbehandeling. Sy is op 19 Februarie 2022 oorlede. Die Mzansi-jeugkoor het besluit om haar nalatenskap voort te sit, omdat haar boodskap van hoop en geluk so ’n indruk op almal by die koor gelaat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit word toe ook ’n wonderlike verjaarsdaggeskenk, want die koor vier terselfdertyd sy 20ste bestaansjaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie America’s Got Talent-optrede is seker die mees besonderse mylpaal in die koor se bestaan. Van die eerste optrede in die ou Alberton-stadsaal op 23 November 2003, waartydens hulle in hul eie klere opgetree het, vier die Mzansi-jeugkoor nou hulle 20ste verjaarsdag in Julie 2023 met ’n fantastiese gehoor en ’n wêreldwye kykerstal van meer as 10 miljoen mense, gedurende die 18de seisoen van America’s Got Talent in Los Angeles, Pasadena, Kalifornië, Amerika. In Simon Cowell se woorde: “You defined what this show is absolutely all about”.

Die koor se musiekdirekteur, Sidumo Nyamezele, verduidelik: “Gedurende elke seisoen van America’s Got Talent, het elke beoordelaar een ‘Golden Buzzer’ om na goeddunke te gebruik. Slegs een ‘Golden Buzzer’ laat ’n deelnemer outomaties deurbeweeg na die volgende rondte.

Vir elke nuwe seisoen is daar ook een ‘Group Golden Buzzer’. Dit word slegs gebruik wanneer al vier die beoordelaars, plus die gasheer wat in die sygang staan, eenstemmig is dat ’n optrede sensasioneel was. Dan plaas al vyf hul hande tegelyk op die ‘Buzzer’.

Vir die 18de seisoen in 2023, is daar vir die eerste keer ’n bykomende ‘Gehoor Golden Buzzer’ vir hierdie ‘Group Buzzer’ ingestel en word die ‘Group Golden Buzzer’ in die toekoms deur ses persone tegelykertyd gedruk. Omdat dit die eerste seisoen is waar die gehoor se ‘Golden Buzzer’ bygevoeg is, het Mzansi-jeugkoor geskiedenis gemaak deur die eerste ontvangers daarvan te wees. Indien in ag geneem word dat daar vir hierdie seisoen van ‘America’s Got Talent’ ’n totaal van 75 000 inskrywings was, maak dit hierdie mylpaal nog meer betekenisvol en is hul name verseker in die AGT-geskiedenisboeke opgeteken!”

Die koor se artistieke direkteur en choreograaf, Alfred Phakathi, voeg by: “Hierdie was ’n onbeskryflike ervaring vir die koorlede, wat baie hard werk en uiteindelik daardie druk ook met soveel grasie hanteer het. Dit was ’n onmeetbare ervaring vir elkeen van hulle en ook vir hulle trotse families tuis.”

Foto: Jacques du Plessis

Die It’s OK / Mzansi-jeugkoor-storie

Waarom het die koor besluit om It’s OK, die oorspronklike komposisie deur Nightbirde te sing? America’s Got Talent (AGT) is baie gewild in Soweto, en gevolglik was al die koorlede bewus van Nightbirde se aangrypende AGT-storie in 2021. Dit het ’n merkbare indruk op hulle gelaat, want hulle kon met haar deursettingsvermoë om bo haar uitdagings uit te styg en steeds gelukkig te wees, assosieer. Die koorlede het ook begin om haar woorde as slagspreuk te gebruik wanneer hulle of die koor deur moeilike tye gegaan het, deur net te sê “It’s OK”… en die hele gemoedstemming in die koor het onmiddellik positief verander.

Nadat die koor se musiekdirekteur die besluit geneem het om It’s OK te verwerk, in te oefen en op te neem, het dit ’n gewilde lied by optredes geword, asook onder die koorlede self. Die bekende Mauritz Lotz wat ons klankbane versorg, het ook die orkestrasie vir hierdie verwerking behartig.

Slegs vier maande voor Nightbirde oorlede is, het die koor het hul Mzansi-weergawe van die lied, asook die video-opname, vrygestel en Nightbirde op sosiale media gemerk. Sy het feitlik onmiddellik gereageer. Op 11 Oktober 2021 skryf sy die volgende op haar Facebook: “Thank you so much Mzansi Youth Choir in South Africa for the beautiful tribute. I was holding back tears as I listened. How moving and what an honour!”.

Toe Mzansi-jeugkoor aan die 18de seisoen van AGT deelneem, was dit nie moeilik om ’n lied vir die oudisie te kies nie. Om It’s OK op dieselfde verhoog in Amerika te sing waar Nightbirde vir die eerste, en die laaste keer, opgetree het, was ’n emosionele oomblik. Wat ’n ongelooflike geleentheid en voorreg om haar onvergeetlike nalatenskap verder te kan uitdra en te leef volgens dit wat sy met soveel oortuiging gesê en geglo het: You can’t wait until life isn’t hard anymore, before you decide to be happy”.

“Ons is nederig dankbaar vir die geleentheid om by AGT te kon optree, en dra die ‘Group Golden Buzzer’ wat ons ontvang het aan Jane Marczewski en haar besondere nalatenskap op.”

Lees ook: Nuwe aanbieder vir Ontbytsake

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

14 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

19 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.