kategorieë: Leef gesondGesondheid

Beplan ‘n lieflike, selfs romantiese, kraam

Pragtige geboortstories oor kraam is haar passie, vertel suster Heather Wood, ervare vroedvrou van die Kaap wat al honderde ma’s deur kraam gehelp het. As daar een ding is waaraan sy glo, is dit dat ons die tradisie van mooi geboortestories moet laat herleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Hollywood laat ons dink dit moet ’n krisis van gille en komplikasies wees. Maar verreweg die meeste geboortes kan ’n rustige, mooi belewenis wees. Dit kán ’n ervaring wees waarvan jy jou kind lateraan kan vertel wat haar spesiaal sal laat voel, eerder as skuldig omdat sy jou soveel pyn verskaf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die wonderhormoon van die liggaam is oksitosien. Dit speel ’n groot rol in romanse én in die hele kraamproses. Wanneer jy verlief is, en tydens ’n orgasme, skiet jou oksitosienvlak die hoogte in. So ook tydens kraam, waar dit jou binding met jou baba, wondheling en borsvoeding stimuleer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Net soos romantiese sagte beligting, melodieuse musiek en rustigheid romanse bevorder, bevorder dit die kraamproses. Hoekom dan nie als vir die kraamproses doen soos wat jy sal doen wanneer jy verlief is nie?”

Hier is haar wenke om jou kraamtydperk mooi, spesiaal én romanties te maak. Dit begin by jou aanvanklike ingesteldheid, loop deur jou swangerskap en eindig met jou benadering op die dag van kraam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vroeg in jou swangerskap

1 Neem jou voor om jou kraam spesiaal te maak

Met elke geboorte word daar nie net ’n baba gebore nie, maar ook ’n ma en pa. Dit ís opwindend en verdien erkenning as ’n baie spesiale geleentheid.

2 Kies vooraf jou ondersteuners en stories

Omring jouself met mense wat jou verseker dat jy ’n goeie ma sal wees. Gesels met vriendinne oor hul bevallings. Vra uit hoe hulle dit positief gemaak het, en wat vir hulle gewerk het. Luister en leer veral by dié wat positief is. Vind ook uit oor die detail. Dit help jou om te verstaan wat is normaal en abnormaal.

3 Beplan ’n lieflike ruimte vir kraam

Tydens kraam voel jy geweldig ontbloot en ontneem van alle privaatheid. Soos in die natuur, is dit natuurlik om jouself te wil afsonder. As jy tuis kraam is privaatheid ’n gegewe, en jy kan self sorg vir sagte lig, gemaklike sitplek, strelende musiek en selfs blomme. Die nuwe neiging is superluukse kraamsuites wat soos ’n vyfster hotelkamer lyk, met kandelare, ontwerpermeubels, persiese tapyte en so aan.

Gelukkig is luuksheid nie ’n voorvereiste vir ’n onthoubare kraam nie. Al vereiste is dat jy veilig, gemaklik en privaat voel. As jy in ’n hospitaalkamer kraam, kyk wat jy kan byvoeg. Dalk sagte lig en strelende musiek. Gesels met jou dokter en die kraamsaalbestuur vooraf, en hoor wat vir hulle ook sal pas.

In die maande voor jy kraam

4 Kry jou lyf kraam-fiks

Vir jou groot dag moet jy sterk, fiks en soepel wees. Voed dus jou liggaam. Eet eerder twee keer so verstandig, eerder as om vir twee te eet. Vir fiksheid kan jy kan met die meeste soorte oefening aangaan tot op vyf/ses maande. Of stap elke dag twintig minute teen ’n matig-vinnige pas. Vir soepelheid, veral as jou eerste bevalling na dertig is, is joga uitstekend.

5 Lig jouself goed in

Vind alles uit wat jy kan, sodat jy weet wat om te verwag. Daar is talle boeke, webwerwe en voorgeboorteklasse wat op kraamsake fokus. Kies verstandige, sinvolle bronne. Die sensasionele soorte materiaal is net wat dit is: sinlose sensasie wat jou nie beter toerus nie maar eerder angstig maak.

6 Wat is jou opsies vir kraam?

Vind uit wat is alles vir jou beskikbaar. Tuisgeboorte? Kraamsaalgeboorte? Waterbad vir ontspanning vooraf? Watergeboorte? Keisersnit? Epiduraal? Hipnose? Gesels met jou ginekoloog en ook met ’n vroedvrou. Ons is nie almal eenders nie, en dus is alles nie vir almal geskik nie. Gestel jy droom van ’n tuisgeboorte. Dit kan werk mits jy en jou baba fiks en gesond is, met ’n hospitaal binne twintig minute van jou af as iets verkeerd loop.

7 Watter soort kraam wil jy regtig hê?

Mens weet nie altyd vooraf nie, maar elimineer ten minste die opsies waarvan jy die minste hou. Dit sal jou ook help om aanpasbaar te wees.

8 Herbedink kraampyn

Dit is ’n feit dat jy pyn ervaar hoe jy daaroor dink. As jy dink kraam is pynlik, gaan jy selfs ligte ongemak as pyn ervaar. Gelukkig verskil kraampyn van werklike pyn. Gewone pyn beteken jou liggaam kry skade met tekens daarvan, soos ’n brandwond. Geboorte laat nie ’n wond agter nie. Dit gaan oor die vrymaak van ’n baba. Jy en die baba is agterna heel, hoewel gekneus. Jy ervaar eerder drukking, as pyn.

Op die kraam-dag

9 Voel mooi

Troetel en versorg jouself vooraf sodat jy mooi en gemaklik voel. Jy kan selfs tussendeur stort, mits jou kraampyne ver genoeg uit mekaar is en jou dokter of vroedvrou saamstem.

10 Glo in jou liggaam

Herbevestig aan jouself dat jou liggaam sterk en volmaak toegerus is vir kraam. Vertrou die wonder van die proses en laat Moeder Natuur oorneem.

11 Fokus op die drukvrye tyd

Geboortepyne is soos golwe wat kom en gaan, met minder golftyd en meer tussenposes. Selfs in die heeldrukste fase duur die pyngolf slegs vir ’n minuut, teenoor die twee minute rusposes tussenin. Aan die begin het jy selfs twintig minute tussenin.

12 Verwonder jou aan jou liggaam se krag

Ontspan. Kyk hoe jou liggaam oorneem en ‘weet’ wat om te doen.

13 Visualiseer die drukking

Dit beteken nie jy is onrealisties oor die inspanning wat van jou liggaam verwag word nie. Jy is nugter daaroor en weet dat baie van wat jy ervaar so erg is as wat jy verwag dit gaan wees. Met ander woorde dit is so seer as wat jy dink dit gaan wees. Maak jouself rustiger deur te visualiseer wat aan die gebeur is. Sien die plek waar jy die drukking ervaar as werklike druk van die baba se kop daarop. Jy ervaar dus die vordering van die kraamproses en voel daarom meer in beheer.

14 Wees aanpasbaar

Jy is hier omdat jy hierdie opsie vir kraam gekies het – miskien ’n epiduraal of ’n natuurlike geboorte. Maar onthou dat dinge nie altyd uitwerk soos mens beplan nie. Niemand kan voorspel wat die dag kan inhou nie. Daarom moet jy ook kan aanpas en kan oorskakel na Plan B, en selfs C of D.

Alles gaan oor wat die beste is vir jou baba en vir jou. As dinge teen die einde verander, val rustig in by jou tweede opsie sodat alles ten beste meewerk.

15 Behou simpatie vir jou man

Mans wil van nature dinge ‘reg maak’ en oplos. Hier is hy egter magteloos. En hy moet staan en toekyk hoe jy swaarkry, sonder jou inherente wete dat jou liggaam dit kan hanteer. Dit is juis hierdie drang om jou te beskerm wat veroorsaak dat party mans wil oorneem en ‘opstaan’ vir jou regte. Moenie dat hy inmeng nie. Hy is daar om jou te ondersteun, nie om besluite namens jou en die dokter te neem nie.

16 Adem die wonder van jou kind in

Onthou hoe jou baba lyk. Vou jou vinger in sy vuisies toe. Tel sy toontjies. Ruik aan sy haartjies. Streel oor sy lyfie. Versamel die klein besonderhede, sodat jy later met jou kind daardie allerkosbaarste oomblikke kan deel.

Lees ook

Velsorg en swangerskap

Kan ek wyn drink terwyl ek swanger is? Wat van wyn en borsvoeding

Bekommerd oor rekmerke? Vier wenke om rekmerke te keer

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.