kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Wat jou dogter van geld moet weet

In ons oumas se tyd was dit die mans wat oor geld gepraat het, nie vroue nie. ’n Vrou moes toesien dat haar Trousseaukis vol was en dat sy ’n huishouding kon behartig. Verder moes sy hoop vir die beste!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag se meisiekinders het baie meer toegang tot loopbaankeuses, hulpbronne en inligting. Jy doen jou dogter ’n groot guns as jy haar leer om krities oor haar toekoms te dink en die hulpmiddels en gewoontes te ontdek wat haar in staat sal stel om gesonde finansiële (en ander) besluite te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Help haar om ’n stewige grondslag te lê: hoe om ’n spaarkultuur te ontwikkel, die verskil te ken tussen spaar en belê, hoe om te begroot en haar geld te bestuur, en hoe belangrik entrepreneurskap is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ma’s moet hul dogters voorberei om finansieel en emosioneel onafhanklik te wees,” sê Nolene Parboo, hoof van Spaar en Beleggings by Standard Bank. “Om te verseker dat ons dogters op hul eie voete sal kan staan, begin lank voor hulle hul eerste salaristjek ontvang. Ouers het die grootste invloed op hul kinders se finansiële gewoontes, dus begin die grondwerk tuis en nie op skool of  in die kantoor nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Vrou se rol

Dis belangrik dat jou dogter van jongs af bewus is van stereotipering en vooroordele rakende ’n vrou se rol in ’n verhouding. “Leer jou dogter van kleins af dat sy die reg het op opleiding, loopbaangeleenthede en om in beheer van haar geldsake te wees – of sy nou getroud is of nie.”

’n Vrou wie se eie finansies en beleggings in orde is, sal makliker finansiële verantwoordelikheid van haar maat vereis. Sy sal haar potensiële lewensmaat waarskynlik ook met meer oorleg kies. Hoewel finansies nie die bepalende faktor in ’n verhouding is nie, is ’n maat met soortgelyke waardes, uitkyke en etiese standaarde essensieel vir langdurige geluk en stabiliteit.

“’n Kwessie wat aangespreek moet word, is loopbaan en moederskap,” sê mev. Parboo. “Selfs as ’n man sy vrou kan onderhou sodat sy tuis kan bly en kinders grootmaak, is dit vir haar ’n risiko om vyf of tien jaar lank uit die arbeidsmark te wees. Dit kan haar toekomstige werksvooruitsigte benadeel. ’n Jaar of twee tuis is fyn, maar sy moet haar werkvaardighede vars hou.”

Onvoorsiene gebeure

Egskeiding, aflegging, gestremdheid, siekte of ander onverwagse lewensgebeure kan daartoe lei dat ’n gesin se kontantvloei opdroog. “Die verwerwing, behoud en verryking van haar vaardighede en opleidingsvlak moet een van ’n vrou se grootste prioriteite wees.”

Baie vroue wat ophou werk het, raak uiteindelik vasgevang in ongesonde verhoudings omdat hulle geen manier het om hulself te onderhou nie.

Die volgende vrae is goeie rigtingwysers na finansiële onafhanklikheid:

• Wat as my man skielik ongeskik raak vir werk, of sou sterf? Weet ek waar om die testament, versekeringspolisse en beleggingsdokumente te kry?

• Het my man voldoende lewensversekering?

• Het hy ongeskiktheidsversekering, en wanneer tree dit in werking?

• Wat staan my te doen as hy geen lewensversekering het nie, of as hy skuld agterlaat?

• Weet ek of hy ’n aftreeplan het, en of dit op koers is?

• Hoeveel geld het ons nodig om af te tree?

Hierdie vrae kan jou dogter help om haar finansiële wêreld te navigeer en haar keuses te optimaliseer. Dalk help dit jou ook om ’n paar veranderinge te maak!

Lees ook: Jou Geldsake: wanneer is doen-dit-self goed genoeg, en wanneer roep jy die kenners in?

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.