kategorieë: Bekendes

Kristen Scott Thomas: Franse flair

Ek probeer om ná elke Engelse prent ’n Franse fliek te maak – om die tale af te wissel – en ek rantsoeneer my verhoogstukke tot een elke 18 maande,” sê Kristin Scott Thomas. Jy kom gou agter sy is hoogs ontwikkeld. Wyd belese. Indrukwekkend. En as jy nie weet wie dié begaafde Britse aktrise is nie, kyk The English Patient. Dié agterkleinniggie van die beroemde poolreisiger, sir Robert Scott, het al briljant in talle buitengewone prente gespeel. Maar The English Patient is die een waarin alles net perfek inmekaar gepas het: die draaiboek, die spel en die gewildheid by die loket het saamgewerk om van die fliek ’n meesleurende ervaring te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kristin is ’n aktrise wat gewoonlik die soort uitsonderlike projekte kies wat net in uitgesoekte, kleiner teaters draai en nie die grootste gros van die gemiddelde fliekgangers bereik nie. Haar fliek, I’ve Loved You So Long, is juis só ’n projek. Hier is briljante akteurs, goeie dialoog en gestroopte vertonings wat rolprentgangers tot in die donker dieptes van die karakters se harte laat kyk. Die fliek is Frans met Engelse onderskrifte, maar moenie dat dit jou afskrik nie. Dis rolprent maak op sy beste, selfs al gaan kyk jy net ter wille van die ontrafeling van die geheim wat sentraal in die verhaal staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kristin was ook te sien in Confessions of a Shopaholic, ’n ligte komedie waarin sy die redakteur van ’n glanstydskrif speel. Kristin is op 24 Mei 1960 in Cornwall, Engeland, gebore. Haar liefdesverhouding met Frankryk het begin toe sy as negentienjarige daar vakansie gehou het en sy het die land kort daarna haar tuiste gemaak. Sy het haar debuut gemaak in Under the Cherry Moon, ’n projek van die sanger Prince.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die jare negentig het ons haar in Four Weddings and a Funeral te siene gekry, een van die gewildste romantiese komedies tot nog toe, en natuurlik ook in The English Patient.

Sy het drie kinders, Hannah, Joseph en George by haar eksman, Francois Olivennes, ’n ginekoloog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So baie aktrises probeer om hulle in Amerika as aktrise te vestig. Hoekom verkies jy om liewer op die Franse gehoor te fokus?
Ek bly al die afgelope 28 jaar in Frankryk en het nog altyd daar gewerk. I’ve Loved You So Long en Tell No One was twee Franse prente wat toevallig aan ’n wyer gehoor uitgereik is en mense het vir die eerste keer bewus geword van my werk in Frans. Ek is mal daaroor om in Parys te bly en ek hou van Franse prente omdat ek ’n verskeidenheid, interessante karakterrolle aangebied word. Die Engelse karakters wat ek gewoonlik speel, is van hoë afkoms en so effens neusoptrekkerig. Dis baie lekker om ’n groter keuse van karakters te hê waarmee ek kan werk.

In watter taal droom jy?
Ça dépend le sujet. (Dit hang af waaroor die droom gaan.) Maak maar daarvan wat jy wil. (Lag).

Waarom is jy so mal oor Parys?
Ek is lief vir Parys omdat dit ’n kleinerige, pragtige stad is (lag). Daar is baie tekortkominge ook, maar ons Parysenaars hou so baie van kla dat ons dit doelbewus doen. Dis die geografiese middelpunt van Europa. Dalk nie regtig nie, maar jy kan binne ’n paar uur oral uitkom. Dis verskriklik lekker om daar te bly. Mis jy enigiets van Engeland? Die Engelse teater. I’ve Loved You So Long handel nie net oor die lewe ná gevangenskap nie, maar ook oor die persoonlike tronke waarin mense hulle bevind.

Voel jy ooit of jy in ’n boksie gedruk word?
Ek dink ons het almal ons private tronke, en daar is tye in almal se lewe waarin jy vasgevang, afgesonder en verlate voel. Dis hoekom hierdie prent mense so raak en so geslaag is – dit druk die knoppies waarvan almal bewus is: daardie gevoel van afgesny wees van die res van die wêreld; geïsoleer; verwerp. Almal het dit al beleef.

In baie van jou rolle word jou skoonheid nie beklemtoon nie. Hoekom?
Almal stel altyd hierin belang. Narsissisme is iets wat van aktrises verwag word, maar dis baie bevrydend om daarvan ontslae te raak en nie om te gee hoe jy lyk nie. Dis wonderlik om nie te moet probeer om sekere standaarde van skoonheid te handhaaf nie. Daar is iets baie mensliks daaraan. Niks word gedoen om my ooit slegter te laat lyk nie, dis maar net soos wat ek regtig lyk.

Jy en Ralph Fiennes het wonderlik saamgewerk in The English Patient. Sien jy hom nog?
Hy is een van die min ware vriende wat ek in die bedryf het, en hy het deur die jare ook een gebly.

Hoe kry jy dit reg om jou gesin en loopbaan te versoen?
Ma’s wat werk … Sjoe, dis malligheid! Dit voel asof jy jou hele volwasse lewe lank sukkel om balans tussen die twee rolle te bewerkstellig. En as jy moet reis, word dit boonop erger. Dis erg! Gelukkig het ek ’n wonderlike ondersteuningsnetwerk. Dit help baie. Soms moet jy ’n kompromis aangaan. Soms kan ek glad nie bereik word nie.  Ek wil nie weggaan nie, ek wil by die huis bly. Maar as ek reis, is dit ’n besluit wat deur die hele gesin geneem word. As julle as gesin besluit, sluit dit jou eksman ook in? Ek en my kinders besluit gewoonlik saam oor goed soos reis en werk.

Hoe voel jy daaroor om jou kinders by die huis te los?
Dit raak, snaaks genoeg, moeiliker namate hulle ouer word, want hulle begin kla en druk hul behoeftes baie duidelik uit. As jy ’n baba los, vreet die skuldgevoelens jou op en al wat jy eintlik wil doen, is om hom vas te hou. Maar as hulle die tienerfase bereik, wil hulle weet: “Hoekom vergiftig jy my lewe met die wegganery van jou?“ (lag). Gelukkig het hulle dit nog nooit vir my gevra nie, maar hulle draai nie doekies om dat hulle my mis, en my liewer by die huis wil hê nie. Dit word moeiliker.

Wat is jou definisie van die perfekte liefde?
Ek wens ek het geweet (lag)!

Wat doen jy om groen te leef?
Ek koop kos wat plaaslik vervaardig is, en ry waar moontlik met my fiets. Dis nog iets van Parys wat my bekoor, hulle het ’n wonderlike fietsstelsel.

Wat inspireer jou?
Musiek. Alle soorte.

Hoekom het jy die Hollywood-glanslewe vermy?
Die groot Hollywood-flieks wat na my kant toe gekom het, het te veel tyd en energie begin verg. Ek moes besluit of ek ’n Amerikaanse Hollywood-aktrise wou word wat my kinders in Amerika grootmaak, en of ek ’n Europeër wou bly en goeie rolle in prente speel wat ek ook graag sou wou sien. Ek wou ook nader wees aan die dinge waarvoor ek lief is: my lewe in Parys. Ek loop baie rond – ek het maar iets van ’n swerwer in my – maar my wortels is in Parys.

Wat is die grootste geskenk wat jy vir jou gekoop het?
Ek is nie baie oordadig nie, maar elke keer as ek ’n projek voltooi, koop ek vir my ’n geskenk. Dis altyd goud (lag). Ek het die armband en ringe wat ek aan het, gekoop. Ek is op die punt om nog ’n armband te koop. So, ek koop vir my juwele. Dis hartseer, maar die waarheid (lag)!

Waar kruip jy weg as jy ná ’n groot projek jou kop wil skoon kry?
Op die oomblik op vliegtuie. Ek is ook gelukkig omdat ek op die platteland kan gaan wegkruip as ek lus het. My huis daar het niks wat my aan my loopbaan of professionele lewe herinner nie. Al waaraan ek my daar steur, is die tulpe wat ek kweek. Dis hoe ek weer my kop skoon kry.

In watter lewensfase is jy nou?
Ek maak skoon en doen afstand van onnodige goed in my lewe. Ek het onlangs na ’n kleiner plek getrek en moes van twee derdes van my besittings ontslae raak. Ek was mal daaroor. Ek kom kort-kort op hope van my dogter se goed af, al bly sy nie meer by die huis nie. Maar dié fase bly nog ’n vreemde sielereis vir my.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.