Resep vir kruiebotterbroodjies deur Vickie de Beer. Foto deur Neil Corder
Genoeg vir ongeveer 18 botterbroodjies.
Bestanddele
- 1½ k (225 g) bruismeel
- 2,5 ml (½ t) sout
- 50 g (55 ml) koue botter, in blokkies gesny
- ’n hand vol vars kruie soos pietersielie en tiemie, ruweg gekap
- 15 ml (1 e) korrelmosterd
- 125 ml (½ k) melk
Metode
- Voorverhit die oond tot 220 ºC.
- Sif die bruismeel en sout saam. Sit dit saam met die botter in ’n voedselverwerker en verwerk tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die mosterd en kruie by en meng liggies. Moenie die mengsel oorwerk nie, dit sal die deeg taai maak.
- Voeg die melk by en meng liggies tot die deeg ’n bal vorm.
- Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en druk dit liggies plat – sowat 1½ cm dik.
- Druk die botterbroodjies met ’n koekiedrukker met ’n deursnee van 4 cm uit en sit dit op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
- Verf die botterbroodjies met melk en bak vir ±12-25 min. tot goudbruin.
Probeer hierdie sop-resepte:
