kategorieë: Ontspanning

Kry honde gedagtes?

Deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stel jou voor jy is diep in gesprek met jou hond. En dit gaan nie oor wie die gat tussen die roosbome gegrawe het nie – die onderwerp is harmonie in die huis. Jou hond wys jou juis op ’n paar punte rakende jou verhouding met jou wederhelf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Belaglik? Moenie glo nie. Nie in die wêreld van telepatiese kommunikasie met diere nie. ’n Ietwat ekstreme voorbeeld, ja, maar heeltemal haalbaar as jy gekonfyt is in die kuns …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is jy van nature skepties, sal jy dalk moeilik aan dié storie byt. Dis verstaanbaar. Dieretelepatie keer ’n string voorveronderstellings op hul kop. Aannames soos die oortuiging dat diere maar “net diere” is, wesens sonder insig en sonder siel, en dat telepatiese kommunikasie pure verbeelding is, moet voor ander oortuigings wyk. “Baie mense is aanvanklik onseker of hierdie soort kommunikasie kan werk,” sê Jenny Shone, medestigter van die Animal Healing Centre naby Walkerville in Gauteng waar sy onder meer kursusse in dieretelepatie en -genesing aanbied. “Dis dikwels eers wanneer mense raadop is oor ’n dier wat weggeraak het, siek bly of ‘onmoontlik’ is dat hulle by ons raad soek. As hulle die verrassende resultate sien, kom hulle baie keer self so ’n kursus loop.”

Almal het die potensiaal om “per gedagte” met diere te kan kommunikeer; dis ’n natuurlike proses, beklemtoon Jenny. “Jy ken waarskynlik iemand wat ‘weet’ wat in haar troeteldier se kop aangaan. Dalk is jy self so fyn op jou diere ingestel. Ek was van kleins af in voeling met wat diere wil hê of dink. Maar dis eers toe ek ’n boek van Amelia Kinkade gelees het dat ek dieretelepatie ’n naam kon gee. Ek het vier jaar gelede die kursus gaan loop wat sy op The Isle of Man in Brittanje aanbied, en sedertdien het die vraag na dié soort dienste hier so toegeneem dat dit nou omtrent al my tyd in beslag neem.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Diere kommunikeer op drie maniere: deur prentjies (wat jy kan “sien”), gevoelens (wat jy kan voel) en gedagtes (wat jy kan “hoor”). Meer ervare mense kry woordelikse boodskappe.

Baie mense is skrikkerig vir sesde sintuig-kommunikasie, en Jenny verseker hulle dat dit niks met geloofsoortuigings te make het nie. “Dis maar net soos ’n nuwe taal wat jy aanleer – een wat jy dalk as kind geken en toe ‘vergeet’ het.”

Sesde sintuigkommunikasie is deesdae ook minder van ’n raaisel as vroeër. Die kwantumfisika het bewys dat alles in die heelal uit energie bestaan en dat subatomiese deeltjies inligting bevat. Alles en almal is in verbinding met mekaar en inligting word vryeliker uitgeruil as wat voorheen besef is. Die geheim is om bewustelik toegang tot dié inligting te verkry.

“Om telepaties met diere te kan kommunikeer, is amper soos om ’n sekere nommer te skakel,” sê Jenny. “Maar eers moet jy innerlik stil word. Meditasie help jou om hierdie kalmte te bereik.”

Die groot voorwaarde vir doeltreffende kommunikasie is respek vir die dier met wie jy gaan kommunikeer. “Die doel is nie om ’n manier te kry om die dier sover te kry om jou opdragte uit te voer nie. Dis om op gelyke voet te kan praat. Voor elke gesprek vra ons eers of die dier lus voel vir gesels, en is die antwoord nee, probeer ons later weer. Diere verskil nes mense – party is inkenniger as ander.”

In haar kursusse leer Jenny en haar kollega, Sandy Carter, mense eers om oor eenvoudige kwessies te kommunikeer. Wat is die dier se gunstelingkos, lekkerste aktiwiteit of grootste vrees? “Jy moet die dier kan toelaat om sy eie gevoelens te hê,” sê Jenny. “Ek het ons miniatuurperde al gevra wie hul gunstelingmens is, en dis nie ek nie! Dis Thomas wat hulle versorg.”

Sodra jy sulke sakies onder die knie het, kan jy dieper begin delf. Min mense besef diere voel aan wat verhoudingsgewys in gesinne aangaan, selfs al word hulle nie in die huis toegelaat nie. “Dis verstommend waarmee die diere wat na my gebring word, vorendag kan kom. Hulle sal byvoorbeeld vertel ’n gesinslid is depressief. Baie diere neem emosionele spanning op hulle en weerspieël die brandende kwessies in die huis. Fisieke toestande by diere kan ook so ’n spieël wees. Daar is talle gevalle van diere wat ’n kwaal opdoen waarmee een van die huismense later presenteer. As ek sê maar ’n lewerkwaal by ’n dier raaksien en so gelei word, waarsku ek die huismense om hul oë vir die simptome daarvan oop te hou.”

Al klink dit miskien vergesog, het sy dit al soveel keer beleef dat dit haar nie meer verras nie, sê Jenny. “Ek aanvaar dat enige dier wat met gesondheids- of sogenaamde gedragsprobleme na my toe kom, dalk gesins-kwessies weerspieël. Ek behandel mediese probleme energiegewys, maar ek vra ook die dier na die onderliggende oorsaak uit. Dikwels verbeter die toestand dramaties sodra hulle die saak van hul hart af kan kry.”

So is ’n Labrador wat ses maande lank aan chroniese diarree gely het, na Jenny gebring. Niks wou daarvoor help nie. “Die hond het my laat verstaan dat sy eienares se man weens uitermatige werkstres ’n kettingroker geword het. Dit het die man se spysverteringstelsel aangetas. Die hond het dié toestand weerspieël.”

Die eienares het die feite bevestig. Oornag het die hond se diarree opgehou. “Dis al meer as ’n jaar terug, en dit het nie weer opgevlam nie. Die hond moes net die boodskap oordra.”

’n Dier met wie jy ’n sterk band het en gemaklik kan kommunikeer, kan jou ook help om belangrike lewensbesluite te neem, sê Jenny. “Diere is baie wys. Ek loop soms huisdiere raak wat kontak met hul innerlike wysheid verloor het weens emosionele en fisieke mishandeling. Deur geduldig na hulle te luister, kan jy hulle help om dit te herontdek. Wilde diere het ’n diep, onaangetaste spiritualiteit. Ek is betrokke by die Lion Heart Project en kommunikeer gereeld met die diere by die Lanseria-leeupark. Een leeu, Big Boy, het onlangs aangevoel dat ek oorspanne was omdat van my praktiese werkreëlings skeefgeloop het. Hy het my op die betekenisvolheid van my werk gewys en gesê dis nie die moeite werd om my oor kleinighede te ontstel nie. Hy het my gehelp om my innerlike fokus terug te kry.”

’n Tegniek wat in die gevorderde werkwinkel aangeleer word, is om diere wat weggeraak het, op te spoor. “Ek, Sandy en vier ander vroue lewer gereeld hierdie diens. Mense e-pos vir ons ’n foto van die dier en dan gebruik ons die Gestaltmetode om uit te vind of die dier nog leef, beseer is en rustig of angstig voel. Ons stel ook vas wat hulle kan hoor, ruik, voel en sien.”

Soms kry die vroue op dié manier selfs ’n straatadres, maar meer dikwels raai hulle die eienaar aan om na die dier te gaan soek op ’n plek waar daar byvoorbeeld lang gras of ’n verwaarloosde tuinhuisie is. “Eienaars weet gewoonlik in watter omgewing die dier weggeraak het, en dan is dit maar ’n deur-tot-deursoekery.”

Soms loop diere doelbewus weg, sê Jenny. “Een kliënt se kat het my laat verstaan die emosionele spanning tussen sy eienares en haar man het vir hom te veel geword. Hy het by die bure gaan intrek. Gelukkig kon sy eienares dit aanvaar.”

’n Eeue oue kuns

Dalk dui die groeiende belangstelling in die verskillende vorme en gebruike van dieretelepatie daarop dat ons besig is om ’n “verlore” kernaspek van menswees te herontdek. Dierekommunikasie is geen nuwerwetse verskynsel nie. “Die San was meesters van die kuns. Wanneer hulle gejag het, het hulle die bok geword; hulle het geweet wat die bok dink en voel,” sê Christiaan Botha,

Chris deel hierdie mistieke aanvoeling en liefde vir die natuur. Nes Jenny was hy van kleins af telepaties op troeteldiere ingestel. Maar sedert hy die bocArus-produkte gebruik wat deur sy lewensmaat, Issabella, geskep word en jou help om jou energie-vibrasie te verhoog, het hy bewustelik met die “blaarmense, vierbeenmense en vlerkmense” begin kommunikeer.

“Op ’n dag het ek met die miere begin praat en agtergekom dat ek reaksie kry. Hulle het in ’n dik stroom in ons huis ingeloop, wat uiteraard nie ideaal was nie. Ek het geselskontak met hul deva – ’n tipe engel – gemaak; jy kan direk met die koningin of die miere ook praat, maar ek vind dit baie makliker om met die deva te praat.”

Chris het verduidelik dat hy in liefde en respek met die miere wil saamleef, en hoekom dit moeilik is as die miere binne-in die huis is. Die deva het gesê die miere weet dit nie. “Ek het gesê dat hulle enige plek buite die huis mag wees, en onderneem om niks te doen wat hulle daar sal steur nie, insluitend om nie gif in die tuin te gebruik nie.”

Toe die deva instem, het Chris gevra hoeveel tyd hulle nodig het om die stroom om te keer. Die antwoord was ’n driekwartier. “Binne 45 minute was hulle weg. Dit het my verras dat hulle tyd ken soos ons dit meet.”

’n Jaar later was daar weer ’n stroom miere wat in die badkamer in beweeg het. “Ek het met die deva kontak gemaak en dié het gesê dis ’n ander groep miere as die voriges. Dit was ’n droë tyd, en die verkenners het water gaan soek. Hulle het dit in die badkamer gekry en die groep is oudergewoonte agter die verkenners aan.”

Chris het gevra waar die miernes is en onderneem om die agtertuin naby die nes nat te spuit. Binne ’n halfuur was die miere skoonveld.

“’n Belangrike voorwaarde vir doeltreffende onderhandeling met diere is om op gelyke voet te kommunikeer. Jy sal absoluut niks bereik as jy net eise stel nie. Respek, en veral liefde, is die sleutel.

Daarom stuur ek pienk lig – wat liefde simboliseer – terwyl ek met hulle praat. Hulle voel dit onmiddellik.”

Aan die ander kant moet jy ook ferm wees, sê Chris. “’n Muskiet het my onlangs uit die slaap gehou ná ons ooreengekom het dat die muskiete die kamer sou verlaat. Ek het hom presies vyf minute gegee om hom uit die voete te maak, anders maak ek hom dood. Hy wou nie luister nie, en toe sterf hy. Maar ons het nie gou weer muskiete gehad nie.”

As jy ’n plant het waarmee dit nie goed gaan nie, kan jy die deva vra wat die plant nodig het, sê Chris. Jy kan ook onderhandel wanneer insekte byvoorbeeld jou rose verniel. “Dalk kan julle ooreenkom dat hulle ’n sekere roosboom kry. Die natuurlike balans moet tog behou word.” Hierdie soort kommunikasie kan ook met vrug ingespan word om ’n tuin uit te lê.

Boodskappe van diere kom in woorde na Chris. Hy moes ook maar leer om die boodskappe te vertrou en nie te dink dis net sy verbeelding nie. “Wanneer ek sukkel om kontak te maak of onseker voel, vra ek een van my engelgidse, Kuthumi, ook bekend as St. Franciskus, om toe te sien dat die kommunikasie suiwer is.”

Chris toets homself af en toe deur aan diere wat ver bly, eenvoudige vrae te vra en die antwoorde met hul eienaars uit te klaar. “Soms sê hulle hul gunstelingkos is iets wat hulle dolgraag wil proe, maar nog nooit geëet het nie. Pure manipulasie! Ek vermoed diere, veral troeteldiere, het ’n goeie kwota menslike sondes by ons geleer.”

Ons is nie net mens deur mense nie, maar ook deur diere, glo Chris. Dieretelepatie kan dié band op verrassende wyse versterk. Of jy gereed is vir die avontuur, hang net van jou af – of van die bydrae wat jou hond dalk tot jou huweliksgeluk kan maak …

Meer inligting oor die bocArus-produkte wat jou bewussynsvlak en intuïtiewe vermoëns help verhoog by 021 851 5791, www.bocarus.com of info@bocArus.com

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.