kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Kry jou huis reg vir die winter

Kry jou huis reg vir die winter Deur: Elandrè Swart. Hooffoto: kali9/istockimages

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Reën is altyd welkom, veral in die Kaap. Maar ons huise is soms nie gereed vir die veranderinge in weerpatrone nie – wat groot skade kan veroorsaak. Instandhouding is dus noodsaaklik om jou huis te beskerm teen die koue en reënweer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geute

Verwyder blare en takkies uit die geute en afvoerpype om te keer dat dit verstop raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dak en geiser

Maak seker jou dak is reëndig en dat jy betyds enige moontlike lekplekke herstel. As jy te lank gewag het en die reën het jou onkant gevang kan jy lekplekke tydelik regmaak met ’n silikoonseëlaar.

Tot 40% van jou huis se hitte ontsnap deur die dak. Isoleer jou plafon sowel as jou geiser en geiserpype om krag te spaar.

Vensters en deure

Maak seker jou deure en vensters kan dig sluit. Vul alle barste rondom vensters en deure om te keer dat die water nie binne die huis kan kom nie.

Swembad

Indien jy nog nie het nie, maak jou swembad toe met ’n bedekking om te keer dat die herfsblare in die filter verstop

Tuin

Maak seker dat die stormwaterdrein in jou tuin vry is van blare en ander obstruksies.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

Kaggels

Maak jou kaggel se skoorsteen skoon om blokkasies te vermy en om swak ventilasie te voorkom.

Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis

Lees ook: 5 maniere om kamers groter te laat lyk

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

15 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

23 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

24 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.