kategorieë: Ons menseBekendes

Geliefde akteur James Alexander sterf op 45

Dit is met groot hartseer dat die familie van James Alexander sy afsterwe op 28 April 2023 kan bevestig. James is in Januarie 2019 met kop- en nekkanker gediagnoseer en het talle operasies en behandelings ondergaan. Hy het dapper en met integriteit geveg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

James is op 8 Januarie 1978 in Boksburg gebore en die seun van Skotse immigrant-ouers. Hy het in Pretoria grootgeword en sy vrou, Anel, in 2000 ontmoet terwyl hy in ‘n amateurmusiekspel by die Staatsteater gespeel het. James en Anel het hul produksiemaatskappy, Scramble Productions vernoem na die heel eerste toneelstuk wat hulle saam geskryf en opgevoer het.

Terwyl hulle in Johannesburg gewoon en gewerk het, was hulle leiers in die onafhanklike filmbedryf in Suid-Afrika; met rolprente soos ‘Discreet‘, lokettreffer ‘Semi-Soet‘ en die internasionaal bekroonde ‘Sink’.  James het geglo in die krag van storievertelling en het onvermoeid gewerk om sy vaardighede as akteur en stemkunstenaar te slyp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tydens sy produktiewe loopbaan en die laaste vyf jaar wat hy in Los Angeles gewoon en gewerk het, het hy die skerm met Keanu Reeves, Benedict Cumberbatch, Claire Danes, Daniel Radcliffe en dies meer gedeel, terwyl hy plaaslik onthou sal word vir sommige van die hoogtepunte van sy werk op Binnelanders, The Wild en Trackers. As stemkunstenaar het James verskeie Cannes Lion-toekennings gewen en sy karakters in films en verhoogproduksies soos Bash en Doubt lewendig gemaak.

James sal onthou word omdat hy vriendskap ‘n fyn kuns gemaak het, vir sy skreeusnaakse sin vir humor en aansteeklike lag, vir sy toewyding aan sy familie en sy onfeilbare geloof. Almal wat die plesier gehad het om James te ken en onmeetbaar deur hom geraak is, sal met Anel saamstem: ‘James was ‘n unicorn… enig in sy soort, die heel beste mens wat ek nog ooit geken het.’ James het altyd sy werk ernstig opgeneem, selfs al het hy homself nie altyd ernstig opgeneem nie. Hy het ‘n passievolle lid van SAGA (South African Guild of Actors) by die ontstaan daarvan geword en het hom beywer vir akteursregte en regverdige behandeling vir die beroep.

In plaas van blomme het James en Anel gevra dat enige skenkings aan SAGA gaan, stuur asseblief ‘n e-pos aan secretary@saguildofactors.co.za vir besonderhede. Die gesin bedank graag die Sungardens Hospice in Pretoria waar al die personeel, vrywillige dokters en verpleegsters James deur die laaste weke met onfeilbare vriendelikheid ondersteun het. Donasies ter nagedagtenis aan James welkom. James word oorleef deur sy vrou Anel, ouers Elsie en Jim en suster Claire. Hy sal baie gemis word.

Die familie vra vir privaatheid in hierdie tyd.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

6 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

11 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.