Kry meer lewenslus

Foto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adelheid* se wenke

Tydens drie weke se verblyf in ’n psigiatriese hospitaal met byna daaglikse Wellbeing Therapy deur Cizelle Louw, het Adelheid die volgende geleer:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skryf elke dag in jou dagboek hoe jy die dag ervaar het, en teken jou positiewe oomblikke aan. Dis ongelooflik watter verskil klein dingetjies aan jou gemoedstoestand kan maak.

Ek het baie Bybelstudie gedoen en sekere verse oor en oor herhaal – dit maak my rustiger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek skryf elke dag drie dinge neer waarvoor ek dankbaar is, sonder om hulle binne ’n week te herhaal.

Ek het geleer om outomatiese negatiewe gedagtes (automatic negative thoughts of ANTS) te identifiseer. As ek baie gespanne is voor ’n toets, weet ek nou dis maar net selftwyfel – een van my ANTS.

Cizelle het my ’n diep asemhalingstegniek geleer wat baie help om my veral onder moeilike omstandighede te laat ontspan.

Sy het ook ’n ontspannende visualiseringsoefening geskep waarna ek op my MP3 kan luister.

Ek hou van verf en Cizelle het my aangemoedig om my positiewe simbool, ’n vlinder, vir my slaapkamer te skilder.

Maak jou gesinslede bewus van die tekens wat daarop dui dat jy besig is om in depressie te verval, soos dat jy stil word, net televisie kyk of baie rekenaarwerk doen. Dan moet hulle vra wat fout is, en jy moet hulle vertel!

Hou weekliks ’n gesinsaand waar kommunikasie deur ’n sleutel gereguleer word. Een persoon kry die sleutel en solank hy of sy praat, mag die ander hom of haar nie onderbreek nie, selfs al sê hy iets soos: “Jy was regtig lelik vandag toe jy a of b gedoen het.” Probleme word so geïdentifiseer en die gesin brainstorm oor moontlike oplossings. Elke idee word neergeskryf, en daar word op ’n oplossing ooreengekom.

Wanneer ’n knelkwessie tussen hierdie gesinsaande na vore kom, kan dit neergeskryf en in ’n boksie gegooi word. Met die gesinsaand word die boodskappe voorgelees en een of meer kwessies word uitgeklaar.

Onthou dat hierdie ingrepe die magsbalans in die gesin verskuif. Dit kan vir almal aanvanklik moeilik wees – hou net aan en stel jou grense.

Ontwerp ’n task board vir huishoudelike takies. Maak ’n lys van al die take en gee vir elke gesinslid ’n ander kleur magneet. Die magnete dui aan wie die take moet doen. As iemand die dag nie sy take kan verrig nie, neem iemand anders dit oor en dan ruil hulle later weer uit. Dit voorkom dat een persoon voel hy of sy doen alles.

Sodra jy die skakelaar in jou brein van negatief na positief kan laat oorslaan, lê die lewe oop!

*Skuilnaam

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.