kategorieë: Sukses en geld

Kry meer uit jou brandstoftenk

Kry meer uit jou tenk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die brandstofprys styg alweer! Hier is die slimste wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verander jou bestuurstyl en spaar

BP het toetse gedoen wat 30% se besparing getoon het deur bloot bestuurders se bestuurstyl te verander. Dit kan jou baie geld spaar, asook uitlaatgasse met 30% verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

JY KAN spaar met hierdie 11 wenke!

1 Bly kalm op die paaie

Plak ’n glimlag op jou gesig. Aggressie op die pad kom jou by die vulstasie duur te staan. Harde versnelling en rem kan jou verbruik met 40% opstoot. Versnel stadig en geleidelik.

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

2 Ry stadiger

Jaagduiwels mors brandstof. Bestuur teen ’n konstante snelheid en gebruik jou togsnelheidsbeheer vir langer ritte en die snelweg. Deur jou snelheid van 110 km/h na 90 km/h te verminder, kan jy volgens Shell 20% aan brandstof bespaar. Onthou net, dit help nie jy ry stadiger as 90 km/h op die snelweg nie, want dan gebruik jy weer meer brandstof!

3 Maak seker jou banddruk is korrek

Meet jou banddruk elke maand. Kyk in jou handleiding vir die vervaardiger se riglyne vir jou voertuig en pomp as die bande koud is – dis akkurater. Bande wat te pap of te styf is, beïnvloed die manier waarop jou bande klou en reageer wanneer jy rem. As jou bande effens pap is, kan dit jou verbruik met 6% opstoot.

4 Bestuur in die regte rat

Kies die regte rat. Jy mors brandstof as jy in ’n te lae of te hoë rat is. Luister na jou enjin en maak seker dat dit nie onder spanning klink nie.

5 Stadig op die lugverkoeling!

Wees spaarsamig met jou lugverkoeling. Gebruik dit net as jy dit werklik nodig het. Teen snelhede onder 72 km/h is dit doeltreffender om die vensters oop te hou. Teen hoër snelhede is die effek van die lugweerstand op oop vensters en sondakke groter as die krag wat jy op jou lugverkoeling spaar.

6 Kry ’n reflekterende sonskerm vir jou voorruit

Koop ’n goedkoop reflekterende sonskerm vir jou voorste venster. Studies toon dit kan die temperatuur in jou voertuig tot 20% verminder. Omdat die paneelbord die meeste temperatuur absorbeer is dit die plek wat langer warm bly en jou voertuig se temperatuur agterna hoog hou, al het jy die vensters oopgemaak. Gevolglik moet jy vir ’n lang tydperk jou lugverkoeling op hoog hou om die temperatuur te verminder.

7 Moenie te swaar pak nie!

Hou jou voertuig lig. Gaan laai daardie pakke tydskrifte en koerante in jou kattebak by die herwinningsdepot af. Verwyder onnodige fietsrakke en dakrakke as jy dit nie gebruik nie en pak die stootwa net in as jy dit nodig het.

8 Laat jou kar gereeld versien

Hou jou voertuig in goeie orde en laat dit versien soos in jou handleiding aangedui.

9 Sit dit af!

Moenie onnodig luier nie. Skakel jou voertuig af as jy doodstil in die verkeer staan of vir iemand wag. As jou voertuig ’n stop/start-modus het, aktiveer dit.

10 Beplan jou ritte

Beplan jou ritte en moenie vir elke ding in die motor spring nie. Ritte korter as 5 km gee nie die enjin kans om behoorlik warm te word nie en die werkverrigting is minder doeltreffend.

11 Hou by die volgafstand

Hou jou volgafstand. Dit gee jou genoeg reaksietyd om geleidelik te rem.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Waar of onwaar?

• As jy soggens vroeg brandstof ingooi, is die brandstof koeler (en digter) en dus kan jy meer brandstof vir minder geld kry. Onwaar – Die brandstof word in ondergrondse tenks gestoor wat geïsoleer is en verseker dat die temperatuur konstant bly.

• As jou motor in neutraal staan en luier of teen ’n afdraand afloop, gaan jy minder brandstof gebruik. Onwaar Jou enjin luier steeds en dus gebruik jy brandstof. Dit maak nie saak of jy in rat is of nie. Dis ook nie veilig om dit te doen nie. ’n Voertuig in neutraal kan nie vinnig reageer nie en kan jou in ’n verknorsing laat beland as jy skielik moet rem of versnel.

• ’n Vuil oliefilter maak jou enjin swaarder op brandstof. Waar – maar net indien jy ’n vorige generasie voertuig met ’n vergasser bestuur. Wanneer die oliefilter vuil word, beïnvloed dit die verrigting van die voertuig en die bestuurder sal harder moet versnel om die gewenste uitwerking te kry – en gevolglik meer brandstof gebruik. ’n Moderne enjin met ’n aanboord-rekenaar voorkom dat dit gebeur.

• Nuwe toestelle kan jou help om brandstof te bespaar. Onwaar – Namate die brandstofprys styg, verskyn meer en meer wonderapparate op die mark wat belowe om jou brandstof te bespaar. Ongelukkig is daar geen wetenskaplike bewyse dat hierdie toestelle werk nie. Wat wel oor en oor bewys is, is dat dit jou bestuurstyl eerder as die soort voertuig is wat brandstofverbruik die meeste beïnvloed.

Slim alternatiewe vir self bestuur

• Sluit by ’n saamryklub aan of gebruik openbare vervoer as daar sulke geriewe in jou omgewing is. En daardie tyd wat jy aan bestuur afgestaan het, kan jy nou vir ontspanning of dalk werk gebruik.

• Gebruik ’n fiets solank dit veilig is. Kyk by capetownbicyclemap.co.za vir fietsryvriendelike roetes in die Kaap. Onthou, dis nie net brandstof wat jy spaar nie, jy spaar ook heelwat slytasie en dus onderhoud aan jou voertuig.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.