kategorieë: Jou lewe

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein reeds gevorm?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die grootste guns wat jy vir jou baba kan doen, is om al haar sintuie só te stimuleer dat haar brein soveel moontlik breinpaadjies en -konneksies kan vorm. Dit
*bevorder haar verbale en nie-verbale intelligensie
*maak haar emosioneel slim
*en gee haar fisieke ontwikkeling ’n hupstoot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Navorsing wys multisensoriese stimulasie lei tot minder stres en beter slaappatrone by gesonde babas.

Om dit reg te kry, is glad nie ingewikkeld, tydrowend of duur nie! Al wat jy hoef te doen, is om die meeste van elke dag se badtyd te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ’n opname onder Suid-Afrikaanse ouers het 74% gesê tydens badtyd vergeet hulle van die selfoon. Dis Baba se tyd. Die gemiddelde bababadtyd onder Suid-Afrikaanse ouers is 31.8 minute.

As badtyd net voor slaaptyd plaasvind, is daar ekstra voordele. Badtyd is veral belangrik want dit gee ouers die ideale kans om op ál die sensoriese vlakke te fokus. Onthou die volgende:

1. Aanraking
In die bad is baba heeltemal kaalbas – hy kan vry beweeg en oraloor liefde deur jou aanraking ervaar.
*Verhit die badkamer en handdoek indien nodig sodat hy geen groot temperatuurveranderinge ervaar nie
*Gebruik sponse en later borrels, borsels en speelgoed met verskillende teksture vir ’n verskeidenheid taktiele ervarings
*Ná sy bad is ’n kalmerende massering met ‘n sagte room ’n kosbare aktiwiteit. Dit stel goedvoelhormone vry en hy voel en leer waar sy ledemate in die ruimte is.

2. Reuk
Gebruik badprodukte wat lekker ruik; navorsing wys babas wat met ‘n lekkerruikproduk gebad word, huil byna 25% minder voor hulle aan die slaap raak as ander babas. Dit veroorsaak ook dat baba meer drukkies by Pappa en Mamma kry!

3. Propriosepsie of die ervaring van sy eie beweging
*Om vry in die water te kan skop en plas ontwikkel liggaamsbewustheid
*Gee hom koppies en bekers om mee te skep en te gooi sodra hy kan sit – dit leer hom oorsaak en gevolg, en stimuleer sy armspiere.

4. Beweging
*Verskillende posisies – lê, sit of staan in die bad as hy ouer is, help met sy motoriese ontwikkeling. Gee hom op 6 maande ’n badring om in te sit
*Wanneer hy heen en weer in die water beweeg, stimuleer dit sy sin vir beweging en bevorder dit tonus en koördinasie.

5. Sig
*Maak gedurig oogkontak met ’n nuwe babatjie terwyl jy haar bad. Dit stimuleer die oogspiertjies en prikkel spieëlneurone (mirror neurons) wat emosionele ontwikkeling bevorder
*As sy na kleurvolle balle kyk wat om haar dryf, ontwikkel dit ruimtelike bewustheid en ook haar sin vir oorsaak en effek.

6. Klank
*Aanvanklik kan badtyd ’n baba oorweldig. As jy in ’n kalmerende toon praat, sal sy rustiger raak – sommer ook ’n goeie ding wanneer badtyd ‘n aanloop tot slaaptyd is
*Speel wiegeliedjies in die agtergrond terwyl jou baba bad
*As jy kleuterrympies opsê terwyl jy jou kleinding was, ontwikkel dit taalvaardigheid en ’n aanvoeling vir ritme
*As jy die name van haar liggaamsdele sê wanneer jy dit was, ontwikkel dit haar taalkundig en ook haar bewustheid van haar liggaam
*Sing ’n wiegeliedjie terwyl jy haar aantrek; dit bind julle emosioneel en sy leer dis die aanloop tot slaaptyd.

Lees ook: Brei met styl: warm, oulike babaskoentjies

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.