kategorieë: WenkeSkoonheid

Hoe jy jou voete mooi en gesond kan hou

1. Bevogtig

Smeer elke aand room aan jou voete voor jy gaan slaap.Terwyl jy die room aansmeer, masseer dit sommer lekker in jou voete. Maak sterk sirkelbewegings op die bal van jou voet (net onder jou tone) en beweeg jou twee duime van buite na binne op jou hak. Speel ook sommer met jou tone as jy room aansmeer en steek hulle goed uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


2. Versorg

Gaan gereeld vir ’n pedikuur of doen dit by die huis. By die spa of tuis moet jou voete ten minste vir 20 minute in water geweek word voordat dit geskuur word. Moet nooit droeë voete skuur nie, want dit kan beskadigend wees. Vermy metaalvoetvyle of voetstene. Gebruik eerder die soort wat soos sagte skuurpapier lyk. Minder is meer as dit by vyl kom. Sodra jou voete begin brand, hou op! Vyl eerder ’n bietjie vir twee tot drie dae in ’n ry as wat jy al die dooie vel op een slag probeer afvyl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kruie vir jou voete

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Moenie jou naelvliesies terugdruk nie

Gebruik eerder ’n ou tandeborsel om van dooie velletjies ontslae te raak, want die naelvlies-stokkies kan inflamasie veroorsaak as jy te veel terugdruk en dan word jou vel net dikker. Bevogtig ook jou naelvliesies gereeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog interessante feite

  • Plakkies is baie sleg vir jou voete. Jy moet jou tone styf vasknyp om die plakkies aan te hou en dan slaan die agterste deel die heeltyd teen jou hak – dit stoot die vet wat ons nodig het om ons hakke te beskerm van die buitekant na binne.
  • Van Bastien se ouer kliënte in New York dra al hul hele lewe lank hakskoene en kan nie meer hul hakke plat op die grond neersit as hulle kaalvoet loop nie, omdat hulle kuitspier verkort het van al die hoë skoene. Bastien sê vrouens kan gerus elke dag hakke dra, maar dan is dit baie belangrik om gereeld jou kuitspier te strek. Sit die voorste deel van jou voet op ’n trappie en trap dan af.
  • Koop altyd skoene aan die einde van die dag wanneer jou voete effens moeg en geswel is. Dit sal help as jy skoene koop wat goed pas en heeldag gemaklik is.

Lees ook: Die beste raad vir voetswamme

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.