kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kry stres jou onder?

Kry stres jou onder? deur Anet Schoeman. Hooffoto: PeopleImages/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is só gestres”,  het die wagwoord van ons modern samelewing geword. Tog is spanning gesond, want jou liggaam is ontwerp om dit tot jou voordeel in te span. As jy in gevaar is, stel jou liggaan adrenalien vry sodat jy vinniger kan weghardloop en sterker kan terugveg. Ook flinker dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Navorsing toon dat die werklike probleem nie spanning is nie, maar eerder dat ons nie meer genoeg tyd inreken om agterna weer te ontspan nie, sê Lesley-Anne Pedlar, ’n terapeut van Greenside. “Om onder druk te wees, laat ons vinniger en beter werk, maar as dit onbepaald aanhou sonder dat jy tyd kry om tot verhaal te kom, skep dit probleme.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen?

Die basiese dinge om na te kyk is:

  1. Kry jy goeie gehalte slaap? Indien nie, maak werk daarvan.

Lees ook: Help! Ek kan nie slaap nie!

6 Slaapprobleme, 6 slaapoplossings

2. Eet jy gebalanseerde maaltye met genoeg van alles en veral vars vrugte en groente?

Lees ook: Kos vir jou hart

3. Let op jou kafeïen-inname. As jy soos ’n kettingroker tee of koffie drink, moet jy oorskakel na alternatiewe sonder kaffeïene. Tog kan jy kafeïen inspan om jou energievlakke op te stoot as jy lam en tam voel. Wees net verstandig vir te veel.

4. Kry jy genoeg oefening? Matige oefening gaan jou goed laat voel en ook lekker laat slaap. Maar obsessiewe oefening of baie intense oefening laatmiddag of aand is ook nie goed nie, want dit kan jou ook wakker hou.

Lees ook: Swem is uitstekende oefening

Is jy te oud om te begin oefen?

Kry ’n gesonde breinpatroon

Mense wat baie gedrewe persoonlikhede het, sukkel gewoonlik om af te skakel en iets sonder ’n agenda te doen. Hulle bly die hele tyd gefokus. Dan kan selfs aktiwiteite wat jy oëskynlik vir ontspanning doen; soos hardloop of skaak speel, ’n uiters kompeterende tydverdryf word.

Lees ook: Toets jou persoonlikheid: Is jy stresgevoelig of stresbestand?

Goeie oefening: As jy rustig gaan hardloop en jou omgewing en beweging geniet.

Kompeterende oefening: Jy hardloop saam met ’n groep mense en is gedurig in kompetisie om jou beste te lewer. As jy reeds ’n spanningvolle dag gehad het en die oefening doen om te ontspan gaan dit nie daardie doel dien nie.

Wat kan jy doen om ’n gesonde breinpatroon te skep?

  • Aftyd: Kry jou brein weer in neutraal waar jy geen agenda het nie.
  • Wees in die oomblik: Reflekteer en prosesseer gebeure.
  • Speeltyd: Doen iets nuuts waar jy laf kan wees en lag sonder dat jy moet wonder wat ander daarvan dink. Dalk iets soos ’n pottebakkersles saam met vriende.

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

Neem ’n blaaskans

Lesley stel voor dat jy drie tot vier geleenthede vir herstel van tien minute elk in jou dag inwerk. Dit kan enigiets wees van ’n stappie in die tuin (waar jy bewustelik die omgewing geniet en beleef), strelende musiek op jou oorfone as jy in die kantoor is, tot ’n stortritueel waar jy dink hoe die water die probleme en spanning van die dag een vir een wegspoel soos jy hul by die naam noem.

Lees ook: 5 maklike maniere om spanning te verminder

Die belangrike ding is dat jy dit ’n bewustelike ritueel maak waar jy op die oomblik en die ervaring gefokus is. Dit help nie jy loop in die tuin en begin onkruid uittrek, dink watter plant jy wil snoei of wonder wanneer laas jy die rose gespuit het nie. Dit moet “loshande”-tyd wees waar jy aan niks anders dink nie. Voel die rustigheid, sien die blomme en hoor die voëls.

As jy hierdie ritueel (soos bv. die stort) elke dag volg, word dit ’n gewoonte wat jy kan volhou. Onthou, dis menslike natuur om altyd na die bekende terug te keer. Jy moet lank genoeg met  ’n nuwe gewoonte volhou sodat dit instinktief word.

Lees ook: Maak vriende met stres

pixelfit/istock images

Herstel dadelik na stres

Moenie wag dat spanning soos ’n berg opbou en dink jy gaan dit oor die naweek aanspreek nie. Of die vakansie lekker ontspan nie. Die geheim om spanning suksesvol te hanteer is om dit so gou as moontlik na ’n stresvolle vergadering of dag te hanteer. Haal diep asem, visualiseer ’n rustige toneel, mediteer of doen ontspannende oefening soos joga en pilates wat jou in die oomblik hou sonder om jou te veel te laat fokus.

Om in trane uit te bars het sy plek as ontlading, maar dit is die mees basies manier om emosies te hanteer en bied geen oplossing nie. Om jou emosies in woorde uit te druk, het veel meer voordele omdat jy dit dan kan verwerk eerder as net daarop reageer.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Stres minder: Kyk na dié 6 denkpatrone

Leer jou brein

Jou prefrontale korteks is jou sentrum vir besluitneming, fokus, impulsbeheer en beheer van emosies. Volgens sielkundiges kan jy hierdie sentrum net vir ’n paar uur per dag effektief gebruik. As jy dus die hele tyd op hierdie sentrum moet staat maak om jou emosies te beheer, is dit baie uitputtend en ly fokus en besluitneming daaronder.

Probeer die druk op jou prefontale korteks oorskuif na jou emosionele brein deur in woorde uit te druk watter emosies jy ervaar. As jy so oorweldig deur emosies voel dat jy nie kop of stert kan uitmaak wat jy voel of moet doen nie, is dit ’n goeie idee om ’n joernaal te hou en jou emosies neer te skryf. Op dié manier kry jy helderheid en besef dalk dat die grootste stres deur ’n ander emosie veroorsaak word as wat jy dink. Dalk is dit skaamte omdat jy jou plig versuim het eerder as die werklik spanning van werksdruk wat jou pla. As jy weet wat jou stres-sneller, is dit makliker om dit aan te spreek. Dis ook makliker om dit te verwerk as jy dit kan identifiseer.

Deur met nuwe oë na spanning te kyk, kan jy dit inspan om jou vriend eerder as jou geswore vyand te wees.

Lees ook: Die gevare van chroniese hoë stresvlakke

Sit stres op sy plek

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.