kategorieë: Bekendes

Die Kunstige Prins Charles

Prins Charles hou daarvan om te skilder. Hy geniet veral waterverf en wanneer hy ’n tydjie kan afknyp, is dit die aktiwiteit wat hy verkies. Kyk net hier:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Volgens die Prins van Wallis se amptelike webblad, waar 130 van sy kunswerke gesien kan word, het hy in die 1970s en 1980s in kuns begin belangstel nadat hy geïnspireer is deur een van sy vroeër kunsonderwysers. Hy het daarna lesse begin neem om sy tegniek te verbeter en het gereeld met kunstenaars gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die prins skilder meestal landskappe, maar hou ook van abstrakte werke en stillewes. Kyk hier na sy reeks oor Skotse landskappe, of hierdie van Switserland.

Ongelukkig kan jy nie self ’n koninklike kunswerk besit nie. Sy amptelike webblad noem dat geen van sy kunswerke te koop is nie, maar daar is gereeld afdrukke wat wel gekoop kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer sy kunswerke uitgestal word, of afdrukke daarvan verkoop word, gaan al die inkomste daarvan na sy weldadigheidsorganisasie, Prince of Wales Charitable Foundation.

Prins Charles hou verder nie net van skilder nie, hy is ook ’n ondersteuner van die kunste. Hy maak glo ’n punt daarvan om kunstenaars saam met hom op sy reise te neem sodat hulle hul indrukke van die reis kan opneem. Hy het ook ’n kunsskool gestig waar mense kunstegnieke kan leer.

Die kroonprins is egter nie die enigste koninklike wat kunssinnig is nie. Die Britse monarge het glo al vir meer as 5 eeue kunstiges opgelewer. Daar is selfs in 2013 ’n dokumentêre film, Royal Paintbox, gemaak waar hierdie kunstige streep in die bloubloedlyn ondersoek word.

Kyk hier na die lokprent van Royal Paintbox.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.