kategorieë: KalenderOntspanning

Suidoosterfees Talentsoektog

Die tema, Fantastiese 15/Fabulous 15/Zemikhosi 15, fokus daarop om gemeenskappe van regoor die Wes-Kaap bymekaar te bring om fees te vier en die plaaslike kunste te ondersteun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die fees beoog ook om belowende jong kunstenaars van plaaslike gemeenskappe tussen die ouderdom van 9 en 25 te identifiseer. Sodoende word dié jong kunstenaars ’n platform gegee om hul talente te ontwikkel en ontvang hulle mentorskap van professionele kunstenaars en gesoute rolspelers in die bedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eerste vyf finaliste van die talentsoektoeg in die Paarl is reeds gekies en dring deur na die volgende rondte. Hulle is:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Shockwaves (dansgroep)
  • Ryan Popper (dans)
  • Nicole Ashley Mc Thomas (drama en dans)
  • Keanan Swarts (drama)
  • Rouxné Muller (sang)

Die talentsoektog duur voort met ’n geleentheid wat op Saterdag, 14 Oktober plaasvind by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Dit word gevolg deur nog ’n geleentheid by die Guga S’Thebe Kuns en Kultuursentrum in Langa op Saterdag, 21 Oktober van 10:00 – 6:00. Ander venues wat besoek gaan word sluit in:

  • Die Magnet Teater in Observatory op Saterdag, 28 Oktober 2017
  • Die Stage in Bellville op Saterdag, 4 November 2017

Die kwalifiserende rondtes se beoordelaars sluit in die Sne Dladla (akteur), Riaan Visman (kunstenaar), Lindi Smit (regisseur) en Louis du Preez (klassieke musiekkenner). Die finale uitdunrondte vind plaas op 28 April 2018 as deel van die jaarlikse Suidoosterfees in Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoogtepunte van die 2018 Suidoosterfees sluit in Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe in ’n swing-optrede met Kaapse- en Karoo-klanke. Bekendes soos Shaleen Surtie-Richards, Vinette Ebrahim en Evita Bezuidenhout sal ook teenwoordig wees terwyl die jazz-ikoon Melanie Scholtz te siene sal wees in Cape Town Tango.

Besoek suidoosterfees.co.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.