KWV Mentors het rede om behoorlik fees te vier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Mentors Nebbiolo is ’n beperkte uitgawe wat oor die afgelope vyf jaar ontwikkel is en kom uit Suid-Afrika se uitsonderlike 2017-oesjaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om hierdie luisterryke geleentheid te vul, is ’n nuwe restaurant, Dusk, in Stellenbosch gekies. Die restaurant is klein, intiem en natuurlik donker binne – soos die naam aandui. Die sjefs is bekroonde kosmeesters en alles word hier self gemaak: tot die botter word self geklits; die brood self gebak en die souse, gepekelde disse en kaas, alles deur die span self gedoen. Op die toonbank staan flesse met miso, garum, Shoyu en selfs produkte wat in wyn gefermenteer word. Die kulinêre skeppinge kom van die bekroonde sjefs Darren Badenhorst en Callan Austin en sal jou beslis iets gee om by vriende te gaan spog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Selfs die brood en botter is nie sommer só nie, dis handgeklits en mooi op die oog.

Dusk is deur die Eat Out-restaurantgids aangewys as die beste nuwe restaurant van die jaar. Dit het net 24 sitplekke.

As SA Michelin sterre uitgegee het, sou Dusk emmersvol kon versamel.

Tanya Blokdyk, KWV handelsmerkbestuurder, het aan gaste vertel: “Ons het Dusk gekies omdat ons iets perfek en nuut wou hê en hierdie sjefs en hul span bied dit waarlik.”

Sy is opgewonde oor die nuweling in die wynreeks. “Dit is net die vierde insluiting sedert die stigting van The Mentors-reeks in 2006. Soos met sy voorgangers – The Mentors Carménère 2017, Petite Syrah Paarl 2018 en Malbec 2019 – is net 1 300 genommerde bottels van die Nebbiolo gemaak.”

“Dit is die eerste keer dat die Nebbiolo-variëteit as ’n enkele variëteit in die reeks geïnkorporeer word,” sê KWV senior wynmaker, Izele van Blerk. “Terwyl The Mentors-portefeulje gereserveer is vir die bestes in die klas, gaan die Limited Editions selfs verder deur uitstaande uitnemendheid van klein sarsies premium vrugte, van ’n spesifieke terroir en oesjaar, te verteenwoordig.”

KWV senior wynmaker, Izele van Blerk en Tanya Blokdyk, KWV handelsmerkbestuurder, klink ’n glasie vonkelwyn op die nuwe voorkoms van The Mentors-reeks en ’n nuwe Nebbiolo.

Tanya het voorts gesê die wyn se etikette het in 2017 verander en weer in 2019 waar daar onderskeidelik met KWV en The Mentors as hoofster gespeel is. “Met die nuwe voorkoms neem dié twee hande.” Izele het bygevoeg dat elkeen van die wyne in die reeks beperk en uniek is en uit baie klein wingerdblokke kom. “Ek sit dalk die persoonlikheid in die bottel, maar Tanya trek die mooi klere aan, sodat die etiket en die inhoud mekaar komplimenteer.”

Sy het vertel dat wynmaak aan die verander is. “Jy moet die wingerdblokke verstaan. Dit gaan ook nie meer net oor wyn maak nie, dit gaan oor waar ons wil wees – ook internasionaal. Wingerd, kelder, bemarking, internasionale markte en ’n goeie begrip vanwaar ons in die wêreldmark pas, is nou nodig.”

Sy en Tanya het vertel die doel van The Mentors-reeks is om mense opgewonde te kry – nie net oor hul wyne nie, maar ook oor die lewe.

Die yskoue vonkelwyn wat bedien is, terwyl gaste arriveer het, is die Laborie Cap Classique Brut voor die peuselgoed met die The Mentors Grenache Blanc 2021 en brood bedien is. Gaste is toe verras met ’n klein “mieliehappie”, voor elkeen ’n verfrissende klein koue handdoek met boegoe tussen gange gekry het om hul gesig en hande te verfris, voor die Purdon Wagyu tartaar met ’n Dusk eier Mcmuffin bedien is.

Die The Mentors Grenache Blanc 2021 is met ’n klein mieliehappie bedien.

The Mentors Perold 2020 en The Mentors Pinotage 2020 is met vlamgeroosterde perlemoen met wit pomelo en gerookte spek sabayon met Daikon voorgesit. Daarna volg die The Mentors Cabernet Franc 2020 en The Mentors Canvas 2020 en die klein happie wat voorgesit word, is getiteld: “Wash your mouth out with soap” en smelt in die mond. Daarna word die droogverouderde eend, met gerookte witbone puree, blomkool gratin en ’n fynbos jus bedien.

The Mentors Perold 2020 en The Mentors Pinotage2020.
Vlamgeroosterde perlemoen met wit pomelo en gerookte spek sabayon met Daikon voorgesit.

Daarna word die droogverouderde eend, met gerookte witbone puree, blomkool gratin en ’n fynbos jus bedien.
Die klein happie wat voorgesit word, is getiteld: “Wash your mouth out with soap” en smelt in die mond.

Die groot oomblik het aangebreek. Izele staan by ’n tafel vol kerse en vertel in die skemer aan gaste dat die KWV The Mentors Nebbiolo 2017, pas 90 punte ontvang het in ’n spesialisproe by Decanter van Nebbiolo-wyne van regoor die wêreld.

Die wyn volg op die hakke van ’n KWV-bekendstelling enkele maande gelede, van The Mentors Perold 2019 in 1,5L magnumbottels. Slegs 200 is gebottel ter herdenking van die visioenêre professor Abraham Izak Perold en op sy verjaardag, die 20ste Oktober, onthul. Hy was Suid-Afrika se Pinotage-pionier.

“Ek wil nie hê die eikehout moet oordonderend wees met veroudering nie, maar genoeg om hierdie wyn vir 15 jaar te dra. Ek wil geen druif of kultivar oorwerk nie. En die beste vate keuse is ongelooflik belangrik. Dit moet bydra tot die wyn, maar dit nie oorheers nie. Ek hou ook nie van die karamelgeure in Amerikaanse vate nie, so gebruik dit met groot omsigtigheid in die kelder.”

Tanya en Izele sê Pinotage en Chenin is waarlik SA-pronkstukke en hulle dit wil graag in hul premium reeks hê, om die wêreld te wys wat ons kan doen. Om Izele te hoor praat oor wyn is ’n avontuur. Jy kan hoor hoe haar mond water as sy haar wyne beskryf.

Toe die kelners die The Mentors Nebbiolo 2017 en The Mentors Orchestra 2020 gooi, verduidelik Izele: “Wat is Nebiollo, wonder julle. Dit lyk soos Pinot Noir en proe soos Cabernet wat jy in 10 jaar wil proe. Die Orchestra is ’n Bordeaux versnit en 2020 is meer mentagtig.”

Die sterre van die dag is die The Mentors Nebbiolo 2017 en The Mentors Orchestra 2020.

Dis met die gerookte skorsie, spesery, ’n lakto-gefermenteerde pruim, Mascarpone en gesoute karamel bedien. Die The Mentors Petit Verdot 2020 is met wit sjokolade, geroosterde gars-koji cremeux, Umqombothi en ’n lietsjie sorbet voorgesit en die The Mentors Chenin Blanc 2021 met Petit fours geniet.

Die Limited Edition The Mentors Nebbiolo 2017 kos R750 en is slegs aanlyn beskikbaar by www.kwv.co.za.

Lees ook: SA se Sauvignon blancs van die wêreld se bestes

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

12 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

15 hours Gelede

My ma se appeltert

16 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.