kategorieë: Ontspanning

kykNET Silwerskermfees: Die kortfilms

Koue Voete

Moenie ’n misdadiger aan sy skoene takseer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Regisseur en skrywer: Lara Lourens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het aan die Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria studeer waar sy praktiese ervaring opgedoen  het in skryf, regie en toneelspel. Hoewel sy reeds haar teaterdebuut as regisseur gemaak het, is Koue Voete haar eerste professionele kortfilm as skrywer, regisseur en vervaardiger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Bok

’n Verbitterde swanger vrou veg om haar roostuin te beskerm teen ’n bok terwyl haar huwelik verbrokkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Regisseur en skrywer: Philip van Zyl

Hy is ’n filmmaker van Pretoria wat ’n voorliefde het vir eg Suid-Afrikaanse stories met sterk menslike temas. Paul Thomas Anderson, Denis Villeneuve en Martin Scorsese tel onder sy gunsteling-filmmakers.

Onthou

Wanneer ’n jong, sorgelose hippie aansoek doen as verpleër by ’n streng, vol nonsens bejaarde dame, is daar reeds spanning vanaf die eerste woordewisseling. Tog ontwikkel hulle ’n dieper vriendskapsverhouding en leer mekaar hoe om die ander onvoorwaardelik te aanvaar. Ouderdom is net ’n getal, maar hartsvriende bly deel van jou bestaan.

Regisseur: Susan Coetzer

Sy is ’n bekroonde aktrise wat bekend is vir haar teaterdebuut in Diepe Grond, asook TV-reekse soos Daisy de Melker en Meester.

Skrywer: Elanie Rupping

Sy het haar deurbraak as skrywer met die tweede seisoen van die kykNET-jeugdrama Sterlopers gemaak. Sy is tans skrywer en teksredigeerder op die sepie Getroud met Rugby.

Vlees van my Vlees

Vyftien jaar ná ’n gruwelike motorongeluk vier ’n joviale man en sy kwadruplegiese vrou hul twintigste huweliksherdenking. Ten spyte van die romanse en selflose liefde noop die frustrasies van haar gebrek hulle om die waarheid van hul gebroke verhouding, verwyt, pyn en eie magteloosheid te trotseer.

Regisseur en skrywer: Matthys Boshoff

Hy het ervaring as skrywer vir televisie-drama en as regisseur op plaaslike sowel as internasionale advertensies. Hy ontwikkel tans ’n paar films.

Arts

André red beseerde diere, maar sy verhouding met die plaaslike veearts neem ’n donker draai wanneer sy ma begin inmeng …

Regisseur en skrywer: PG de Jonge

Hy het halfpad deur ’n joernalistiekgraad besef hy hou meer van fiksie. Nou maak hy flieks en laat die nuus oor aan ander.

Merk. Sny. Stoor.

Wanneer ’n psigologiese versteurde man se traumatiese verlede sy hede beïnvloed word ’n vreemdeling die slagoffer van sy eie trauma.

Regisseur en skrywer: Ricardo Liut

Hy is ’n multimedia- en grafiese ontwerp-dosent by die Noordwes-Universiteit. Hy het ’n BA in grafiese ontwerp en spesialiseer in fotografie, film en multimedia-ontwerp. Hy is tans besig met sy nagraadse studies. In 2015 was hy die regisseur van die kortfilm Die Monoloog saam met Zoo Productions.

En die wiele van die bus gaan om en om

Slapgat-busbestuurder Freddie Venter vervoer tien pasiënte van een geestesgestremde inrigting na ’n ander… en dan verloor hy sy vrag.

Regisseur: Pieter Grobbelaar

Hy smokkel al vir jare met ons harte en koppe danksy sy verhoogstukke, operas, televisiereekse en flieks.

Skrywer: Marina Bekker

Kolskoot

Fanus Niemand is toe iemand …

Regisseur en skrywer: Wimpie van der Merwe

Hy het in 2006 sy B-Tech-graad aan die Filmskool van TUT behaal het. Bekend vir sy rol as skrywer en regisseur van Karate Kallie werk hy sedertdien as skrywer, regisseur en kameraman in die filmbedryf.

Spoor(loos)

As ons maar net kon verdwyn.

Regisseur: Marisa Drummond

Sy het haar debuut as regisseur in die nuwe kykNET-sepie Getroud met Rugby gemaak.

Skrywer: Jannes Erasmus

Jannes is grootliks bekend vir sy grensverskuiwende teaterproduksies.

Oom

Ná oom Johan Booysens ’n jong man langs die pad optel, besef hy hoe gevaarlik die pad kan wees as mens nie jou geselskap ken nie.

Regisseur en skrywer: PJ Kotze

Hy is ’n filmmaker gebaseer in Johannesburg met ’n passie vir platteland-stories, regte klein-dorpie-karakters en avontuur. Ná vyf jaar van klasgee in film, is hy tans voltyds toegewy om sy ondervindings as ’n Suid-Afrikaner te probeer interpreteer en uit te leef deur film as medium.

Hum

Thomas hoor die verlammende hum-klank al vir so lank dat hy skaars kan onthou wanneer dinge vir hom begin skeef loop het. Met die hulp van sy psigiater, dr. Swart, begin hy om sy verlede te ontleed sodat hy vir Jana, die liefde van sy lewe, terug kan wen ten spyte van die onafwendbare gedreun asook die gevoel dat hy konstant dopgehou word …

Regisseur en skrywer: Willem Grobler

Sy bekroonde kortilm, The Great Gatsby: Redemption, is binnekort by die 2016 Durban Internasionale Filmfees te sien.

Die Muse

’n Naïewe jong verpleegster word as oppasser aangestel om na ’n briljante, maar moeilike skrywer met Aspergersindroom om te sien. Maar, as ’n skrywer sukkel om leuens te vertel, hoe is hy veronderstel om stories op te maak?

Regisseur en skrywer: Frannie van der Walt

Plankekoors

Daar’s ’n fyn lyn tussen opwinding en vrees. Dis net woorde. Jy’t ’n keuse. Veg of vlug?

Regisseur: Nini Conradie

Plankekoors is haar debuut as regisseur.

Skrywer: Ludwig Binge

Hy is ’n vryskut-akteur en het deelgeneem aan verhoogproduksies soos Balbesit, Cabaret en Samsa-masjien, sowel as die speelfilm Johnny is nie dood nie.

Die Biker

’n Motorfietsryer kies die oop pad as ontvlugting. Het hy die regte afdraaipad gekies?

Regisseurs: Geoffrey Butler en Lisba Vosloo

Geoffrey is ’n vryskut-regisseur en -redigeerder van verskeie televisieprogramme en advertensies. Hy het onlangs die mede-regie van ’n dokumentêre film oor Pieter-Dirk Uys behartig.

Lisba is ’n bekroonde dokumentêre filmmaker, regisseur en redigeerder wat al op verskeie programme gewerk het wat strek van opera tot oorlog.

Redigering: Henry Cloete

Beloofde Land

Lodewyk Mouton is die naïewe heerser van die diktatorskap Anskroepolis. Wanneer ’n groep sosialistiese rebelle by sy herehuis opdaag en dreig om hom te onttroon, word Lood gekonfronteer met die realiteit van sy borrel-bestaan en die ellende van sy volk.

Regisseur en skrywer: Mia Cilliers

Sy is ’n skrywer en regisseur van Kaapstad met ’n agtergrond in dokumentêre films, webreekse en werklikheidstelevisie.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.