Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 8 lamsworsies
- 15 ml (1 e) verhitte olyf- of avokado-olie
- 1 gekapte ui
- 1 x 410 g-blik Mexikaans gegeurde tamaties
- 2 roosmaryntakkies
- 1 x 400 g-blik cannelini-boontjies
- sout en gemaalde swartpeper
- nacho-skyfies, vir voorsit
Metode
- Braai die lamsworsies in verhitte olyf- of avokado-olie oor matige hoë hitte tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
- Braai die ui en knoffel vir 5 min. in dieselfde pan tot sag. Voeg die tamaties en roosmaryntakkies by. Bring tot kookpunt.
- Meng die cannelini-boontjies, gedreineer, by en bring tot kookpunt. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Voeg die worsies by en laat deurwarm word.
- Sit met nacho-skyfies voor.
