kategorieë: Bekendes

Lancôme se “nuwe” ambassadeur

Deur Catherine Schenck. Foto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Isabella Rossellini is ’n moeilike persoon om vas te vang. Sy het haar loopbaan as vertaler en joernalis in New York begin en nadat sy vir Martin Scorsese ontmoet het – met wie sy vir ’n paar jaar getroud was – het haar loopbaan ’n ander rigting ingeslaan. Op 28 het sy as model begin werk; omtrent 10 jaar ouer as meeste van haar kollegas. Sy was die ambassadeur vir verskeie skoonheidshuise, insluitend Lancôme. Sy het ook op die voorblaaie van tydskrifte soos Vogue en Elle verskyn. In daardie stadium het sy lankal reeds toneel gespeel (sy het selfs saam het haar ma, Ingrid Bergman, in films verskyn) maar die film wat haar bekend gemaak het, was David Lynch se sielkundige riller Blue Velvet. Sy was 34 jaar oud. Daarna het sy aanhou toneelspeel, modelwerk gedoen en ook as aktivis verskeie rolle aangeneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy woon deesdae op ’n plaas wat organiese produkte vervaardig, sy doen verskeie veldtogte en werk aan films oor diere se gedrag en is selfs besig om ’n Meestergraad oor die gedrag van diere te voltooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Isabella het in 1982 (sy was toe 30) saam met Lancôme begin werk en sy was die gesig van vele veldtogte en selfs een van hul fyngeure, Trésor. Sy was in daardie stadium ook die hoogs betaalde model in die wêreld. Toe, in 1996 (sy was 43), is sy afgedank omdat sy glo “te oud” was. Sy is vervang deur die aktrise Juliette Binoche.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Oor die afgelope paar jaar is die klem egter weer geplaas op skoonheid wat verskeie vorms en ouderdomme aanneem en modelle met ’n nie-tradisionele voorkoms is meer en meer gebruik.

In 2015 het Lancôme weer kontak gemaak met Isabella, wat terloops glad nie aan kosmetiese sjirurgie glo nie, en hulle het haar gevra om weer hul ambassadeur te word. Volgens berigte was sy aanvanklik skepties, maar sy het toe besluit om met een van die direkteurs van Lancôme te gesels. Sy sê sy was beïndruk toe dié vroulike direkteur op ’n motorfiets opdaag vir hul vergadering, en dat sy daarna besluit het om Lancôme nog ’n kans te gee. Sedertdien het sy in ander rolle as segspersoon vir hulle opgetree, maar sy sal van hierdie jaar af as die gesig vir hul Rénergie Multi-Glow-reeks optree.

Isabella se dogter, Elettra Rossellini-Wiedemann, is ook ’n segspersoon vir Lancôme en in 2017 het Isabella saam met haar seun, Roberto Rossellini, vir die modehuis Sies Marjan verskyn en deesdae doen sy weer heelwat modelwerk.

Sy is nie die enigste ouer vrou wat as die gesig van skoonheids- en modeveldtogte gebruik word nie. Die aktrise Charlotte Rampling (68) het in 2014 in ’n NARS-veldtog verskyn. Die skrywer Joan Didion het in 2015 op die ouderdom van 81 die gesig van ’n veldtog van die modehuis Céline geword. Dae daarna is Joni Mitchell in ’n veldtog vir Saint-Laurent gebruik. Neil Young was die gesig van Supreme – ’n modehandelsmerk wat fokus op die jeug – en Quincy Jones is gebruik in ’n veldtog vir die luukse sneaker-handelsnaam, Buscemi. Maye Musk, ma van die miljardêr Elon Musk, is verlede jaar as een van die ambassadeurs vir die skoonheidshuis Covergirl aangewys. In dieselfde jaar het Susan Sarandon weer haar plek ingeneem as ’n ambassadeur vir L’Oréal, asook Helen Mirren en Jane Fonda (wat selfs op die loopplanke verskyn het in hul modeskou). Vogue Italia het hul hele Oktober 2017-uitgawe aan ouer skoonhede toegewy en Lauren Hutton (73) was hul voorbladgesig.

Lees ons artikel oor Maye Musk en Covergirl hier.

Lees ook: Ouer vroue regeer.

Lees ons onderhoud met Helen Mirren.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.