kategorieë: GebakKos

Chou-swane

Chou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 150 g koekmeel, gesif
  • 300 ml water
  • 125 g botter
  • 4 eiers, liggies geklits
  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Gebruik twee spuitsakke – een met ’n klein gladde punt en die ander met ’n groot sterpunt.
  2. Sif die meel op ’n stuk bakpapier en hou eenkant.
  3. Sit die water en botter in ’n kastrol en sit die deksel op. Bring tot kookpunt.
  4. Haal van die hitte af en gooi dadelik al die meel by. Roer die mengsel vir 30-60 sek. met ’n houtlepel tot dit glad is en
    van die kante van die kastrol wegtrek.
  5. Sit terug op lae hitte en roer vir nog 30-60 sek. sodat die mengsel verder uitdroog.
  6. Gooi die eiers bietjie vir bietjie by en meng elke keer goed in voor jy weer eier bygooi. Klop tot die mengsel glad en blink is en net van die lepel afval.
  7. Skep ⅓ van die deeg in die klein spuitsak met die gladde punt en die res in die groot sterpuntsak.
  8. Spuit 10-12 gholfbal-grootte bolletjies (die swaanlyfies) op die bakplaat.
  9. Spuit met die klein sak 12 S-vormige swaannekkies op dieselfde bakplaat.
  10. Bak vir 10 min. by 200 °C. Verlaag die hitte tot 180 °C en bak vir nog 20 min.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vulsel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 50 g gerookte ham, fyn gekap
  • 250 g roomkaas
  • ’n hand vol grasuie, gekap

Meng die ham, roomkaas en grasuie en skep in ’n spuitsak met ’n ronde punt. Maak ’n holte aan die bokant van elke
swaanlyfie en vul met gegeurde roomkaas. Druk versigtig ’n nekkie in die roomkaas in en sit op ’n bord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: recipes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.