kategorieë: Ons menseBekendes

Leandie du Randt-Bosch gesels oor Thys & Trix

Deur Catherine Schenck. Foto’s: keyart.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eggenote Bouwer Bosch en Leandie du Randt-Bosch, skeppers van die film Thys & Trix, vertolk ook die hoofrolle van Thys en Trix, ’n broer en suster wat ywerige maar onbeholpe polisiemanne is. Hulle onderlinge getwis veroorsaak dat hulle geskors word omdat hulle weer eens die polisie in die verleentheid gestel het. Hul kaptein, speurder Solomons (vertolk deur Brendon Daniels), ondersoek ’n misdaadsindikaat wat vanuit ’n eksklusiewe gholflandgoed in Mosselbaai werk. Omdat Thys en Trix ’n “vanilla”-voorkoms het, word hulle gekies om deel te wees van die ondersoek om die aandag af te lei van speurder Solomons se ondersoek. Maar dié broer en suster moet voorgee dat hulle ’n getroude paartjie is, wat die situasie bemoeilik … Kort voor lank het hulle ’n lys verdagtes wat bestaan uit hul nuwe bure op die landgoed. En die vraag op almal se lippe is: Wie is betrokke by die vervaardiging en verspreiding van MTHC, ’n verlammende hallusinasiemiddel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit ook in Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Ivan Zimmermann, Chanelle de Jager en Carine Rous.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aksie-komedie Thys & Trix draai tans in fliekteaters.

keyart.co.za

Vertel ons meer oor jou karakter, Trix. En oor haar verhouding met haar broer, Thys?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Trix is ’n tomboy en ’n wildewragtig. Sy sien glad nie na haarself om nie en worry nie hoe sy lyk nie. Sy rook en skree heeltyd – al wat vir haar belangrik is, is dat justice seëvier en dis hoekom sy ook in die polisie is. Haar broer irriteer haar omdat hy so vriendelik en netjies is en sy kan hom nie verdra nie.

Vertel ons meer oor die plekke waar julle die fliek geskiet het

Ons het twee weke lank in die nag in ’n warehouse in Johannesburg geskiet. Dit was baie koud en vuil en  ongelooflik challenging. En toe daarna – en gelukkig nie voor die tyd nie – vir drie weke in Pinnacle Point in Mosselbaai. Dit was regtig mooi en so lekker. Dit het ons span nuwe lewe en ’n tweede asem gegee.

Is daar baie skop, skiet en … geslanery in hierdie fliek? Kon jy enige van jou eie “stunts” doen en indien wel, watter waagtoertjies?

Die fliek is nie so aksie-gedrewe nie en is eintlik meer van ’n komedie. En het ook nie regtig stunt scenes gehad nie, behalwe die een heel aan die begin waar ek bestuur en die kar moet handbreak turn – ek het ongelukkig ’n stuntie gehad wat dit namens my gedoen het. Dis te veel risiko vir produksie as ’n akteur wat nie professioneel in stunts opgelei is nie hul eie stunts doen. As iets moet gebeur, stop die hele produksie en tyd is geld.

Wat is jou gunsteling-oomblik in Thys & Trix?

Die opening sequence heel aan die begin. Dis great geskiet en aanmekaargesit.

Wat is die lekkerste ding wat jy vir Thys & Trix moes doen?

Dit was lekker om tydens die verfilming drie weke lank in Pinnacle Point te bly en om elke dag saam met my man werk toe gaan.

Kyk hier na die lokprent van Thys & Trix

Hierdie fliek handel oor ʼn broer-en-suster span. Jy het ook ʼn broer – moes julle ooit in ʼn span saamwerk? Hoe het dit uitgewerk?

Ek en my broer verskil vyf jaar, so nee, ons was nooit saam op skool of universiteit nie, maar ’n gesin is seker maar ’n span. En daar het ons soos enige broer en suster ’n bietjie baklei toe ons jonk was en hy het my lekker geterg. Maar van ek hoërskool toe en hy universiteit toe is, het ons net closer en closer geword. En soveel meer so met my ma se dood in 2014 en haar Alzheimers journey. Nou is ons onafskeidbaar en ek is so lief vir hom en baie dankbaar vir hom – ek slaap een keer ’n week by hulle oor.

Lees ook: Leandie du Randt en die mans in haar lewe

Jou loopbaan as aktrise het begin nadat jy by Brümilda van Rensburg ’n dramakursus gevolg het – wat jy in ʼn skoonheidskompetisie gewen het. Hoe was dit  om saam met so ’n legende te kon werk, en wat was die beste raad wat sy vir jou gegee het?

Haar beste raad was dat as ek ooit ’n villian speel, ek moet onthou dat die kykers steeds van haar moet hou en haar hart kan sien. So, ek wag vir daardie dag wanneer ek ’n villian gaan speel en ek sien uit. En wat ’n voorreg om haar as mentor en teacher te gehad het – ek is super blessed.

Watter rol, of tipe rol, sal jy nog baie graag wil speel?

’n Antagonis en psychologically disturbed karakter en ’n superhero.

Vertel ons meer van jou klerereeks, Skoonma Clothing. Hoe en hoekom het jy met hierdie projek begin? En dit het onlangs heelwat gegroei?

Dit is nou ’n jaar oud en ons het lekker gegroei. Ek is so dankbaar. Skoonma Clothing het in my skoonma se werkskamer in Potch begin met al my ma se ou patrone en masjien. Ek wil skeppings maak wat ek in tweedehandse winkels, op Europese runways en in die strate sien, maar nêrens in ons winkels nie. Ons is nog klein en eksklusief maar ons hoop om mettertyd werk vir baie mense te kan skep! Die klere is slegs aanlyn beskikbaar by www.skoonma.com en ons launch net elke tweede week drie items waarvan daar beperkte hoeveelhede beskikbaar is. So vroue moet spring om nie laat te wees nie. Hulle kan hul e-pos gaan subscribe onderaan ons tuisblad om eerste te weet van enige nuwe items voor ons dit op sosiale media bekend maak.

Lees ook: Leandie du Randt gesels oor nuwe projek

Hoe gaan jy te werk met die ontwerpe, om materiaal  te kies, ensovoorts?

Ek besluit op designs wat ek wil bekendstel en werk dit in ’n skedule in, en dan begin ’n ongelooflike vrou, Ennie van George, met die patrone en samples en die span vroue in George maak dan die items soos die items launch en bestellings inkom. Ons maak niks vooruit nie maar slegs soos wat bestellings inkom. Dit maak dit meer spesiaal vir die mens wat dit bestel omdat dit dan spesiaal vir haar gemaak word. Die span vroue in George vervaardig deesdae ons klere omdat my skoonma nie kon byhou nie, hoewel sy nog ’n paar items per reeks en seisoen vooruit maak wanneer sy kans kry.

Wat doen jy wanneer jy nie werk nie?

Ek werk. Ha-ha. Ek spot altyd en sê ek werk nooit nie maar ek werk heeltyd. Ek hou van my werk, maar ek moet sê series en flieks kyk op ons bank saam met my man met ’n chippie is alles! So ook ’n braai en rooiwyn by my broer-hulle, of ’n lekker dinner out saam met my guuuurls!

As jy vir Bouwer in een sin moes opsom, wat sou dit wees?

Bouwer is ’n unapologetically kind and genuine mens wat my elke dag iets van Jesus se sin vir humor en sy kalm en vergewensgesinde hart laat beleef.

Lees ook: Bouwer Bosch gesels oor Thys & Trix

Jy word vanjaar dertig. Waarna sien jy uit in jou dertigerjare?

Om minder van ’n people pleaser te wees en werklik uit te leef wie ek is en nie te probeer wees wat mense van my verwag om te wees nie. Ook om regtig te leer om “nee” te sê vir mense en dinge wat nie my level van energie bevorder nie.

Watter raad sou jy aan jou jonger self gee?

Om elke liewe oomblik en fase waardeur jy gaan present te wees en te waardeer en daaruit te leer – jy kan nooit fail nie, jy kan slegs leer. So haal daai las van jou skouers af, en besef dat amidst anything is daar altyd iets om voor dankbaar te wees. So ook om werklik dankbaar te wees vir alles dan – ek het eers die leefstyl begin toe ek 24 was en wens ek het al toe ek vier was. Dankbaarheid is magic!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

6 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.