Margaret se Wêreld: Barcelona Dag 2

Margaret se Wêreld: Barcelona Dag 2, deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Queen-vertoning

Die son het die lug in sagte vrugtekleure verander: Sagte appelkoos, ’n bietjie perske en ’n paar pers druiwekorrels aan die hemelruim buite die Palau Sant Jordi-stadion in Barcelona. Ja, dis daardie stadion waar die opening en afsluiting van die Olimpiese Spele in 1992 geskied het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bohemian Rhapsody, die rolprent wat deur die groep Queen geïnspireer is, word later vanjaar uitgereik. Queen was ook tydens my besoek aan Barcelona in die stad en ek wou graag hul vertoning bywoon. Ek was veral opgewonde om te hoor wat Adam Lambert, die wenner van American Idol, met die ikoniese liedjies sou doen. Freddie Mercury het ’n legendariese stem gehad en hy het ’n groot aandeel gehad in verskeie van die Queen-treffers van die jare sewentig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My sitplek was na aan die verhoog en ’n feestelike atmosfeer het in die stadion geheers. Deesdae is konserte net soveel ’n visuele vertoning wat die gehoor betower (Gaan loer na my Instagram-rekening om ’n paar videos te sien …). In die eerste derde van die vertoning het hulle minder bekende liedjies gesing en dit was nie so suksesvol nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Brian May het sy reputasie as top-kitaarspeler gestand gedoen, maar ’n mens het ook gevoel dat hy in die afwesigheid van Freddie Mercury sy plek in die kollig opgeëis het. Daar was daar byna geen oomblik wat hy nie naby Adam op die verhoog was nie. In ’n stadium is May omtrent twintig meter opgeskiet op ’n verhoog met oranje rook en ’n “Marsagtige” beeld agter hom op die skerm. Strale het oor die verhoog geskiet en op May gefokus wat indrukwekkend oor sy kitaar gebuig het. Die gedoente het myns insiens te lank geduur.

Die laaste derde van die konsert was die wag werd, want Lambert se stem het die note van We Are The Champions, I want to Break Free en Bohemian Rhapsody perfek vasgevang. Hy het al die toptreffers gesing en ’n mens het die konsert opgewonde en tevrede verlaat – maar miskien ook met die gevoel dat goeie redigering dit ’n baie beter konsert sou maak.

Dag twee in Barcelona

Die Arts-hotel is pragtig en een van die hoogste geboue in Barcelona. Ons het op die 41ste verdieping ’n onderhoud gedoen met Sverrir Gudnason, wat Bjorn Borg in die fliek McEnroe v Borg speel, sowel as die joernalis in Mikael Blomkvist se komende The Girl in the Spider’s Web.

Sylvia Hoeks, wat so ’n indruk in Blade Runner 2049 gemaak het, was uitgevat in ’n tulp-klokbroek en sexy stewels met knope. Haar T-hemp het haar mooi lyf beklemtoon en haar hare was agteroorgekam wat haar Nederlandse beenstruktuur tot sy reg laat kom het. Die pièce de résistance was die bolla wat met ’n klein, stywe swart tou vasgebind is. Sy het gelyk of sy pas uit Vogue gestap het.

Sylvia Hoeks lyk soos ’n Vogue-model.

Ons het ook onderhoude gevoer met Aneesh Chaganty, die regisseur van Searching, Yann Demange, regisseur van White Boy Rick, en Jason Reitman, regisseur van The Front Runner, ’n storie oor Gary Hart. Hart was die voorloper in die Amerikaanse presidensiële wedloop toe die media die storie van ’n buite-egtelike verhouding oopvlek. Die fliek ondersoek die invloed van skinder- en vermaaklikheidsjoernalistiek teenoor neutrale beriggewing en die weergee van feite. Hugh Jackman speel die hoofrol.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Barcelona dag 1

Dit was ’n lang dag, ek was steeds siek en  vlugvoosheid het ook vastrapplek gekry. Ek is terug na my hotel vir ’n siësta, het my wekker gestel en medisyne gedrink.

Maar ek is in Barcelona! Ek kon slaap of ek kon probeer om die stad te sien. Miskien kon ek albei doen?

’n Uur later was ek wakker en het by die concierge gaan navraag doen oor ’n toeriste-bustoer deur die stad. Ek het agtergekom dit is ’n goeie manier om ’n plek te sien, en om eerlik te wees, ek was te pap om die stad te voet te verken.

Ek het ’n paar blokke na die oplaaipunt van die dubbeldekkerbus gestap, die oorfone aangeskakel wat die toergids se praatjies in Engels vertaal en rustig teruggesit. Ons het langs die strand gery wat na die stad lei. Barcelona het ongelooflike geboue, die argitektuur is natuurlik hoofsaaklik Gaudi se werk. Jy moet vooraf bespreek om sy werk te besigtig, wat ek nie gedoen het nie, en ek moes uit die bus daarna kyk. Die bokant van die bus is oopgemaak sodat ons goeie foto’s kon neem.

Die Torre Agbar, ook bekend as die Torre Glories

Ons het oorkant die Torre Agbar ’n blaaskans geneem. Die gebou lyk soos die Gherkin-gebou in Londen, (beter bekend as 30 St Mary Axe). Torre Agbar, nou bekend as Torre Glòries, is die derde hoogste gebou in Barcelona en ontwerp deur die bekende argitek Jean Nouvel. Die gebou is indrukwekkend, maar niks vergelyk met Gaudi se werk nie, veral die Sagrada Familia, ook bekend as The Great Unfinished Work. Die groot man het gesterf voordat hy die kerk kon voltooi, en tot vandag toe is die hyskraan-strukture deel van Gaudi se skepping. Terwyl ons nader ry, kon ek glimpse deur die geboue en boomtoppe sien. Dit was opwindend en ek was gelukkig! Die bus het voor die Sagrada Familia stilgehou en ek kon baie foto’s neem. Daar is so baie om te sien, maar ’n vriend wat by my aangesluit het, het voorgestel dat ons dit in Park Guell waag sodat ons van Gaudi se werk sonder kaartjies kan besigtig. Die pad was steil en my brongitis-longe kon die inspanning voel.

Die hyskrane om Gaudi se Sagrada Familia is so te sê al deel van die argitektuur.

Ek het stadig na bo gestap en van daar was die klimmery makliker. Tot ons teleurstelling was Gaudi se huis ook net toeganklik vir mense met kaartjies. (Net soos die ander groot toeristeplekke in die park.) Maar die staptog na die werk, wat blykbaar deel uitmaak van Carmel Hill, asook die paaie wat lei tot die viadukte (wat lyk soos modderpalms met groen vere) kan sonder toegangskaartjies besigtig word. ’n Mens kan ook toegang verkry tot die Austria Gardens, hoewel jy moet betaal om toegang te verkry tot die Griekse Teater, ook bekend as die Nature Square. Die klimmery is die moeite werd vir iemand soos ek wat nie geweet het jy moet so lank vooruit kaartjies vir toeriste-aantreklikhede bespreek nie. Die uitsig oor Barcelona is ongelooflik.

In Gaudi se Park Guell, Barcelona

Die Viadukte in Park Guell

Die uitsig.

My longe kon later nie meer nie en ons moes terugkeer bus toe. Ek het begin bewe, al was die temperatuur matig. Dit was byna agtuur toe ek die paar blokke langs die strand teruggestap het na my hotel. ’n Warm stort, kamerdiens en broodnodige slaap was wat ek nodig gehad het.

Ek moes die volgende dag pak voor die laaste onderhoud met The Crown se Claire Foy, wat die hoofrol oorgeneem het van Lisbeth Salander in The Girl in the Spider’s Web. Daarna sou ek ’n vlug neem na Londen. Maar ek moes eers slaap inkry.

En Barcelona sal my beslis weer sien.

Ek het baie siek gevoel, maar ek was opgewonde om in Gaudi se Park Guell te wees!

Volg gerus vir Margaret op Instagram (@margaret_gardiner) en op facebook (@margaretgardinerofficial) om op hoogte te bly met haar reise.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.