kategorieë: Bekendes

Leandie du Randt-Bosch: #NoOneCanBeatYouAtBeingYou

Ons gesels op ’n lieflike sonskyndag (Lentedag, om presies te wees), met die pragtige, borrelende Leandie du Randt-Bosch by haar en manlief Bouwer Bosch se woonstel in Johannesburg. Leandie lyk funky in blou denims en ’n kort swart hempie. Haar lang blonde lokke hang oor haar skouers en haar vriendelike gesig laat mens onmiddellik welkom voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Leandie, wat bekendheid verwerf het in onder meer die kykNET-programme Getroud met Rugby en Binnelanders, en in verskeie flieks soos Die Windpomp, Strikdas, Mooirivier en Hollywood in my Huis te sien was, se borrelende persoonlikheid en geloof is die rede vir haar sukses. Sy geniet haar loopbaan so baie dat sy sê dit voel of sy nog nie een dag in haar lewe gewerk het nie. “Ek moet myself elke keer nog knyp. Ek is so lief vir wat ek doen dat ek half skuldig voel. Ek is baie bevoorreg om te kan doen wat ek doen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Leandie, wat vanjaar agt jaar in die bedryf is, glo dat elke fase in haar loopbaan uniek was en het elke keer op die regte tyd gebeur dat sy nie ’n enkele rol kan uitlig wat as hoogtepunt uitstaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Leandie du Randt en die mans in haar lewe

Min mense weet dat Leandie Bedryfsielkunde gestudeer het voordat sy in die filmbedryf betrokke geraak het. Sy glo dat sy dit moes studeer om onder meer haar boek (Gemaklik In Jou Eie Lyf), te kon skryf en om beter vir rolle voor te berei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek kan nie dink dat ek ooit drama sou kon doen sonder my sielkunde nie”

#NoOneCanBeatYouAtBeingYou

In Leandie se vertoning, #NoOneCanBeatYouAtBeingYou, sing die gewilde Irene-Louise van Wyk vir 45 minute, waarna Leandie op die verhoog kom en vir ongeveer een uur met die gehoor gesels. Die praatjie handel nie oor Leandie se boek nie, dit is meer ’n tipe van ’n “lokprent”. Terwyl die boek ’n werkboek van 21 dae is wat jou help om jouself te leer ken, handel die praatjie oor hoekom jy dit wil doen. Leandie wil deur haar praatjie mense bewus maak van die feit dat elke persoon uniek is en dat niemand soos jý is nie. “Jy moet ophou om jouself te vergelyk, want no one can beat you at being you.” Op die ou einde wil sy mense help om op te daag vir hul lewens en om te laat gaan van vergelykings met ander mense.

“Jy moet self-aware wees om te kan groei”

Die laaste been van die vertoning word op 30 September 2016 by Emperors Palace aangebied. Leandie is uiters opgewonde, veral omdat die kaartjies uitverkoop is. “Ek het nooit in my lewe gedink dat ek ’n teater by Emperors sou kon doen nie.”

Jagveld

Leandie is ook volgende jaar in ’n nuwe aksiefliek, Jagveld, deur die bekende skrywer Deon Meyer te sien. Leandie speel saam met mede-akteurs Neels van Jaarsveld, Tim Theron en Bouwer Bosch. “Die ding wat ek die meeste geleer het en wat vir my die grootste uitdaging was, was om my eie ek opsy te skuif en ’n nuwe persoon te skep met wie ek glad nie kan relate nie.”

Leandie as Emma in Jagveld:

Wat wag volgende op Leandie

Leandie gaan in 2017 as vervaardiger optree waar sy saam met Bouwer aan ’n nuwe fliek gaan werk. Sy kan nog nie veel daaroor uitbrei nie, maar sy is baie opgewonde om agter die kameras te werk. Verder werk sy ook aan ’n konsep vir ’n tweede boek wat waarskynlik in 2018 bekendgestel sal word.

Besoek Leandie se Facebookblad vir meer besonderhede oor #NoOneCanBeatYouAtBeingYou.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.