kategorieë: Reis

Reis na Praag

Ek maak myself skraal teen die hoek van die gebou om onder die reëndruppels uit te bly. Ek en die twee tasse pas net-net onder die dak se oorhang in. Die man oorkant die straat op die kroeg se trappie sit my geamuseerd en dophou. Die bierbeker op die grond tussen sy voete in gaatjie-Crocs is amper leeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Gmf! Elfuur, nie ’n bietjie vroeg vir bier nie?” wil-wil ek my neus optrek, maar besef toe ek staan op ’n straathoek in Praag, hoofstad van die land waar daar in 2014 143 liter bier per persoon gedrink is. (Ná die vier dae in die stad lyk dit vir my na ’n konserwatiewe syfer.) Indien die spesifieke kroeg die Crocs-man se gewone uithangplek is, moet hy honderde toeriste soos ek per dag sit en aanskou. Effe verlore, effe nat en swetend met wieletjiestasse wat sukkel oor die antieke, gladde keistene teen die steil opdraand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nerodovastraat

“Ons is op die regte plek, hierdie is Nerodovastraat. Die hotel is net hoër op teen die bult,” praat my man agter my terwyl hy die nuutgekoopte padkaart opvou en in sy hempsak druk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons begin die tasse teen die steilte opsleep, sukkel op die een-mens-breë sypaadjie tussen baie ander toeriste. My voete en kuite protesteer oor die ongewone, skielike ooreising en ek begin benoud raak oor die volgende tien dae se baie stap.

“Is jy by?” praat my man later van ’n paar treë vorentoe af oor sy skouer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Asem om te antwoord het ek nie, die opdraand is vreeslik! By die huis het ek my man se minimalistiese tasinhoud bekyk terwyl ek diskreet op my tas se hoeke geleun het om dit toe te kry. Nou is ek spyt, die ekstra skoene en baadjies maak moeilikheid. Dankie tog vir wieletjies!

“Aa, ons is hier!” soete woorde wat hy net op daardie oomblik uiter. Ons is voor die deur van Design Hotel Neruda – ons tuiste vir die volgende vier dae. Vriendelike ontvangs, heerlike koffie en ’n belofte van gratis koek elke middag van vieruur af! Behalwe bier, is ons dan nou nie in die land van sjokolade, koek, “pastries” en Trdelnik nie?

Ons blyplek, net onder die Praagpaleis se muur, is op die antieke, koninklike roete van die bekende Charles-brug af na die paleis. Dieselfde middag nog begin ons Praag-ekskursie by die paleis.  St Vitus-katedraal, St George’s Basilika, Golden Lane, deel van die grootste, antieke paleiskompleks in die wêreld wat uit die negende eeu dateer. Tans die amptelike woning van die president van die Tjeggiese Republiek.

Die steil opdraand paleis toe, bring ’n bonus – ’n mark! Oulike houthuisies waar kos, aandenkings en Trdelnik verkoop word. Ons eerste kennismaking met hierdie plaaslike lekkerny laat my besef as ek enigsins in my klere wil bly pas, sal ek ernstige selfbeheersing moet toepas, want dis só lekker dat ek dit soggens tot saans sal eet. Repe deeg wat om hout- of metaalsilinders gedraai word en oor kole gebak word, word in warm kaneelsuiker en neute gerol en les bes, indien ’n mens verkies, met Nutella aan die binnekant beplak. O! Ons verkies dit beslis! Hemels!

Trdelnik

Hier neffens die paleishek is ’n Starbucks – op die lys van “The best Starbucks Patios around the globe”. Die sogenaamde “majestic views” waarvan die webwerf vertel, is asemrowend! (Sien hooffoto).

St George’s – die oudste kerk in die paleiskompleks dateer uit 920, maar St Vitus se uiterlike indrukwekkendheid oorskadu die geboue rondom en dreig om ’n mens met detail te oorrompel nog voordat jy by die deur in is. Ek kan nie ophou kyk na die goue mosaïek bokant die koninklike ingang aan die buitekant nie en met die instap lei die menigte marmerpilare wat ten hemele strek ’n mens so oë opwaarts.  Hierdie katedraal is in 1344 begin en het ses eeue geneem om te voltooi. Met nederigheid kan ek my maar net staan en verwonder oor dié tydperk se mense wat met beperkte kennis en toerusting sulke grootsheid kon vermag. Geen moeite en koste te veel nie, geen detail te gering nie, geen tyd te lank nie.

Goue mosaïek

’n Mens kan ’n hele dag hier verwyl, maar die res van Praag wag … Charles-brug, ons is op pad. Gelukkig hierdie keer genadiglik áf teen die steil bult.

St Vitus-katedraal

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.