kategorieë: Bekendes

Paralimpiese Spele: nóg dubbele goud vir SA

Ernst van Dyk (43), ’n ou bekende in die wêreld van handfietsry en Paralimpiese spele, het gister eerste geeïndig in die padwedren vir handfietse (H5). Dit is vanjaar sy sewende en laaste Spele. Van Dyk het saam met Alessandro (Alex) Zanardi van Italië en die Nederlander Jetse Plat oor die wenstreep gery (in ’n tyd van 1:37:49), maar omdat van Dyk se voorwiel eerste oor die wenstreep is, is hy as die wenner gekroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op dieselfde dag, en gedurende dieselfde 30 minute, het die spiesgooier Reinhardt Hamman ook ’n goue medalje gewen! Hamman se gooi van 50.96 m in die spiesgooi vir mans (F38) is ’n nuwe Suid-Afrikaanse én Afrika-rekord. Colombia se Luis Fernando Lucumi Villegas was tweede met sy gooi van 49.19 m terwyl Javad Hardani van Irak die bronsmedalje verseker het met ’n gooi van 48.46 m.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika het nou 11 medaljes in totaal by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio.

Lees ook: Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 14-jarige van SA wen in Rio

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

23 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.