Foto Pexels
Kinders stel selde belang in ’n onderwerp waarvan hulle niks weet nie. Al het ouers min tyd, kan hulle gereeld ’n kwartiertjie afknyp om hul kind aan interessante onderwerpe bloot te stel. Kleurryke, fassinerende boeke vir laerskoolkinders oor ’n magdom onderwerpe brei sommer Pa en Ma se algemene kennis ook uit!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
My eerste ensiklopedie (LAPA, 2016, oorspronklik deur Dorling Kindersley)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hierdie luukse boek met meer as 300 pragbladsye neem jou op ’n opwindende reis van verskillende lande, kulture, geskiedenis, die natuur, ekosisteme, en die wêreld van wetenskap – van hoe tegnologie werk tot hoe jou liggaam funksioneer. Daar is tien afdelings en oral kry jy:
Uitgewersprys R400 – meer inligting by www.lapa.co.za of 012 401 0700; ook beskikbaar by uitgesoekte winkels.
Hoekom? Ensiklopedie: Briljante antwoorde op kopkrapvrae (LAPA, 2016, oorspronklik deur Dorling Kindersley)
Jong slimkoppe wat vrae vra soos: Waarvan is Saturnus se ringe gemaak? of Hoekom is ek kielierig?, sal hierdie interaktiewe vraag-en-antwoordboek nie kan uitlos nie. Daar is afdelings oor die ruimte, die aarde, die lewende wêreld, geskiedenis, die wetenskap, en die menslike liggaam – onderwerpe waaroor kinders graag meer wil leer. Elke bladsy is vol kort en maklik verstaanbare brokkies in verstommend mooi Afrikaans en prag-illustrasies wat sommer dwarsoor ’n bladsy kan strek.
Uitgewersprys R270 – meer inligting by www.lapa.co.za of 012 401 0700; ook by uitgesoekte winkels.
Children’s Facts (MapStudio, 2016)
Dié boek vol “het jy geweet?”-feite verskaf ure se pret vir agies van ses tot 60+. Daar is honderde feite, statistieke, kaarte en illustrasies, almal deeglik nagevors. Dis ’n nuttige hulpmiddel in die klaskamer of vir skooltake, of sommer vir saam loer wanneer die TV-programme maar so-so is. Onderwerpe sluit in:
Boeke, flieks, silwerdoeksterre, bekendes, godsdiens, kos, winkels, speelgoed, speletjies, tegnologie, loopbane, rykdom, standbeelde, wêreldgeskiedenis, geboue, die natuur, dorpe met die vreemdste name, en modes.
Uitgewersprys R120 – beskikbaar by www.mapstudio.co.za of 0860 10 50 50 en uitgesoekte winkels.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.