LiG-WeG het so middel 2012 die mark betree en het ontstaan vanuit ’n begeerte om musiek te maak wat iets kan nalaat in elke persoon se hart. Ons doel is om hoop te gee en al klink dit hoe eenvoudig, is dit die boodskap van ons musiek: Hoop. LiG-WeG is ’n gospel-groep, met ’n moderne aanslag. Ons musiek is meer gemik op die jonger gehoor, maar dis darem nie so “in your face” dat ouer mense nie ook daarna kan luister nie. Ons is glad nie skaam oor ons geloof nie en tydens optredes probeer ons soveel moontlik mense bereik en herinner dat daar Hoop is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit sluit aan by ons boodskap: ons hoef nie in die donker rond te val nie, daar is ’n verligte weg vir ons na Hom toe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dit is ’n kombinasie tussen rock en kontemporêr, met ’n Gospel-aanslag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit is vir ons ’n groot voorreg en seën. Tydens die eerste album vind mens mos maar jou ritme en stem, maar met die tweede album het jy jou klank gevind.
Alles is ons eie, oorspronklike musiek. Dit is steeds LiG-WeG, maar daar is ’n groter verskeidenheid op die album. Soos genoem, probeer ons om vir ’n groter mark musiek te maak. Ons het einde 2015 by NEXT Music geteken en die voorreg gehad om toe by Fresh Cut Records die album op te neem. Dit het lang aande en harde werk geverg maar dis altyd die moeite werd as jy hoor hoe alles in plek val en ’n nuwe liedjie gebore word.
Baie mense leef elke dag vasgevang of in ’n gevangenis van verslawing, vrees, die verlede. Maar totdat ek en jy besef ons is vry en dat die losprys betaal is, sal ons voortgaan met ’n lewe van hopeloosheid. Die boodskap van die album is dus dat ons tot die besef moet kom dat ons vry is as gevolg van Sy losprys.
Hoop, eenvoudig net Hoop. Dat Iemand jou naam ken.
Ons tree tans soveel as moontlik op, maar ons beplan ’n groot toer vir 2017.
Ons beplan ’n DVD en nog video’s.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.