kategorieë: GrimeringSkoonheid

Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bepaal jou velondertoon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou vel se ondertoon moenie met jou velkleur verward word nie. Terwyl die natuurlike kleur van jou vel dít is wat jy kan sien as jy in die spieël kyk (met ander woorde hoe lig of donker jou vel is), verwys jou ondertoon na die skakering onder jou vel se oppervlak. Dit bepaal watter kleur kledingstukke, hare en juwele die beste by jou pas – en dieselfde geld ook vir grimering.

Maak seker jy watter van die drie velondertone jou die beste beskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koel ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n rooi, pienk of blouerige skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon blou.
  • Silwer juweliersware lyk die mooiste op jou.
  • Jy brand rooi as jy tyd in die son deurbring.

Kies hierdie kleure:

Nes jou velondertoon behoort ’n lipstiffie met ’n koeler ondertoon pragtig by jou te pas. Jy wil dus kleure met blou of perskleurige ondertone hê – dink byvoorbeeld aan ’n skakering van dieppruim en kersierooi (in plaas van ’n rooi wat meer neig na oranje). As jy ’n natuurliker kleur verkies, stel ons voor jy fokus op roos- of pienk vleeskleurige skakerings.

Lees nog: Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi

Warm ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n goue, gelerige of olyfkleurige skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon groenerig.
  • Goudkleurige juweliersware lyk die mooiste op jou.
  • Jou vel word bruin eerder as rooi as jy tyd in die son deurbring.

Kies hierdie kleure:

Warm skakerings is perfek vir jou gelaat en sal jou vel waarskynlik die beste komplementeer. Hier werk lipstiffies in kleure van baksteenrooi-, terracotta-, koper- en oranjerooi die beste.

Neutrale ondertoon

Hierdie eienskappe beskryf jou goed:

  • Jou vel het ’n pienk en geel skynsel.
  • Die are aan die binnekant van jou pols vertoon blou én groen.
  • Jy lyk goed in silwer- en goudkleurige juweliersware.

Kies hierdie kleure:

Daar is werklik nie ’n reg of verkeerd vir diegene met ’n neutrale ondertoon nie – enigiets van ligte vleeskleurige skakerings tot ’n dieprooi sal lieflik lyk. Hier kan dit wel tot jou voordeel wees om jou velkleur in ag te neem. As jy ’n ligte vel het, sal jy goed met ligpienk skakerings lyk. ’n Medium velkleur gaan uitstekend gepaard met ’n lipstiffie in skakerings van ligpers, terwyl ’n donkerder vel pragtig met bessiekleurige lippe lyk.

Woorde: Bianca Muller

Lees nog: Ons top tien-wimperwenke

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.