kategorieë: DekorLeefstyl

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad  deur Catherine Schenck. Foto’s: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lize Vermeulen het by ons KANSA-tee 2018 die dekor bemoedig – en dit het ongelooflik gelyk! Ons het ’n bietjie met hierdie formidabele vrou gesels om meer uit te vind oor haar werk en sy deel ’n paar onthaalgeheime wat handig te pas sal kom by vanjaar se KANSA-tee en die feesseisoen wat net om die draai is …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vertel ons ʼn bietjie meer van jouself en oor Organizit

Ek het altyd die visie gehad om ‘n sakevrou te wees en wou selfstandig wees en my passie uitleef. Ek het die perfekte geleentheid in die gasvryheidsbedryf gesien. Ek het ‘n graad in voedsel- en drankbestuur en het reeds in 2002 die bedryf betree.

Ek het in 2016 amptelik by die Organizit-span aangesluit toe ek  die Centurion-tak geopen het, en het Organizit SA sedertdien oorgeneem.

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

2. Jy het ʼn baie interessante werk! Hoe lyk ’n dag in jou lewe?

Elke dag is gevul met soveel inspirasie, ek ontvang daagliks baie navrae wat die eerste kontakpunt met ‘n kliënt is, daarna het ek heelwat vergaderings met kliënte en verskaffers, wat gevolg word deur intensiewe navorsing vir elke spesiale geleentheid. Ek geniet elke aspek van die besigheidsmodel en navorsing.

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

3. Wat is die lekkerste deel van jou werk? En die moeilikste?

Ek is heeltemal versot op die oomblik wanneer die eregas opdaag vir die spesiale dag en ek kan deel in die oomblik wanneer die stilering al hul verwagtinge oortref en blywende herinneringe kan skep. Nadat ek so nou saam met elke gesin aan hul unieke viering gewerk het, word my kliënte soos ‘n gesin en raak ek betrokke by al hul spesiale vieringe.

Om nuwe inspirasie te kry kan uitdagend raak, maar elke nuwe kliënt bring ook sy persoonlikheid as inspirasie vir my.

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

4. Is daar ʼn spesifieke geleentheid wat jy al georganiseer het wat vir jou uitstaan?

Organizit se visie is om elke kliënt soos ‘n koninklike te laat voel, en om te gee is baie meer vervullend as om te onvang. Ek is gek daarna om deel te wees van enige liefdadigheidsgeleentheid en ‘n geselligheid soos die Kansa-tee staan beslis vir my uit omdat die geleentheid soveel sterk vroue se waardigheid en oorwinning vier.

As jy vanjaar saam wil kom kuier, loer hier vir meer inligting oor ons Bloemfontein en Stellenbosch KANSA-tee!

5. Jy het ook ʼn program, Makietie-makers, op VIAtv wat jy saam met Hanna Grobler aanbied. Vertel ons meer hiervan.

Ons het twee jaar gelede aan die konsep van ‘n program begin werk, en toe vir Hanna gevra om die program aan te bied. Die program het my so diep geraak en elke gas op die program het ‘n baie spesiale plek in my hart. Ek glo dat ons kon saai in hierdie program en daardeur ‘n verskil kon maak, al was dit net om iemand se dag op te helder.

Ek het ook saam met heelwat verskaffers vir die kykers ‘n klomp doen-dit-self wenke gegee sodat hulle ook die geleentheid kan hê om ‘n pragtige geselligheid aanmekaar te sit. Ons is oorweldig deur die wonderlike terugvoer oor die program en almal geniet die wenke.

6. Wat is op die oomblik die groot tendense in tafel- en partytjiedekor en –temas?

Die grootste tendense sluit beslis massiewe ballonstrukture in, gevolg deur houtpilare en baie vars blomme.

Ons is gek daarna om groot ligletters van sowat ‘n meter by die geleenthede te voeg, afgerond met die wonderlikste eetgoed vanaf ons verskaffers wat elkeen in sy veld spesialiseer.

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

7. En wat is heeltemal uit?

‘n Oormaat suiker behoort tot die verlede. Mammas verkies gesonder opsies vir die kinders, en omdat soveel meer mense aan intoleransies blootgestel word, het die tendense beslis na ‘n gesonder, less is more– benadering verskuif.

Pleks van die gewone partytjiepakkie wat ons ken, plaas ek leë partytjiepakkies op die tafels sodat die gaste hul eie boksies kan vul.

8. Die tema van vanjaar se KANSA-tee is “Blom in volkleur”. Watter raad sal jy aan gasvroue gee oor hierdie tema?

Hierdie tema maak my ontsaglik opgewonde, dit het geen grense nie en eindelose moontlikhede.

Onthou om jou kleurwiel in ag te neem. Ek verkies om met drie kleure te begin werk en daarop te bou – om dan goud, silwer of roosgoud by te voeg en die tafel met  liggies of kerse op te helder.

Onthou dat alle vroue gaande is oor ietsie wat hulle huis toe kan neem, en ek hou daarvan om vir elke vrou ietsie kleins met ‘n boodskappie op die tafel te los, asook ietsie om aan te peusel wanneer hulle opdaag.

9. Wat, volgens jou, is die belangrikste deel daarvan om ʼn tafel te stileer, en om by so ʼn geleentheid gasvrou te speel?

Die belangrikste is beslis om by die tema te bly en die etiket in ag te neem. Ek werk baie rustiger as ek vooraf alles beplan, teken en lysies maak sodat ek nie van iets vergeet nie. Onthou om tydskrifte en Pinterest te gebruik vir inspirasie en om op die hoogte van nuwe tendense te bly.

Beplanning speel klaar met alle bekommernisse en verseker dat jy op jou beste kan wees en die geleentheid as gasvrou saam met jou gaste kan geniet. Wees net jouself en geniet die oggend saam met jou vriendinne of familie.

Koester die tyd saam en moenie vergeet om baie foto’s te neem nie.

9. En wat kan gasvroue gerus maar uitlos? Hoekom?

Ons vroue is ons altyd bang ons vergeet iets, of die kos is te min … Stap weg van die vrees en gebruik Pinterest of resepteboeke om vir jou die geskikte riglyne te gee.

Probeer om nie oorboord te gaan nie, want dan dwaal jou oog en jy kan nie fokus op al die moeite wat gedoen is nie.

Probeer die fieterjasies uitskakel en ‘n fokuspunt skep, eerder as om ‘n klomp verskillende elemente saam te gooi.

10. Wanneer jy ʼn partytjie beplan, dink mens gewoonlik net aan die verantwoordelikhede van ʼn gasvrou. Maar wat is die moets en moenies van gaste?

Ek dink die grootste teleurstelling vir ‘n gasvrou is as iemand ‘n paar minute voor die tyd kanselleer nadat hulle maande lank aan die geleentheid beplan en soveel moeite gedoen het. Of as ‘n gas glad nie die moeite doen om te RSVP soos versoek nie. Respekteer jou gasvrou deur betyds te RSVP, en as jy nie seker is of jy die geselligheid sal kan bywoon nie,  antwoord dan so, eerder as om op die nippertjie te kanselleer.

Hier is ‘n paar moet en moenies:

  • Doen moeite met jou voorkoms. Trek jou gunsteling-uitrusting aan of skaf vir jou ‘n nuwe uitrusting aan.
  • Moenie aanvaar dat jy nog iemand kan saambring nie, gesels vooraf met jou gasvrou hieroor.
  • Wees betyds sodat jy reeds rustig sit wanneer die verrigtinge begin.
  • Onthou om jou selfoon se klank af te skakel sodat dit nie steur nie.
  • Onthou om jou gasvrou te bedank vir die oggend en al die moeite wat sy gedoen het.

Lize Vermeulen van Organizit gee partytjieraad

Borge wat saam met Lize en Organizit gewerk het om ons BBP-tafels te versier is die volgende:

Organizit Party Styling

Kuier gerus saam op facebook, twitter, en Instagram

Lampyridae Lights

Kuier gerus saam op facebook en Instagram

Sugar & Eggs

Kuier gerus saam op facebook, twitter en Instagram

Raslow Kaste & Meubels

Kuier gerus saam op facebook

Royal Flowers and Functions

Kuier gerus saam op facebook

Bake My Day

Kuier gerus saam op facebook en twitter

Cocovanilla Foods

Kuier gerus saam op facebook en Instagram

Choctique Handmade Chocolates

Kuier gerus saam op facebook

Donut Cakes

Kuier gerus saam op facebook

JAPS Printing

Kuier gerus saam op facebook en Instagram

Bocci Box

Kuier gerus saam op facebook en Instagram

Marley Roofing

Kuier gerus saam op facebook

Weldhagen Eggs

Kuier gerus saam op facebook

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.