kategorieë: WenkeSkoonheid

Vrouemaand: #VrouVanDieweek: Isabel Roos

Vrouemaand: #VrouVanDieweek: Isabel Roos deur Suzanne Kotzé. Foto: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#VrouVanDieWeek

Om Vrouemaand te vier, gesels ons skoonheidspan met inspirerende vroue in die skoonheidsbedryf om meer uit te vind oor hul loopbane, belangstellings, en skoonheidsraad.

Ons het reeds met Carina Franck, Dr. Maureen Allem, en Dr. Judey Pretorius gesels. Vandag praat ons met Isabel Roos van die Isa Carstens-akademie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer het jou ma Isa Carstens gestig?

Sy het in 1967 ’n klein skoonheidsalon op Ceres geopen en in 1970 het die salon saam met die gesin na Stellenbosch verhuis. Eers agt jaar (1978) later het dit in ’n gefokusde opleidingsakademie ontwikkel.

Hoe oud was jy?

Ek is die jongste van vier kinders, en was nog in my laerskooljare toe ons Stellenbosch toe verhuis het. Ek was in matriek die jaar toe sy die skool begin het.

Wou jy altyd ook by die onderneming betrokke wees?

Hoewel ek altyd deel van my ma se lewe was, was dit nie iets wat ek van die begin af wou doen nie. Ek het ná skool eers vir ’n ander kursus ingeskryf, maar halfpad deur die eerste paar weke het ek besef dit is nie wat ek wou doen nie. Ek het toe tydelik by die Akademie begin werk tot ek kon besluit wat om te studeer. Wel, en hier is ek steeds! Ek vier in Augustus my 32ste jaar hier by Isa. Wat ’n reis, belewenis en voorreg!

Aan watter van jou ma se besigheidsbeginsels heg jy die meeste waarde?

Haar hart vir ontwikkeling en groei – van die student tot die bedryf. Daar is so baie om te noem – haar hoë morele waardes, haar etiek, integriteit, eerlikheid en geloofwaardigheid.

(Met die tong in die kies: sy het altyd gesê dit is vir haar beter om belasting te betaal as nie. Dit het my laat nadink en besef sy was tog so reg).

Wat sou jy doen as jy nie by die akademie betrokke geraak het nie?

Sjoe, ek weet nie, want is jou pad nie vir jou uitgelê nie? Ek glo ek beweeg elke dag in my skeppingsdoel en dit gee my passie vir die pad wat ek stap, wat nie altyd maanskyn en rose is nie.

Wat is van die groot struikelblokke as dit by gesinsondernemings kom?

Verhoudings! Verhoudings wat skeefloop, laat soms geslagte verder nog ’n spoor van verwoesting.

Is jou dogter ook betrokke by die Akademie?

Ja, sy is op die raad van Isa Carstens Akademie, maar is nie deel van die operasionele funksies nie, hoewel sy altyd op ’n manier betrokke sal wees. Sy is tans ’n wonderlike ma en tuisversorger vir ons vier woelige kleinkinders! My dogter se eerste verantwoordelikheid in hierdie stadium is om haar kinders te versorg. Ons vierde kleinkind is pas gebore. Daar gaan nie ’n dag verby dat ons almal nie oor die besigheid gesels nie. Wanneer die kinders ouer is, sal sy hopelik weer skouer aan die wiel wil sit en meer aktief betrokke raak.

Hoop jy van jou kleinkinders sal ook eendag  betrokke wil wees?

Tyd sal leer. Ons het nou twee kleinseuns en twee kleindogters. ’n Ouma se wens is mos maar altyd dat die kinders net vreugde sal put uit die loopbaan wat hulle eendag kies, ongeag wat dit is. Maar dit sal ’n groot voorreg wees om hulle eendag ook betrokke te sien. Dit is seker enigiemand se droom dat die familie kan betrokke bly en wees, maar net die toekoms sal leer.

Wat is jou beste raad aan gesinsondernemings?

Eer daardie kosbare verhoudings, stel duidelike grense vir jouself en respekteer dit.

Hoe skei jy persoonlike en sakeverhoudings?

Dit is moeilik. Met ’n familie-onderneming is besigheid altyd die tema van bespreking. As ons by die werk is, is ons 100% by die werk en as ons by die familie is, probeer ons om elke oomblik die beste tye te deel! Dis nie altyd so maklik nie, maar dis ’n dissipline wat jy moet aanleer.

Hoe keer jy dat sakegesprekke nie gesinstyd oorneem nie?

Dit is nogal ’n uitdaging, juis omdat ons almal so betrokke is by die maatskappy gesels ons baie gou eerder oor die besigheid. Dit kom so natuurlik. Die kleinkinders maak dit deesdae makliker om ’n bietjie van fokus te verander. Hulle verg ’n ander soort aandag, die een waar jy alle ernstige gesprekke moet staak en op hulle moet fokus. Ons maak ook tyd om saam weg te gaan en ander dinge te doen. Ons vind baie vreugde daarin en vergeet so nou en dan van al die werk.

As dit by skoonheidsbehandelings kom, is daar so baie nuwe behandelings en tegnieke. Hoe weet jy wat is reg en wat sal vir die Suid-Afrikaanse mark werk?

Dit is belangrik om betrokke te wees by soveel moontlik konferensies en kongresse waar spesialisinligting oor nuwe produkte en tegnieke gedeel word. Ek ag dit noodsaaklik om nuwe inligting te ondersoek en teenoor navorsing te stel om seker te maak die regte inligting word gedeel. Dit is belangrik om die sukses van hierdie nuwe uitvindinge te toets en te meet om seker te wees van die uitsprake. Die meeste produkte en tegnieke sal ook in SA werk, omdat mense oral verskil en die behandeling/tegniek gekies moet word wat by die kliënt se behoeftes pas.

Wat is jou persoonlike skoonheidsfilosofie?

Hou dit eenvoudig, gebruik goeie velsorgprodukte, leef gesond.

Wat is jou gunstelingbehandelings om te laat doen?

Microdermabrasie (mikro-afskilfering). Dit verwyder die boonste lagie van die vel en verbeter die glans en verfyn die vel.

Mesoterapie – ’n behandeling waar gekonsentreerde voeding in die vel geforseer word en wat die vel vinnig jonger laat lyk en voel met langdurige uitwerking.

Wat is van die grootste velsorgfoute wat vroue maak?

Daar is ’n groot verwagting om onmiddellike resultate te verkry, asook dat meer drastiese behandelings, meer en vinniger resultate lewer. Ek is nie ’n voorstander van drastiese behandelings nie, en verkies eerder ’n stadiger, maar langdurige effek.

’n Mooi vel het baie te doen met ’n kombinasie van leefstyl, dieet en watter velsorgprodukte jy gebruik. Die kombinasie van al hierdie aspekte hou ’n vel vir langer jonk, nie net die een of die ander nie.

Dit is ook belangrik dat jy velsorgprodukte gebruik wat spesifiek vir jou vel voorgeskryf is. Hierdie produkte is gewoonlik ouderdomsgepas en vir jou persoonlike behoeftes. Om op ’n jong ouderdom meer volwasse produkreekse te gebruik gaan nie noodwendig ’n goeie uitwerking op jou vel hê nie. So hou by ouderdomsgepaste velsorg.

Moenie te vinnig tou opgooi as jy nie resultate van ‘n produk kry nie. Die meeste produkte het minstens ses weke nodig voor enige resultaat gesien word, so byt net ’n bietjie vas voordat jy dink dit wat aanbeveel is, werk nie vir jou vel nie. Die vel vaar op sy beste as jy minstens een keer ’n maand vir ’n goeie behandeling gaan. Produkte tuis kan nie altyd al die werk verrig nie.

Drie skoonheidswenke wat jy sal wil hê jou kleindogters moet volg (wanneer hulle groot genoeg is).

Let op wat jy eet.

Let op hoe jy lewe.

Let op waarop jy fokus, skoonheid is nie net wat jy aan die vel sit nie, maar hoe jy jou liggaam versorg.

Watter skoonheidsraad het jou ma jou geleer?

Moet nooit saans gaan slaap voordat jy nie jou vel skoongemaak het nie.

Besoek die Isa Carstens webtuiste hier.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.