kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Maak die meeste van jou tuin hierdie somer

’n Nuwe seisoen om tuin te maak, is amper hier. Volg hierdie wenke om die meeste van jou tuin hierdie somer te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Snoei om blomme in die somer te kry:

Die tydperk vanaf die einde van die winter tot vroeë lente is die ideale tyd om struike te snoei wat in die somer blom. As jy dit gedurende hierdie tyd snoei, sal die plant beter groei wat gesonder blomme en vrugte meebring. Dis ’n goeie geleentheid om van siektes en dooie hout asook swak lote wat deur die winterryp bygekom is, ontslae te raak. Struike wat vanaf laatwinter tot vroeglente blom, kan jy in die somer net ná hulle geblom het snoei om nuwe groei vir die volgende somerseisoen aan te moedig. Jy kan ook rose aan die einde van die winter of gedurende die blomseisoen snoei om meer blomme te bevorder. Wanneer jy in die winter snoei, help dit om van dooie hout en blare ontslae te raak, en dis ook goed vir rose om dit baie te snoei, want hulle groei sterker terug. Maak seker om siek blare en takke te verwyder en weg te gooi. Dit sal swamagtige siektes voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onkruidbeheer:

Onkruid is ’n onvermydelike uitdaging in elke tuin, of hulle van die vorige jaar oorgebly het of hierdie seisoen begin groei het. Die beste tyd om hulle te takel, is wanneer die grond nog sag van die winter is. Hulle is dan makliker om te verwyder as wat dit in die harde, droë somersgrond is. Tree vinnig op om hulle so vinnig as moontlik te verwyder voordat hulle die kans kry om diep wortels en sade te maak. Oorweeg dit om doeltreffende gereedskap soos ’n GARDENA-onkruiduittrekker te gebruik, wat ontwerp is om hierdie taak te vergemaklik sonder dat jy jou rug seermaak. Dis eenvoudig: Kry ’n goeie greep om die onkruid se wortel, draai die gereedskap om dit uit die grond te trek en laat gaan die meganisme om die onkruid uit te gooi. Ander aanbevole gereedskap vir ’n verskeidenheid van onkruide, is die GARDENA-skoffelaar vir jou binnetuin en die GARDENA 2-in 1-skoffelaar.

Gebruik bemesting vir beter groei:

Bemesting is die beste wanneer die plant in die hoogste punt van die groeifase is: Dit is wanneer nuwe blare begin uitloop, blomme begin wys of wanneer nuwe groei na die winter se rustydperk begin wys. Lente is die beste tyd om die meeste plante te bemes. Vir saailinge moet jy liefs korrelagtige bemesting gebruik om te voorkom dat jy jong plantwortels beskadig. Die GARDENA- sagte sproeier word aanbeveel om korrelagtige bemesting aan te wend sonder om sade weg te was. Dis goed vir plante wat blomme maak as hulle in die lente bemes word. Werk die bemesting goed in die grond in en maak dit goed nat daarna. Vloeibare bemesting kan ook die korrelagtige bemestingstowwe komplementeer. Die GARDENA-pompsproei wat in verskeie groottes voorkom, word aanbeveel om vloeibare bemesting aan te wend.

Verskillende plante, wat groente, eetbare gewasse, ornamentele bome, struike, meerjarige plante en grasperke insluit, het spesifieke bemestingbehoeftes en dit is uiters belangrik om die regte tipe op die regte tyd te gee. Oorweeg dit om mis of algemene bemesting wat stikstof bevat by die grond te voeg om dit te verryk. Al twee die korrelrige en vloeibare bemesting word aanbeveel, en gereedskap soos die GARDENA-bemestingverspreider en die druksproeier sal nuttig wees by die aanwending hiervan.

Voeg lug by jou grond:

Oor tyd raak die grond droog en pak dit as gevolg van natuurlike elemente saam. Om die grond te bewerk, help om saamgepakte oppervlaktes op te breek wat help om lug deur te laat, water te laat opneem en te vir seker dat voedingstowwe die plant se wortels bereik. Gesonde grond bestaan uit mineraaldeeltjies, water, organiese stof, lug en mikro-organismes. Die balans tussen hierdie komponente is noodsaaklik vir die tuin om te floreer. Tuingereedskap soos grawe en vurke bly belangrik om die grond mee te bewerk. Die nuwe GARDENA grawe en vurke presteer beter en dis gemaklik om te gebruik. Bewerk die grond tot ’n diepte van 6 tot 10 cm deur gereedskap soos die GARDENA-bewerker te gebruik, en moenie die plante se wortels versteur nie. Erdwurms kan help om lug in die grond in te bring en die grond met voedingstowwe verryk. Moenie met die grond werk wanneer dit nat is nie. Dit lei daartoe dat die grond saampak. Lug in jou grond is baie belangrik om sterk plantwortels te ontwikkel.

Verwyder bruin blare van meerjarige plante:

Knip of hark enige bruin blare van dooie meerjarige plante af. Verwyder dooie blare om die grond vir nuwe groei voor te berei.

Rante vir grasperk en blombeddings:

Wanneer die winter tot ’n einde kom, is dit die beste tyd om vars nuwe rante rondom jou tuinbeddings te maak. Nie net laat dit die landskap beter lyk nie, maar dit skep ook ’n walletjie sodat ’n deklaag en kompos bygevoeg kan word. Die GARDENA-randsnyer vir jou grasperk met ’n handvatsel by, bied ’n ergonomiese oplossing om hierdie taak mee aan te pak. Dis goed om regop te staan wanneer jy werk.

Met hierdie wenke, sal jy goed voorbereid wees om na ’n lewendige en florerende tuin hierdie somer te kyk.

Lees meer: Kry só jou tuin reg in Augustus

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.