kategorieë: Ontspanning

Maak jou dade daadwerklik op Mandeladag

Nelson Mandela se nalatenskap duur voort om ’n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Maar deur Madiba se voorbeeld op Mandeladag te volg, hoe kan ’n mens verseker dat jy jou tyd slim spandeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die aanlynplatform forgood.co.za – wat vrywillige persone en besighede koppel aan geakkrediteerde welsynsake – glo die antwoord gaan minder oor wát jy doen en meer oor hóé jy dit doen. Hulle gee ’n paar wenke om seker te maak dat jou vrywilligheid ’n impak sal bly maak lank na jou 67 minute verby is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vyf maniere om aanpak na impak te verander

  • Omgee begin tuis: of minstens in jou buurt. Vind ’n saak waarvoor jy omgee naby jou werksplek of in jou gemeenskap. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel hulp net om die hoek nodig is! Om iets naby aan jou te vind verseker dat jy jouself beskikbaar stel op ’n wyse wat gemaklik en koste-effektief vir almal is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Pas vaardighede by behoeftes: Welsynsorganisasies benodig rekenaarkenners, skrywers, en rekeningkundiges net soveel as wat hulle mense benodig wat kan help om bokse te pak. Probeer om jou persoonlike en professionele vaardighede beskikbaar te stel vir ’n saak wat dit wil en kan gebruik.

  • Maak doelgerig skoon: Wanneer jy jou kaste en stoorplekke opruim, stel vas of dit wat jy uitgooi nog bruikbaar is. Skenk bruikbare goedere aan ’n welsynsorganisasie wat dit nodig het.

  • Moenie vir alles ja sê nie: Kies eerder een saak en een tyd om by te dra – en hou daarby. Welsynsorganisasies maak staat op vrywilligers. As jy nie opdaag nie, kan groot planne in die wiele gery word.

  • Waar die hart van vol is: Probeer om ’n saak te vind waaroor jy passievol is en wat by jou vaardighede kan baat. Sodoende maak jou dade daadwerklik ’n verskil.

As jy graag ’n geakkrediteerde welsynspasmaat vir jou vaardighede en voorliefdes soek vir Mandeladag, besoek gerus forgood.co.za om ’n volhoubare en verantwoordelike verskil te maak.

Forgood is ’n aanlynplatform wat gewone mense aan geakkrediteerde welsyne koppel. Jy kan kies om goedere te skenk, om as vrywilliger op te tree, of om jou vaardighede beskikbaar te stel vir ’n saak wat dit nodig het. Die webtuiste het meer as 1300 verskillende geleenthede en 500 maatskaplike sake waarvoor mense landwyd ’n bydrae kan lewer.

Besoek hul veldtog vir Mandeladag 2017 hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.