Hierdie resep is genoeg vir 4 aandetes.
Bestanddele
- 90 ml (6 e) olyfolie
- 4 groot uie, fyn gekap
- 8 knoffelhuisies, fyn gekap
- 2 wortels, geskil en gerasper
- 2 stokkies seldery, fyn gekap
- 8 (400 g elk) blikkies heel, geskilde tamaties
- ’n paar tiemietakkies, gebruik net die blaartjies
- 4 lourierblare
- 60 ml (¼ k) witwyn
- 125 ml (½ k) water
- sout, gemaalde swartpeper en ’n knypie suiker
Metode
- Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deursigtig. Voeg die wortel en seldery by en braai tot sag.
- Voeg die res van die bestanddele by en geur na smaak. Voeg ’n knypie suiker by indien die sous te suur is. Kook vir 20 min. oor matige hitte.
- Haal die lourierblaar uit. Maak die tamaties met ’n handmenger of vurk fyn (dit hoef nie baie fyn te wees nie).
- Verdeel die sous in vier dele. Gebruik die tamatiesous saam met vars pasta en bottel of vries die res.
Hier is 5 lekker resepte waarvoor jy jou tamatiesous kan gebruik:
Frikkadelle in tamatiesous
Saltimbocca-hoender in tamatiesous
Spaghetti Bolognese
Worsies en bone in tamatiesous
5 van ons beste pastaresepte

