Maak só gereed vir jou Valentyns-afspraak deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Maskers
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }iStock/simarik
Bederf jouself en lê vir ’n paar minute op jou rug met ’n masker op jou gesig en strelende musiek op die agtergrond. Jy kan dit sommer doen voor jy gaan slaap!
#rrWenk: Dit is oor die algemeen goed om maskers deel van jou skoonheidsroetine te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
#rrWenke
Lees ook meer oor Lappiesmaskers hier
Foto Pixabay
Elana Jooste, naelspesialis vir BellaMia Specialist in die Strand en ambassadeur vir Sparkle Cosmetics, gee raad:
Lees ook meer oor mooi naelkleure vir die somer
Sagte, versorgde voete sonder skurwe hakke is ’n moet voor jou Valentynsafspraak, veral as jy sandale dra. Spaar tyd en wend jou gesigmasker aan terwyl jy jou voete bederf.
Lees ook: Toets jouself: Wat moet jy vir Valentynsdag dra?
Gooi warm water en Epsom-sout in ’n kommetjie of groot genoeg bak (waarin albei jou voete sal pas) en week jou voete vir 5-10 min. daarin.
Gebruik ’n afskilferaar terwyl jy jou voete masseer en raak ontslae van al die dooie velletjies wat jou voete skurf laat voel.
Maak jou eie afskilferaar by die huis met Janet Stewart van Pink Cosmetics se resep:
Bestanddele:
Metode:
Smelt die klapperolie in ’n glasbak wat op ’n kastrol kookwater pas.
Meng die druiwepitolie, suurlemoensap en heuning by die gesmelte klapperolie en laat dit afkoel voor jy die suiker bygooi en alles meng.
Gooi die blomme en essensiële olie laaste by en meng.
Hou die afskilferaar in ’n fles en gebruik dit binne ’n week.
Probeer om nie water in die fles te mors wanneer jy bad of stort nie.
Lees ook: Kruie vir jou voete
Gebruik ’n voetvyltjie en skuur en vyl jou voete.
Dit sal help dat minder eelte vorm en jou voete weer streelsag laat voel.
Bevogtig jou voete
Kies ’n sokkiemasker (wat serum bevat en beter bevogtig) sodat jy kan rondbeweeg terwyl jy dit aanhet; jy moet dalk nog jou uitrusting regkry en so spaar jy tyd
Bevogtig gereeld jou lyf en indien jy ’n kort rokkie gaan dra, onthou om room aan jou bene te smeer en smeer sommer aan jou arms ook.
#rrWenk: Jy kan selfs ’n room gebruik met ’n parfuum in om jou heelaand lekker te laat ruik.
Lees ook: Die mees romantiese haarstyle wat jy self tuis kan skep
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.