kategorieë: WenkeSkoonheid

Maak só gereed vir jou Valentyns-afspraak

Maak só gereed vir jou Valentyns-afspraak deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maskers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

iStock/simarik

Bederf jouself en lê vir ’n paar minute op jou rug met ’n masker op jou gesig en strelende musiek op die agtergrond. Jy kan dit sommer doen voor jy gaan slaap!

#rrWenk: Dit is oor die algemeen goed om maskers deel van jou skoonheidsroetine te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenke

  • Maak seker jy gebruik ’n masker wat jy al voorheen gebruik het sodat jou vel nie uitslaan nie
  • Reinig altyd jou vel voor jy die masker aanwend

Lees ook meer oor Lappiesmaskers hier

Kry die perfekte tuismanikuur:

Foto Pixabay

Elana Jooste, naelspesialis vir BellaMia Specialist in die Strand en ambassadeur vir Sparkle Cosmetics, gee raad:

  • Hou jou naellakbotteltjies veral by die nek mooi skoon sodat daar nie lug ingaan en die naelverf dik word nie.
  • Rol die botteltjies tussen jou hande om die kleur mooi te meng. As jy hulle skud, kan dit die verf dik maak.
  • Maak jou naels met ’n alkohollappie skoon voor jy ’n basislagie aanwend. Die lagie laat die kleur langer mooi lyk. Morgan Taylor React Base Coat is Elana se gunsteling.
  • Wend twee dun kleurlagies aan en onthou om die voorpunt ook ’n strepie te gee om die kleur te seël.
  • ’n Goeie bolaag gee mooi glans en laat die manikuur langer hou.
  • Laat die lagie vir minstens agt tot tien minute droog word. Hoewel dit “touch dry” sal wees, moet jy liefs nie jou naels teen iets stamp of in jou handsak krap nie.

Lees ook meer oor mooi naelkleure vir die somer

Sit jou beste voetjie voor

Sagte, versorgde voete sonder skurwe hakke is ’n moet voor jou Valentynsafspraak, veral as jy sandale dra. Spaar tyd en wend jou gesigmasker aan terwyl jy jou voete bederf.

Lees ook: Toets jouself: Wat moet jy vir Valentynsdag dra?

  1. Week jou voete:

Gooi warm water en Epsom-sout in ’n kommetjie of groot genoeg bak (waarin albei jou voete sal pas) en week jou voete vir 5-10 min. daarin.

  1. Skilfer en skuur jou voete af

Gebruik ’n afskilferaar terwyl jy jou voete masseer en raak ontslae van al die dooie velletjies wat jou voete skurf laat voel.

Maak jou eie afskilferaar by die huis met Janet Stewart van Pink Cosmetics se resep:

Bestanddele:

  • 80 g klapperolie
  • 100 g druiwepitolie
  • 2 eetlepels uitgedrukte suurlemoensap
  • 4 eetlepels rou heuning
  • 200 g bruinsuiker
  • 2 opgehoopte teelepels laventel, roosblare of jasmynbloeisels
  • 1 teelepel laventel of essensiële roosolie

Metode:

Smelt die klapperolie in ’n glasbak wat op ’n kastrol kookwater pas.

Meng die druiwepitolie, suurlemoensap en heuning by die gesmelte klapperolie en laat dit afkoel voor jy die suiker bygooi en alles meng.

Gooi die blomme en essensiële olie laaste by en meng.

Hou die afskilferaar in ’n fles en gebruik dit binne ’n week.

Probeer om nie water in die fles te mors wanneer jy bad of stort nie.

Lees ook: Kruie vir jou voete

Gebruik ’n voetvyltjie en skuur en vyl jou voete.

Dit sal help dat minder eelte vorm en jou voete weer streelsag laat voel.

Bevogtig jou voete

Kies ’n sokkiemasker (wat serum bevat en beter bevogtig) sodat jy kan rondbeweeg terwyl jy dit aanhet; jy moet dalk nog jou uitrusting regkry en so spaar jy tyd

Smeer room aan jou bene en lyf

Bevogtig gereeld jou lyf en indien jy ’n kort rokkie gaan dra, onthou om room aan jou bene te smeer en smeer sommer aan jou arms ook.

#rrWenk: Jy kan selfs ’n room gebruik met ’n parfuum in om jou heelaand lekker te laat ruik.

Lees ook: Die mees romantiese haarstyle wat jy self tuis kan skep

#rrWenke

  • Moenie ’n selfverbruiningsproduk die dag voor jou afspraak aansmeer nie, jy wil nie soos ’n gestreepte Oros-mannetjie lyk nie.
  • Probeer om vir ’n paar dae voor jou afspraak  produkte te vermy wat natrium bevat (souterige produkte). Natrium veroorsaak dat jou liggaam water hou, en dit kan ook jou gesig opgepof laat lyk!
  • Maak seker jy slaap genoeg, want jy wil nie sakke onder jou oë hê nie. Indien dit wel gebeur: hou  ‘n eetlepel onder jou oë sodat die swelling kan sak.
  • Moenie voor jou afspraak enige nuwe produkte koop  en gebruik nie, jy is dalk allergies en jou vel kan uitslaan of opswel.
  • Indien jy parfuum aansit voor jy uitgaan, hou dit subtiel, jy wil nie jou metgesel se neus laat jeuk nie.
  • Moenie vergeet om ’n sweetweerder aan te wend nie.
  • Onthou, jy is mooi en besonders net soos jy is en jy hoef niemand te beïndruk nie, wees net jouself, want jy verdien die beste!

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.