kategorieë: KosNageregJy kan

Maak soufflé

Hoe maak jy ’n soufflé?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Smelt 80 g botter en 200 g sjokolade in ’n hittebestande bak wat knus op ’n pot stomende water pas. Haal van die hitte af en meng 4 eiergele, 80 ml (1/3 k) meel, 15 ml (1 e) kakao en 50 g suiker by tot glad. Klop 4 eierwitte en ’n knypie sout saam tot sagtepuntstadium en voeg geleidelik 30 g strooisuiker by. Vou versigtig eers 1/3 van die sagte eierwitte in die sjokolademengsel in en dan die res. Sit 2 Lindt-sjokoladeballe in elke voorbereide bakkie en verdeel die mengsel. Pak die bakkies op ’n bakplaat en bak vir 15-20 min. by 180 °C. Sit met sjokoladesous en room voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Doen dit reg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verf ramekins of bakkies in opwaartse hale met gesmelte botter uit, dit gee rigting aan die soufflé vir die rysslag. Sprinkel strooisuiker in sodat die mengsel daaraan kan klou terwyl dit rys. Verkoel die bakkie voor gebruik, dit verseker eweredige gebak.

Klop die eierwitte in ’n skoon bak tot sagte punte in die meringue vorm sodat die soufflé elasties genoeg is om te rys, en dit keer ook dat die lekkerny hard en krummelrig bak. Vou altyd eers 1/3 van die meelmengsel by die eierwitte in voor jy die res van die eierwitte versigtig invou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Skraap die bokant met ’n slaplemmes glad. Gly dan die punt van ’n mes om die rand van jou bakkie om te verseker dat die soufflé egalig rys.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

14 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

17 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

18 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

18 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

20 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.