kategorieë: GebakKos

Makadamiaskywe

Genoeg vir 24

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 200 g (1 1/3 k) meel
  • 40 g (¼ k) versiersuiker
  • 120 g (sowat ’n kwart blok) koue botter, in blokkies gesny
  • 1 eiergeel

Bolaag

  • 125 g (’n kwart blok) botter, in blokkies gesny
  • 65 g (¹⁄³k) bruinsuiker
  • 100 ml heuning
  • 250 g (1 ²⁄³ k) makadamia-neute

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n vlak, vierkantige 23 cm-pan met kleefwerende kossproei.

  1. Verwerk die meel, versiersuiker en botter in ’n voedselverwerker tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel by en meng tot die mengsel net bymekaarkom. As dit ’n klein eiergeel is, sal jy dalk nog ’n bietjie moet byvoeg.
  2. Bring die deeg bymekaar en druk effens platter. Bedek met kleefplastiek en sit vir minstens 30 min. in die yskas.
  3. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit – omtrent so groot soos die pan – en druk liggies in die pan vas. Sny die deeg wat oorhang met ’n skerp mes af. Voer die pan met bak- of waspapier uit en vul met boontjies of rys en bak vir 15 min. Haal uit, verwyder die papier en boontjies en bak vir nog 5 min.
  4. Bolaag: Meng intussen die botter, bruinsuiker en heuning in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos is. Verhoog die temperatuur en laat vir 4-5 min. prut. Voeg die neute by en meng goed.
  5. Gooi die neut-mengsel oor die deeg en bak vir nog 12-15 min. of tot goudbruin. Laat in die pan afkoel en sny in ewe groot blokke.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.