Water is ’n onderwaardeerde wonderwerk. Dink net: water kan ’n skip laat dryf én deur jou vingers glip. Dit kook aartappels sag, en eiers hard. Daar is ’n oseaan vol water, en tog is skaarste ’n probleem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vandat klimaatverandering en ernstige waterbeperking ons in die gesig staar, besef ’n mens hoe kosbaar hierdie bron werklik is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Afgesien daarvan dat waterbesparing die groen keuse is, spreek enige vorm van watervermorsing vandag van kortsigtigheid, oningeligtheid en ongesofistikeerdheid. Om water te bespaar, is die enigste vooruitdenkende opsie. Gelukkig is daar talle opsies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy enige van die volgende doen, bring jy reeds jou kant:
Jy tap badwater 15 cm diep | Jy gebruik 180 liter water |
Jy tap badwater 10 cm diep | Jy gebruik 60 liter water |
Jy stort 7 minute lank, krane heeltemal oop | Jy gebruik 105 liter water |
Jy stort 4 minute lank, krane toe terwyl jy inseep | Jy gebruik 24 liter water |
Jy gebruik die volspoel-toiletknoppie | Jy gebruik 15 liter water |
Jy gebruik die halfspoel-toiletknoppie | Jy gebruik 9 liter water |
Jy gebruik ’n gewone skottelgoedwasser | Jy gebruik 40 liter water |
Jy gebruik ’n waterwys-skottelgoedwasser | Jy gebruik 12-20 liter water |
Jy was self op en gebruik minder water, sonder spoel | Jy gebruik 20 liter water |
Jy tap die ketel vol as jy net vir jouself tee/koffie maak | Jy vermors 1,75 liter water |
Jy tap 1-2 koppies water in die ketel | Jy vermors 0,25 liter water |
Jy gooi ekstra kookwater in ’n warmfles | Jy vermors 0 liter water |
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Lees ook: Plant slim, bespaar water
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.