Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met leefstyl-ontwerper Gera de Wet

Hooffoto: Karl Rogers vir Vignette

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy is ’n leefstyl-ontwerper met haar eie onderneming, Gera de Wet Design Studio, wat binnenshuise ontwerp doen en hoofsaaklik op versiering en dekorstilering fokus. Gera het ook al vir talle dekortydskrifte, soos VISI en ELLE Decoration, gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gera woon op Robertson saam met haar man, Johann, en twee kinders, Daniël en Lilya. Hier leef sy haar liefde vir “alles mooi” uit.

Gera vertel sy het al as klein dogtertjie op ’n vrugteplaas buite Robertson die vermoë gehad om die eenvoudigste dinge te versamel en iets moois daarvan te maak. “Ek het in ’n gesin grootgeword wat geweldig kreatief is. Hulle het my aan anderste denkwyses en gesprekke blootgestel. Vandag deel ek en my ma, Hanli, ook dieselfde passies. Ek het seker tydens my grootwordjare my liefde vir mooi goed by haar ‘afgekyk’. My pa, Anton, is ongelooflik goed met sy hande en kan werklik enige ding onder die son regmaak. Hy het my leer logies dink om ’n oplossing vir elke probleem te vind,” sê sy.

Hierdie opvoeding het sonder twyfel haar natuurlike talent aangewakker om neigings in alle fasette van ontwerp akkuraat te voorspel – van mode tot interieurs, troues en kos.

Karlien Meiring het meer oor Gera se kreatiewe lewe gaan uitvind.

1. Waar kry jy jou inspirasie vir dekor, tuinmaak en kosmaak?

My styl pas by die seisoene van my lewe aan en verander daarvolgens. Terwyl my kinders byvoorbeeld nog klein is, is hulle die grootste bepalende faktor van dit waarop ek my aandag fokus. Ek is grotendeels ’n plaasmeisie wat van die stadsliggies hou. Ek is die tipe wat ’n Mr. Price-strooikussing op ’n La Grange-bank sal sit en ’n Hermès-syserpie oor ’n gewone wit T-hemp drapeer.

My vriende, familie en kliënte se verskeie leefwyses inspireer my. Ek leer so baie by hulle. My projekte maak dat ek myself voluit in elke kliënt se behoeftes kan uitleef. Die voorreg om te kan reis (internasionaal én plaaslik) klop enige inspirerende Pinterest-bord loshande!

2. Wat doen jy wanneer jy nie besig is om iets te maak of stileer en ander daardeur te inspireer nie?

My passie is my werk en my werk is my passie. Ek bly konstant besig met die dinge wat my stimuleer – dis vir my ’n vorm van ontspanning! Dít en slaap. Ek is gaande oor slaap omdat ek soveel nuwe, vars idees het wanneer ek soggens wakker word. Ek sê ook nooit “nee, dankie” as my man vir my saans ná ’n bevredigende dag ’n glas wyn aanbied nie. Natuurlik kan ek nie myself keer om die glas wyn te probeer stileer sodat ek ’n mooi foto daarvan kan neem nie!

3. Watter dekorneiging is vir jou ’n groot ‘nee’?

Hoewel daar altyd neigings is waarvan ek nie sal hou nie, sal ek nooit iets summier afkeur nie. Enige neiging kan aangepas word. Ek is vreeslik gekant teen ’n “knip en plak”- benadering. Die ware magic gebeur wanneer ’n neiging by jou óf  ’n kliënt se smaak aangepas word. Dit is dan wanneer ’n sogenaamde gier uitstaan bo die res en tydloos bly, anders as meeste neigings wat vinnig vergeet raak en verbygaan.

4. Hoekom is dit so belangrik vir jou om die lewe vir jouself mooi te maak?

Jy toon respek vir jouself en diegene rondom jou deur die ruimte rondom jou te versier, kos vir jou familie en gaste mooi voor te sit, vir jou kinders ’n piekniekmandjie te pak, die manier waarop jy jou tuin uitlê en die uitrustings wat jy soggens kies om aan te trek. Respek is vir my die heel mooiste eienskap in ’n mens. Om te kan mooimaak, is ook my manier om dankie te sê aan God wat ons met Sy wêreld toevertrou het om alles wat mooi is, raak te sien en te koester.

Die wonderlike ding van mooimaak is dat dit vir almal beskore is. Dit kos jou niks werklik om mooi te maak nie; dit gaan oor wat jy kan uitrig met dit wat jy tot jou beskikking het.

5. Het jy enige raad vir ander besige ma’s wat ook hul lewens wil mooi maak, maar sukkel om by sulke projekte uit te kom?

Maak jou kinders deel van jou projekte. Hierdie is die beste leerskool wat jy hulle ooit kan bied en ek sê dit uit ondervinding. Bly geduldig sodat die projek vir almal lekker kan wees.

Leer ook hoe om take uit te deel: Soms werk dit goedkoper uit om professionele raad en vakmanne te nader om die projek namens jou aan te pak. Dit kan ook soms huwelike red!

Volg Gera op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Die Kontrak se Samantha Leonard

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

21 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

21 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

21 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

22 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.