Malvapoeding-doughnuts deur Vickie de Beer. Foto’s: Lindy Kriek

Malvapoeding-doughnuts
14 klein doughnuts.
Bestanddele
Doughnuts
- 260 g (1 3⁄4 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) koeksoda
- knypie sout
- 1 eier
- 118 g (½ k) strooisuiker
- 15 ml (1 e) botter
- 62,5 ml (¼ k) karringmelk
- 7,5 ml (½ e) appelkooskonfyt
- 2,5 ml (½ t) fyngerasperde lemoenskil
- 30 ml (2 e) lemoensap
- 7,5 ml (½ e) asyn
- 750 ml (3 k) olie vir diepbraai
- 250 g mascarpone vir opdiening
Sous
- 80 ml (⅓ k) botter
- 180 ml (3⁄4 k) room
- 105 g (½ k) suiker
- 80 ml (⅓ k) water
- 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Metode
- Sif die koekmeelblom, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.
- Klits die eier in ’n ander bak en voeg die strooisuiker geleidelik by. Meng tot lig en romerig.
- Verhit die botter, karring-melk, appelkooskonfyt, lemoenskil, lemoensap en asyn in ’n middelslagkastrol. Roer terwyl jy die mengsel verhit sodat dit nie skif nie.
- Vou die meelmengsel in die eiermengsel in, gevolg deur die bottermengsel.
Sous
- Verhit al die bestanddele in ’n klein kastrol oor matige hitte, roer tot die suiker gesmelt het en die sous begin verdik. Laat afkoel.
- Verhit die olie in ’n middelslagkastrol tot 170 ˚C.
- Skep 1 teelepel van die deeg op ’n slag in die olie en braai so 3-4 doughnuts saam vir 1-2 min. aan ’n kant of tot goudkleurig. Lig elkeen uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
- Skep die warm doughnuts in die sous en laat week vir 1 min. Lig met ’n gaatjieslepel uit en pak op ’n mooi opdienbord.
- Sit voor met die ekstra stroop en ’n skeppie mascarpone in die middel. Smul!
