kategorieë: Ontspanning

Mandela-dag: Jy kán ’n verskil maak

Wat doen jy hierdie jaar op Mandela-dag? Hier is klomp idees hoe jy op dié dag en die hele jaar deur vreugde kan bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit kos jou niks
Registreer op die My School Card en verdien krediete vir jou gekose liefdadigheid elke keer as jy by een van 12 winkelgroepe koop. Woolworths is een hiervan. Klik hier vir meer inligting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak skoon daai kaste
Ons almal sit met hope goed wat stof opgaar terwyl ons sukkel om die klere te vind wat ons wel wil gebruik. Pak ’n slag jou kaste uit en wees realisties en koelbloedig met klere wat te klein, groot, onprakties of bloot oorbodig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

-Bel die Salvation Army, of besoek hul webblad.
-Besoek SA Gidshonde se webwerf en kyk waar hul naaste kantoor is en laai al jou oortollige boeke daar af vir hul jaarlikse boekverkoping.
-Laai enige papier vir herwinning by Ry-Ma-In Selfhelp Sentrum vir Kwadrupleë in Linden Johannesburg af. Hulle hou ook elke jaar ’n basaar en verwelkom enige bruikbare items en boeke wat dan verkoop word vir fondse. Vyfde straat, no 40, Linden of kontak 011 888 3335.

Jy en jou woef
Diere-terapie is welbekend en hier kan jy en jou vriendelike woef ’n groot rol speel met besoeke aan hospitale, ouetehuise en by groepe kinders. Die ideale hond is bruin, wollerig, goed gemanierd en vriendelik volgens Charlene Kruger van Manderston Canine Academy wat dit self die laaste agt jaar doen. Haar akademie is in Midrand en sy bied opleiding aan vir mense wat belangstel en sy fassiliteer die besoeke. Besoek www.manderston.co.za of skakel haar by 082 450 5035.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies ’n liefdadigheidsorganisasie
Besoek www.chartitysa.co.za en kies ’n organisasie volgens indeling of omgewing. Daar is ook ’n lys van al die liefdadigheidswinkels in die land en voorbeelde van hoe jy kan help.

Word geborg

Kitsdonasies
Baie verenigings laat jou toe om deur middel van ’n sms ’n donasie te maak
-Gidshonde: SMS “SEE” na 38051 om R10 te skenk
-Food for Africa: SMS “FOODBANK” na 40421
-Gift of the Givers: SMS “GIFT” na 30100 met enige bedrag tussen R5 en R200 na die woord
-Salvation Army: stuur SMS na 42290 om R30 te skenk met enige van die volgende woorde: blanket, food, children, elderly, rehabilitation, trafficking om geld vir ’n bepaalde doel te skenk

Brei of hekel
Knit-a-square is ’n organisasie wat blokke (20 x 20 cm) van regoor die wêreld kry om komberse vir minderbevoorregte kinders te maak. Dit neem 35 blokke om een kombers te maak en daar is ook verskeie patrone vir maklike mussies, eenvoudige handskoene sonder vingers, en vele ander maklike planne om klein lyfies warm te hou. Alle kledingstukke en komberse word in Suid-Afrika versprei. Besoek www.knit-a-square.com vir meer inligting.

Pos voltooide blokke na:

Knit-A-Square
Privaatsak X900
Bryanston, 2021

Warm the World plaas mandjies met wol en penne in dokters se wagkamers en vra dat jy brei terwyl jy wag. ’n Ontvangsdame by ’n spesialis in Sunninghill vertel dat hulle elke twee weke 50 blokke kan wegstuur!

Word ’n held en skenk bloed
Een eenheid bloed kan drie lewens red. Ongelukkig skenk net 1% van moontlike skenkers in SA bloed. Jy kan elke 56 dae bloedskenk. Jou liggaam vervang die verlore bloed binne 24 uur deur ekstra vloeistof wat jy inneem. Solank jy tussen 16 en 65 jaar oud is, meer as 50kg weeg (anders is jou bloedvolume te laag om die standaard hoeveelheid van 470ml te hanteer), gesond is en jou bloed as veilig beskou word vir oortappings kan jy skenk. Jy kan ook vyf jaar ná ’n kankerdiagnose bloed skenk. Skakel die bloeddienste se tolvrye nommer (0800119031) om uit te vind waar jou naaste skenkingseenheid is of as jy enige vrae het besoek www.sanbs.org.za

Het jy ekstra tyd?
Bel kerke naby jou en vind uit of daar kinderhuise in die omgewing is. Bied jou dienste aan om in die middag vir ’n uur huiswerk saam met die kinders te doen. Jy kan ook aansoek doen om kinders oor die naweek vir ’n paar uur of ’n hele naweek uit te neem. Die Firlands Chilren’s Home in Linden verwelkom vrywilligers.

Vir meer inligting: 011 782 5556, www.firlandschildrenshome.org.za/volunteer.html

Help blinde mense
Word ’n Puppy raiser vir gidshonde. Min dinge is fraaier as ’n snoesige babahondjie. Boonop kan jou belegging in ’n gidshond ’n blinde die gawe van onafhanklikheid gee. Dit duur 11-18 maande om ’n gidshondjie groot te maak. Die vereniging dek al die hondjie se veeartskoste sowel as kos en jy verskaf net liefde, sosialisering en ’n bietjie opleiding. As jy vir ’n naweek of vakansie weggaan waar jy nie die hondjie kan saamneem nie, word hy/sy gratis in hul kennels versorg. Kontak die Gidshondvereniging by 011 705 3513 of dogs@guidedog.org.za

Neem ’n troeteldier aan
Kinders is nie kieskeurig oor ’n brakkie se stamboom nie. In plaas van ’n troeteldier ten duurste te koop, hoekom maak jy nie ’n wollerige maatjie se hart bly deur een by die dierebeskermingsvereniging aan te neem nie. Alle katte en honde is gesteriliseer, ontwurm, gevaksineer en het ’n mikroskyfie vir identifikasie. Jy kan ook vooraf reël om seker te maak dat jou bestaande troeteldiere met die nuwe een klaarkom. Vir ’n volledige lys van al die DBV-takke in die land: www.nspca.co.za/page/spcas-in-south-africa of skakel hul hoofkantoor by (011) 907-3590

Plant groente
Plant hierdie jaar groente soos wortels, tamatie, kool, spinasie en beet tussen jou gewone plante iewers in ’n sonkolletjie in jou tuin. Dit groei maklik en jy kan die oorskot in sakkies maak en vir bedelaars gee.

Doen elke dag iets kleins
Glimlag vrolik vir iemand in die winkel
Klomplimenteer ’n vreemdeling
Bied aan om ’n bejaarde buurman/vrou se hond vir ’n stappie te neem
Koop middagete vir die karwag
Gee die petroljoggie ’n buitensporige fooitjie
Gee toe in die verkeer en GLIMLAG
Bel jou ouma of oupa
Betaal iemand se rekening in ’n koffiewinkel anoniem

Skenk jou hare
As jy 25cm en langer van jou hare afsny, kan jy iemand wat haar hare verloor het weens chemo baie bly maak. CANSA maak pruike van hierdie donasies en kankerlyers kan pruike gratis of vir ’n klein donasie by hul naaste tak kry.

– As jy hare wil skenk: Alle hare, gekleur of behandel is welkom. Dit moet 25cm of langer wees, skoon en droog, aan beide punte met ’n haarrekkie bymekaar gehou word en in ’n zip lock-sakkie geplaas word om te verseker dat dit in die beste toestand gehou word tydens versending. Plaas ook jou eie naam en kontakbesonderhede daarby. Skakel die hoofkantoor by 011 616-7662 om uit te vind waar jou naaste tak is of pos dit na:

Esti Lindner, CANSA hoofkantoor, Posbus 2121, Bedfordview, 2008.
Stuur ook ’n e-pos aan Esti by elinder@cansa.org.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.